mnr.muller

February 29, 2008

Toe, skryf vir my ‘n haikoe?

Filed under: Woordkuns — mnr.muller @ 12:40 nm
Tags: , , , , , ,

‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël.  Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig.

Hier is ‘n voorbeeld wat ek sommer uitgedink het:

Kom op ‘n reëndag

Kom drink bossietee en steel

die stoom se asem.

Die vaste metrum (ritme van die lettergrepe) en kompaktheid van dié tipe gediggie, dwing jou as skrywer om suinig met woorde, klanke en tema om te gaan.

(Eintlik bevat “reën” in my eerste versreël twee lettergrepe, hm, maar nou ja… ek interpreteer dit maar as ’n enkele klankgreep, haha.)

So, gee dit ‘n shot!  Neem gou ‘n minuut of sewe en kyk of jy die gevoel wat jy nou voel, of die omgewing waarin jy tans is, kan beskryf.  Volgens die 5-7-5 formaat van ‘n haikoe.

29 Kommentaar »

  1. Dit is nou vrydag
    Ek is te moeg om te dink
    Haiku se ma se…

    :-)

    Comment deur SuperJaco — February 29, 2008 @ 1:17 nm | Reply

  2. Gee vir my sonskyn
    Somer en son en saffier
    Anders sal ek kwyn

    Comment deur sonkind — Maart 1, 2008 @ 4:52 nm | Reply

  3. onbekende vriend
    en ‘n onbekende taal
    in my eie dorp

    Comment deur Bertus! — Maart 2, 2008 @ 8:52 vm | Reply

  4. Wind lui geil
    kosyne huil
    buite val die sneeu

    Comment deur Jasper — Maart 2, 2008 @ 2:10 nm | Reply

  5. 5-7-5
    Ok, ek dop,
    kom ons probeer weer….
    _______________________

    Die winde lui geil
    Deur blou kosyne wat huil
    buite val die sneeu
    ____________________

    Hoes daai?
    Reg uit my hotelkamer in Siberië…..

    Comment deur Jasper — Maart 2, 2008 @ 2:19 nm | Reply

  6. Vlietend vinnig gou
    Leef verby mekaar se hart
    Tot herfs jou uitdun

    Comment deur Karl — Maart 2, 2008 @ 2:55 nm | Reply

  7. Die skrikkel-Vrydag

    tap behoorlik my breinkrag;

    wil ek huiswaarts keer

    (NS: Te danke aan die skielike afwesigheid van Internettoegang — amper soos Eskom “load shedding” — kon ek eers vandag my heikoe pos.)

    Comment deur HeikoPete — Maart 3, 2008 @ 6:27 vm | Reply

  8. vlieg is nes ‘n braai
    as jy brand en afwaarts val
    stink jou vlees na vlam

    Comment deur Johan Swarts — Maart 4, 2008 @ 6:59 vm | Reply

  9. kragtie, hoe skrik ek
    kyk, die donderstorm woed
    en slaat my soos blits

    (don-der-sto-rim)

    Comment deur mnr.muller — Maart 5, 2008 @ 4:10 nm | Reply

  10. welgedaan almal
    bertus!, vriend, joune laaik ek
    selfs meer as die res

    Comment deur mnr.muller — Maart 5, 2008 @ 4:12 nm | Reply

  11. Ai-ai, Jasper, jong:
    Haiku’s uit Siberië
    gaan mos doodvries, man!

    Comment deur mnr.muller — Maart 5, 2008 @ 4:16 nm | Reply

  12. Pieter en Jaco
    Vanwaar julle oorwerktheid?
    Gaan uit en drink, man!

    Comment deur mnr.muller — Maart 5, 2008 @ 4:17 nm | Reply

  13. Toe, skryf nog Haiku’s:
    vyf, sewe, vyf – dis maklik!
    …voor die dag om is ;)

    Comment deur mnr.muller — Maart 5, 2008 @ 4:22 nm | Reply

  14. Winteraand skougrond:
    Moer hom Jan! skree die vrouens
    Die mans roep: Haai Koos!

    N.a.v. ‘n vertellinkie van my pa (74), dus 50+ jare gelede, toe hulle ‘n boks of stoeigeveg bygewoon het waar sy susters eers gesê het dis so wreed en hulle oë toegedruk het, en teen die einde was dit hulle wat skree: “Moer mekaar! Moer mekaar!”.

