mnr.muller

February 27, 2008

Xhosa #7 – nog naamwoorde

Filed under: Xhosa — mnr.muller @ 11:44 vm
Tags: , ,

Dis tricky om vreemde woorde van ‘n nuwe taal te leer.  Ons begin met naamwoorde van liggaamsdele sodat jy self aan jou neus kan vat, die woord daarvoor hardop kan sê, die woord kan neerskryf en dit met assosiasies kan probeer onthou.  Haha, speel gerus simpel simon met jouself!

Leer lekker hard – hierdie woorde en Xhosa #6 s’n.  Die volgende les, Xhosa #8, gaan jou kennis toets!

intloko nobuso

5 Kommentaar »

  1. vervlaks baie dankie vir hierdie lesse.

    Comment deur Johan Swarts — February 27, 2008 @ 12:26 nm | Reply

  2. Mnr. Muller, ek is moerse sorry, maar ek het ‘n les gemis en ek hoop jy kan dalk vir my help. As iemand my vra “Kunjani” wat kan ek nog alles se^ behalwe Akukhonto imbi konke namhlanje?

    Comment deur Bertus! — February 27, 2008 @ 6:04 nm | Reply

  3. En hoe se^ mens: “Jy het ‘n mooi glimlag.”?

    Comment deur Bertus! — February 27, 2008 @ 7:36 nm | Reply

  4. Hm, Bertus!, wie wil jy opchat?

    Die ding van hierdie blog-lesse is jy kan nie eintlik ‘n les “mis” nie – jy click mos maar net op Xhosa by die gesprekspunte en lees dan die voorafgaande les(se) ;)

    Daar’s verskriklik baie antwoorde op die vraag Hoe gaan dit (met jou)? oftewel Kunjani (kuwe)? Jou gunsteling-antwoord: Hayi, akukho nto imbi konke! beteken Nee, daar is nie ‘n ding wat is sleg enigsins nie!

    Ander antwoorde is:
    ∙ Hayi, ndisaphila, enkosi! Nee, ek leef nog dankie!
    ∙ Mna, ndiphilile namhlanje! As for me, ek leef vandag!
    ∙ Yhu, ndiyavuya ukukubona! Sjoe, ek is bly om jou te sien!

    ens.

    Die woordjie vir mooi is: -hle (en dit kort ‘n skakel vooraf om dit te verbind aan die naamwoord wat jy wil beskryf).

    Ons behandel nog eers net die eenvoudiger naamwoorde, so uit die woordeskat wat jy nou gekry het, kan jy sê: ubuso buhle gesig is mooi, umlomo uhle mond is mooi, iliso lihle oog is mooi, isifuba sihle borskas (let wel, nie borste nie, haha) is mooi.

    sterkte!

    Comment deur mnr.muller — February 28, 2008 @ 6:58 vm | Reply

  5. [...] Xhosa #7 het jy nog woorde gekry: oog, mond, tand, neus, ken, wenkbrou, onderarmholte, maag, tepel en [...]

    Pingback deur Xhosa #8 - Toets jou kennis! « mnr.muller — November 5, 2008 @ 2:42 nm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.