Pantoen vir ‘n moeë liggaam | Ontgaping van die moeë siel
…die wydtes van die slaap ontgaan my
| klam ingebed onder die dun kombers |
…tik…die…tyd…deur…my…kop…
~ my gedagtes dwaal deur die dag se gedane dinge ~
| klam ingebed onder die dun kombers |
- dan rol ek om en knies my voosgevoude kussing!
~ my gedagtes dwaal deur die dag se gedane dinge ~
En ek bid vir die rus om te kom… maar:
- dan rol ek om en knies my voosgevoude kussing!
…tik…die…tyd…deur…my…kop…
En ek bid vir die rus om te kom… maar:
…die wydtes van die slaap ontgaan my
* * *
Haha, ja-ja, ek weet ek het dit oordoen met die leestekens, maar nietemin – ek hou van die pantoen-digvorm. Jy sal sien dat daar hierbo eintlik net ses unieke versreëls is wat elke keer volgens die patroon elders in die vers herhaal.
Die herhalende reëls vorm – anders as waaraan ons gewoond is – ‘n rustige, sikliese ritme. Die digvorm het dit derhalwe nie ten doel om, soos miskien met ‘n sonnet, ‘n gedagteprogressie op die spits te dryf nie; eerder om juis die eb en vloei van ‘n gedagte/gevoel/emosie voor te stel. Amper soos ‘n wiegende mantra.
Probeer gerus self!
[...] ek in my vorige pantoen te veel leestekens gebruik het, het ek bogenoemde ene [...]
Pingback deur onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent « mnr.muller — Junie 24, 2009 @ 9:33 vm |