mnr.muller

February 25, 2008

Life skills #6 – wie is meer volwasse?

Filed under: Life Skills — mnr.muller @ 2:04 nm
Tags: , , , , , ,

Voor ons verder gaan met die bespreking van die vierde Lewensoriënteringkwessie (die vorige drie het gegaan oor rook, drink en vloek), wil ek hê leerders moet die vraag hieronder vir die vyf verskillende scenario’s beantwoord:

Wie is meer volwasse?

  1. Die meisie wat haar sakgeld uitgee op sigarette en saam met haar vriende rook of die meisie wat haar sakgeld spaar en sonder rook kan sosialiseer?
  2. Die ou wat vyf biere kan down en nugter huis toe ry, of die ou wat drie drankies stadig geniet en ‘n lift reël as hy pub toe gaan?
  3. Die meisie wat in ‘n kort rompie sewe ouens in een aand vry, of die meisie wat rustig gesels met die twee interessante ouens en nuwe vriende maak?
  4. Die ou wat ‘n patchy donsbaard groei om ouer te lyk of die ou wat gereeld skeer en wag vir sy baard om digter te word?
  5. Die meisie wat haar onderwyser uitvloek, of die meisie wat geartikuleerd van haar onderwyser verskil?

Soms probeer tieners net ‘n bietjie te hard.

Of hoe dink jy?

Skoolleerders

4 Kommentaar »

  1. Die vrae lyk bevooroordeeld. Ek dink die gesprek kort ‘n definisie vir volwasse: verantwoordelik. Is daar nog definisies?

    1 a) Weet wat sy wil hê
    1 b) Doen nog blindelings wat haar pa gesê het
    2 a) Goeie stamina en kennis van homself
    2 b) Dit klink of hy planne maak om te suip
    3 a) Goeie selfvertroue
    3 b) Klink na ‘n ingenieur wat nie kan sosialiseer nie
    4 a) HK is cool
    4 b) Dit gaan nie gebeur nie
    5 a) Onverskrokke en onafhanklik
    5 b) Witbroodjie

    Comment deur Fritz — February 26, 2008 @ 4:31 vm | Reply

  2. Ken ek die ouens in die foto?

    Comment deur Fritz — February 26, 2008 @ 5:54 vm | Reply

  3. Haha, daar het jy my! Jy’s goed met binêre opsies oopvlek vir wat dit werklik is! Kan jy aan minder bevooroordeelde vrae dink om dieselfde tipe post te maak?

    En ja, soos wat ek dit geskryf het, twyfel ek of “volwassenheid” werklik die ding is waarna jongmense streef – en of dit nie net is dat hulle wil cool wees nie, d.w.s. inpas tussen hulle vriende nie?

    Hm, oor jou baardgroei-vermoë sê ek liewer niks! ;)

    Die ouens op die foto is twee graad 10 leerdertjies by daai skooltjie in Kaapstad waar ek was – hulle post nog heelwat meer eksplisiete dronk-foto’s op facebook, maar ek’t maar hierdie een gebruik, omdat ek hulle gesigte maklik kon wegcrop, maar steeds die bottels kon inkry.

    Comment deur mnr.muller — February 26, 2008 @ 7:54 vm | Reply

  4. Nee, ek kan nie aan ‘n beter manier dink om die gesprek te ontlok nie. Ek geniet dit bloot om te kritiseer en dwars te wees, ek is immers ‘n Afrikaner.

    Volwassenheid klink na om ‘n volwassene te wees en dit assosieer ek primêr met ouderdom. Daar is wat my betref heelwat onverantwoordelike volwassenes.

    Dit is hoekom onnies nie moet facebook nie. Dit het soos Mike en Liebrecht gelyk.

    Comment deur Fritz — February 26, 2008 @ 2:25 nm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.