    Comment deur mykopop — Maart 7, 2008 @ 10:53 vm | Reply

  15. katte soos spoke
    in kaal koue (klam huise):
    ‘n bed sonder jou

    Comment deur ronnie — Maart 10, 2008 @ 1:05 nm | Reply

  16. die dooie klavier
    het vergeet om te lag nes
    die stil lente-voëls

    Comment deur ronnie — Maart 10, 2008 @ 1:07 nm | Reply

  17. vaderlik sit hy -
    tafelberg in die skor son
    hou sy kinders dop

    Comment deur ronnie — Maart 10, 2008 @ 1:07 nm | Reply

  18. by geboorte lag
    geen mens by grafte onder
    bruin bome ook nie

    Comment deur ronnie — Maart 10, 2008 @ 1:08 nm | Reply

  19. daar is niks nie soos
    wyn en swart vye sielleen
    langs ‘n kaal prieël

    Comment deur ronnie — Maart 10, 2008 @ 1:09 nm | Reply

  20. Ek wonder oor my
    wie ek is, waar ek is, en
    waar die wind begin

    Comment deur Bertus — Maart 13, 2008 @ 8:40 nm | Reply

  21. Wit flaminke buig
    weerkaats rosigrooi, aanbid
    ‘n sterwende son

    Comment deur estelleke — Maart 15, 2008 @ 1:57 nm | Reply

  22. verskietende ster
    ‘n veiligheidsrisiko
    tog vir kykers: wens, hoop

    Comment deur estelleke — April 3, 2008 @ 4:37 nm | Reply

  23. [...] < haiku > [...]

    Pingback deur Oornag is dit winter « mnr.muller — April 7, 2008 @ 6:40 nm | Reply

  24. [...] Mnr Muller weer, het my geleer van haiku’s skryf. Toe kombineer ek nou die twee en siedaar: [...]

    Pingback deur Blog Haiku « Sonkind — April 8, 2008 @ 3:02 nm | Reply

  25. [...] ‘n koffiewinkel sit ons: kleindogtertjie, dogter, ouma, vriendin en ek.  Eet kaaskoek en steel die stoom se asem.  Teug met ons oë op die see.  Maar nie vir lank [...]

    Pingback deur imaginary vs memory « mnr.muller — Junie 19, 2008 @ 12:50 nm | Reply

  26. [...] aan my studente: Vaarwel! …as jy jou parodie wil redigeer en verbeter - doen dit!  Kom drink rooibostee en laat ons daaroor gesels.  Onthou, léér is ‘n lewenslange proses; om briljant te skryf, [...]

    Pingback deur Om werk te merk « mnr.muller — Oktober 23, 2008 @ 4:50 nm | Reply

  27. [...] veral ontleen aan Oosterse digkuns, om ons woorde in te giet.  Prettige voorbeelde is die Haiku, Tanka en Pantoen, maar met hierdie inskrywing wil ek jou uitdaag om ‘n Cinquian te probeer [...]

    Pingback deur Sukkel met sewe see cinquians « mnr.muller — Junie 10, 2009 @ 8:00 vm | Reply

  28. Naand is die seer aand
    van huis toe gaan, terug te gaan
    en waar verlange begin

    Ek sien jou bly lag
    en wag op die vonk wat net
    uit ju oog kwyn, wegraak

    Jy, kind van my hart
    jou sag arms, nat mond, bly hart
    waar het ek my verloor?

    Met dans en swaai, op
    maat van wind, vang ek jou in
    my bly leë arms – mis

    Comment deur Franconette — Julie 17, 2009 @ 10:14 nm | Reply

  29. Sjoe, dankie Fanconette!
    Ek lees nog rou emosie in jou verse.

    Jy wyk effens van die haiku-vorm af: met ses klankgrepe in die derde versreël van elke strofe. Maar dis natuurlik jou goeie reg :)

    As jy wil skaaf daaraan, lees gerus: http://mnrmuller.wordpress.com/2009/06/12/wat-maak-n-goeie-gedig-goed/ en speel nog ‘n bietjie verder rond. Ek sien uit daarna om jou pantoen-probeerslae ook te lees. Skryf voort!

    Comment deur mnr.muller — Julie 19, 2009 @ 3:48 nm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.