mnr.muller

Junie 23, 2009

Ontgaping van die moeë siel

Filed under: Woordkuns — mnr.muller @ 6:00 nm
Tags: , , ,

Pantoen vir ‘n moeë liggaam | Ontgaping van die moeë siel

…die wydtes van die slaap ontgaan my
| klam ingebed onder die dun kombers |
…tik…die…tyd…deur…my…kop…
~ my gedagtes dwaal deur die dag se gedane dinge ~

| klam ingebed onder die dun kombers |
- dan rol ek om en knies my voosgevoude kussing!
~ my gedagtes dwaal deur die dag se gedane dinge ~
En ek bid vir die rus om te kom… maar:

- dan rol ek om en knies my voosgevoude kussing!
…tik…die…tyd…deur…my…kop…
En ek bid vir die rus om te kom… maar:
…die wydtes van die slaap ontgaan my

* * *

Haha, ja-ja, ek weet ek het dit oordoen met die leestekens, maar nietemin – ek hou van die pantoen-digvorm.  Jy sal sien dat daar hierbo eintlik net ses unieke versreëls is wat elke keer volgens die patroon elders in die vers herhaal.

Die herhalende reëls vorm – anders as waaraan ons gewoond is – ‘n rustige, sikliese ritme.  Die digvorm het dit derhalwe nie ten doel om, soos miskien met ‘n sonnet, ‘n gedagteprogressie op die spits te dryf nie; eerder om juis die eb en vloei van ‘n gedagte/gevoel/emosie voor te stel.  Amper soos ‘n wiegende mantra.

Probeer gerus self!

1 Kommentaar »

  1. [...] ek in my vorige pantoen te veel leestekens gebruik het, het ek bogenoemde ene [...]

    Pingback deur onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent « mnr.muller — Junie 24, 2009 @ 9:33 vm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.