mnr.muller

Junie 8, 2009

Probeer ‘n pantoen!

Filed under: Woordkuns — mnr.muller @ 8:43 vm
Tags: , , , ,

Probeer gerus om ‘n pantoen te skryf.  Dis ‘n digvorm waar versreëls in die daaropvolgende strofes herhaal.  In Afrikaans help dit jou veral om iets meesleurends te skep.

Die digvorm verg slegs ses oorspronklike reëls wat dan volgens die patroon verdubbel en gerangskik word om oor twaalf reëls te strek.  Die laaste strofe skryf heeltemal homself!  En rym is opsioneel.

Strofe 1

Reël 1
Reël 2
Reël 3
Reël 4

Strofe 2

Herhaal reël 2 (strofe 1)
Reël 5
Herhaal reël 4 (strofe 1)
Reël 6

Strofe 3

Herhaal tweede versreël van strofe 2 (reël 5)
Herhaal reël 3 (strofe 1)
Herhaal vierde versreël van strofe 2 (reël 6)
Herhaal reël 1 (die heel eerste versreël van die gedig)

In die gedig hieronder het ek my verbeel ek staan op my oorle ouma se woonstelbalkon en staar na die see, die verte in.

Langafstrand

Anderkant die horison:
Waar die see die strand ontmoet,
Trek die gety nou terug;
En in rotspoele krioel die lewe

Waar die see die strand ontmoet,
Daar spoel die seeslakkies uit –  
En in rotspoele krioel die lewe  
Soggens en saans teen ’n verre kus

Daar spoel die seeslakkies uit –  
Trek die gety nou terug;
Soggens en saans teen ’n verre kus
Anderkant die horison:

Lees nog pantoene op Estelleke se blog en speel-skryf saam.  Dit hoef nie meesterlike digkuns te wees nie; slegs ses reëls – ek is seker jy kan!

8 Kommentaar »

  1. Het nie verstaan wat jy se toe jy se die laaste vers skryf homself nie, maar dit is nogal iets besonders.

    Comment deur attie — Junie 8, 2009 @ 5:16 nm | Reply

  2. [...] aan Oosterse digkuns, om ons woorde in te giet.  Prettige voorbeelde is die Haiku, Tanka en Pantoen, maar met hierdie inskrywing wil ek jou uitdaag om ‘n Cinquian te probeer [...]

    Pingback deur Sukkel met sewe see cinquians « mnr.muller — Junie 9, 2009 @ 12:28 nm | Reply

  3. Ek kannie altyd so lekker skryf in Afrikaans nie, maar hier is my poging. Dit is ‘n interessante uitdaging om dieselfde reels oor te gebruik op so manier dat daar steeds progressie is in die gedig.

    Skemerlig

    Skemer is die oomblik van verandering
    Die wolke flits, helder pienk en goud
    Verby die horison se verre berge
    Die laaste strale is helder juwele

    Die wolke flits, helder pienk en goud
    Donkerte val met ’n sug
    Die laaste strale is helder juwele
    En daarmee sak die nag nou neer;

    Donkerte val met ’n sug
    Verby die horison se verre berge
    En daarmee sak die nag nou neer;
    Skemer is die oomblik van verandering

    Comment deur Linsen — Junie 9, 2009 @ 7:44 nm | Reply

  4. Wel gedaan, Linsen!

    Die progressie-storie laat hierdie gedig amper in ‘n puzzle ontaard – jy skommel lateraan jou versreëls só om te sien wat die beste opsie is :)

    Dié gerondskommel spoor jou nogals aan om ander redigerings ook te oorweeg – dis dus ‘n goeie digvorm om dié tipe refleksie en dissipline by digters te kweek.

    Jy kan dié digvorm natuurlik in ander tale ook gebruik; laat weet maar hoe vorder jou Frans en Xhosa! ;)

    Comment deur mnr.muller — Junie 10, 2009 @ 7:20 vm | Reply

  5. [...] cinquain, digkuns, gedigte, kreatiewe skryf, kreatiewe skryfonderrig, poësie Hoe meer ek met pantoene en cinquiane rondspeel, hoe meer wonder ek of digkuns ‘n ambag is wat aangeleer en [...]

    Pingback deur Wat maak ‘n goeie gedig goed? « mnr.muller — Junie 12, 2009 @ 9:41 vm | Reply

  6. Die digvorm is baie oulik, veral vir kinders wat voel hulle het nie die vrymoedigheid om net “te laat gaan” nie. Die digvorm het van Maleisie af oorgewaai na die Weste. Hierdie vorm prikkel bietjie die kreatiwiteit!

    Comment deur Nikita — Junie 12, 2009 @ 10:50 vm | Reply

  7. [...] ja-ja, ek weet ek het dit oordoen met die leestekens, maar nietemin – ek hou van die pantoen-digvorm.  Jy sal sien dat daar eintlik net ses unieke versreëls is wat elke keer volgens die [...]

    Pingback deur Ontgaping van die moeë siel « mnr.muller — Junie 23, 2009 @ 6:00 nm | Reply

  8. [...] aan die einde van die eerste versreël met dié van die laaste versreël van die pantoen-gedig Langafstrand?  Haha – onthou, jy het nie ‘n grootmeester se gedigte nodig om poësie te onderrig [...]

    Pingback deur onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent « mnr.muller — Junie 24, 2009 @ 10:11 vm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.