onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent

Standard

onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent

span ‘n sagte songloed oor jou naakte lyf
waar ons op die leer rusbank mekaar helder oordag ontklee
jou gesig distort telkens as jy inkom vir ’n soen
en in ons nabyheid klink musiek, af in die straat raas kinders en die bure se worshond blaf

waar ons op die leer rusbank mekaar helder oordag ontklee
glimlag ons vir mekaar en my hand streel oor jou bors en langs jou heup
en in ons nabyheid klink musiek, af in die straat raas kinders en die bure se worshond blaf
terwyl ons ons onderlywe reëlmatig wieg, my lief

glimlag ons vir mekaar en my hand streel oor jou bors en langs jou heup
jou gesig distort telkens as jy inkom vir ’n soen
terwyl ons ons onderlywe reëlmatig wieg, my lief
span ‘n sagte songloed oor jou naakte lyf

* * *

Seinde ek in my vorige pantoen te veel leestekens gebruik het, het ek bogenoemde ene kaalgestroop.

Dis nogals tricky – maar belangrik, vermoed ek – om die enjambement (die oorloop van een versreël na ‘n ander, oftewel die vloei van twee versreëls in mekaar) in ‘n pantoen reg te kry (seinde die herhaling van versreëls die volgorde waarin hulle voorkom teenoor die ander reëls, verfomfaai).

Ek het die begin/eindreël aanvanklik vanaf  “onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent span ‘n gloed om jou lyf” verander na ‘n tipe stelsin “‘n sagte songloed span oor jou naakte lyf onder die roesoranje net-kombers van jou bed se voetenent” en uiteindelik na die opdrag (in die eerste versreël) wat vervorm tot ‘n stelsin (aan die einde) a.g.v. die enjambement/samevloei van die voorlaaste versreël.  Ook het ek die “onder die…voetenent” uit die gedig gesny en tot die titel verhef.  Ek’s onseker of wat ek gedoen het die beste opsie was, maar nou ja, lewer gerus kommentaar.

Let op dat daar geen beperking op die lengte/vorm van pantoene se versreëls geplaas word nie; dit sou dus – soos ook in my insomnia-pantoen (met die leestekens) – ‘n interessante besprekingspunt kon wees: Hoe dra die lengte van die versreëls (of die gebruik van welke leestekens ook al) by tot die tematiek/atmosfeer van die gedig?

Of ‘n gunsteling vraag: Hoe verskil die funksies van die dubbelpunt aan die einde van die eerste versreël met dié van die laaste versreël van die pantoen-gedig Langafstrand?  Haha – onthou, jy het nie ‘n grootmeester se gedigte nodig om poësie te onderrig nie.  Gebruik eerder die leerders se eie outentieke tekste, hulle eie pantoen-probeerslae, om oor enjambement en klankrym, ens. te gesels.

Die slagspreuk lui mos: Tell me and I will forget; Show me and I will remember; Involve me and I will understand.

Anyway, alle voorstelle en kritiek is welkom; ek beskou hierdie pantoene as ‘n lekker skryfoefening.  Probeer gerus ook ene!

About these ads

18 responses »

  1. Haha. As jy eers ‘n digvorm het, is dit maklik om jou verbeelding vrye teuels te gee!

    Pantoene vra vir ‘n sikliese voortvloeiende aanhoudende beweging – ek het alreeds oor die see en slapeloosheid geskryf – dit was maar net ‘n kwessie van tyd ;)

    Waaroor handel jou pantoen?

  2. mnr muller, weet jy van ‘n gedig in Afrikaans (vertaal vanuit Engels/Duits) met die titel “Die Elwe-Koning” (of Elf-Koning)? (ek het geen inligting oor die vertaler nie)

  3. Hey Nikita – jammer, ek was nie op wordpress hierdie naweek nie; bly jy kon jou gedig opspoor. (En ek sien uit na jou pantoen – laat weet my as jy hom klaar het!)

  4. mnr muller, ek was Donderdag en vandag in London, bietjie gaan rondloop en “shopping” gedoen, was nogal erg warm, ons kook uit hier, behoorlik. Ek het daardie gedig eers vertaal (vir iemand wat hom op my blog kom soek het) en toe spoor ek die gedig op by Litnet. My spelling was foutief die eerste keer, ek het Elwekoning twee woorde (Elwe Koning) gespel en het gesoek, niks opgelewer nie todat ek later hom een woord gespel het! Ek wou se die begin van die gedig was vir my vaag bekend en geweet hy sal dalk iewers wees. Nogal ‘n hartseer gedig… Nou ja toe, ek het my pantoen geskryf…oor: London! die stad! gee my net so 30 min om my foto’s op te laai dan kan jy hom kom lees, dit was nogal regtig “tricky”! ek het my oorspronklike skrywe heeltemal op die ou einde verander, laat weet maar wat jy daarvan dink! :)

  5. Daar is so ‘n Nederlandse gedig* oor ‘n man wat die Grim Reaper in sy tuin ontmoet en dan so groot skrik dat hy op sy perd spring en Isfahan (Iranese dorpie) toe jaag (om van die dood te ontsnap).

    Maar inderdaad tref hy dan juis die Dood in Isfahan aan wat hom dáár kom haal – en in hul gesprek, spreek die Dood sy verbasing uit oordat hy dan die man vroeër die oggend so ver weg van sy aandbestemming aangetref het. (Gevolglik: die mens kan nie die dood vryspring nie, oftewel “man often reaches his destiny on the road he takes to avoid it”).

    Anyway, heeltemal anders as die “Elwekoning”, maar die gejaag op perd om die dood te probeer ontsnap en die tussendeur-personifisering van die dood as ‘n mensfiguur, het my daaraan laat dink.

    Ek sien uit na jou pantoen :)

    * “Een avond in Isfahan” – Cees Nooteboom

  6. Pingback: Grys ou Stad « Chessalee

  7. Mnr muller, my soektog op die web na daardie gedig het net mooi na niks gelei…ek is deur 20 bladsye van google…ek kry slegs skakels na die boek met die titel. Voel welkom om kommentaar te lewer oor die London-pantoen, ek is nie “kleinserig” nie :)

  8. Gewonder of jy dalk vir ons ‘n Afrikaanse gedig aanmekaar kan slaan – jy’s mos goed daarmee! – soos hierdie een:

    Over My Toes

    Over my toes
    the soft sea wash
    see the sea wash
    the soft sand slip
    see the sea slip
    the soft sand slide
    see the sea slide
    the soft sand slap
    see the sea slap
    the soft sand wash
    over my toes
    —Michael Rosen—
    :)

  9. ‘n Aangename verrassing. Ek hoop om meer van jou gedigte te lees. Is daar nie ‘n manier om jou te volg hier soos op Twitter nie (ek wil nie Twit nie).
    Neels

  10. @kaneelsuiker: Ek vermoed jy kan RSS-feeds hiervandaan op jou Google Reader sit. Haha, maar ek is ongelukkig nie die mees kranige digter nie; ek blog meestal oor onderwys en die onderrig van kreatiewe skryf. Nietemin, bly te kenne.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s