mnr.muller

…meer oor mnr.muller

Tot onlangs was mnr.muller ‘n onderwyser in Kaapstad.

Hy het in ‘n knus geel bibliotekie gesit en soms Xhosa-klasse gegee of ‘n vreemde vak, genaamd Navorsingstegnologie.  Hy het foto’s geneem, jaarblaaie uitgelê en ‘n volwaardige kunstefees in Kloofstraat gereël.  Soms het hy leerders gehelp gediggies skryf.

Tans is mnr.muller weer terug op sy studentedorp waar hy in ‘n administratiewe hoedanigheid voor ‘n rekenaar sit.  Hy het begin blog juis om daardie rede.

Dalk blog mnr.muller te veel.  Aan die een kant bly hy immers ‘n onderwyser en sal jy Xhosa- en Lewensoriëntering-lesse op hierdie site vind.  Aan die ander kant is hy ‘n oud-studenteleier en skryf hy soms oor volhoubare, wetenskaplike, transformasionele leierskap.

Vandat sy vulgêre parodie van Hansie en Grietjie in Die Literator gepubliseer is, voel hy verplig om nou en dan staaltjies of liegstories te skryf wat hy onder woordkuns sorteer.

mnr.muller ry nie fiets nie; hy stap.  Doelloos en onrustig.

Maar deesdae droom hy ook oor Wakkerstroom en wonder oor die lewendood.

Ag, soms is hy net aspris.

Welkom by sy blog.

15 Kommentaar »

  1. hi mnr, thanks for a very well laid out xhosa course – ive just begun lessons a few weeks ago, and am finding your class most helpful.
    regards
    melanie

    Comment deur melanie — April 9, 2008 @ 9:47 vm | Reply

  2. Hey, hierdie blog lyk interessant. Sal die bookmark en so nou-en-dan kom inloer :D

    Comment deur jaans — Julie 12, 2008 @ 10:55 vm | Reply

  3. Interessante blog…

    net een vraag…hoekom Wakkerstroom?

    Comment deur aventer — Julie 14, 2008 @ 5:11 nm | Reply

  4. @aventer: Ek het ‘n bloginskrywing daaroor: http://mnrmuller.wordpress.com/2008/04/29/weg-na-wakkerstroom/

    Wanneer ‘n mens begin werk en deel van die rat race raak, is dit soms lekker om jouself in ‘n ander werklikheid te verbeel – in ‘n omgewing wat meer aards en ongejaagd is. Wakkerstroom is so ‘n plek, oftewel, so vermoed ek :)

    Comment deur mnr.muller — Julie 14, 2008 @ 5:53 nm | Reply

  5. Daar’s niks behalwe voëls, gras, ‘n laerskool, ‘n paar huise, ‘n polisiestasie en ‘n ouetehuis nie.

    Ons gaan een keer ‘n maand soontoe om vir my Ouma-hulle te gaan kuier…wel as jy daarin dink, dit is nogals baie rustig…maar daar’s omtrent net oumense wat my wil soen :(

    Op jou oudag kan dit seker werk. Na my sin is daai plek TE rustig

    Comment deur aventer — Julie 14, 2008 @ 6:48 nm | Reply

  6. hehe :) ‘n aftreedorpie dus. ironies dat dit die naam Wakkerstroom het.

    kyk, ek was self nog nooit in daai geweste nie, maar die naam klink interessant – en ek figure dit is ‘n teenpool van die gejaagde lewe wat ‘n mens in die stad lei, so dalk sal ek dit vir ‘n jaar of twee probeer.

    waarskynliker, egter, sal dit vir my slegs ‘n metafoor bly – ‘n skyndorpie waarna ek kan hunker as die geboue hier my onderkry ;)

    maar dankie vir die wenk – ek sal die oumense se nat soene probeer vermy!

    Comment deur mnr.muller — Julie 14, 2008 @ 6:58 nm | Reply

  7. Oppas vir tannie Bridget dan…

    Comment deur aventer — Julie 14, 2008 @ 7:14 nm | Reply

  8. Baie dankie vir die hartlike verwelkoming!

    Comment deur Blixer — Julie 15, 2008 @ 2:19 nm | Reply

  9. Wag ‘n bietjie… daardie knus geel bibliotekie klink tog te veel na my ou almamater. En nog in Kloofstraat ook? Nee, definitief! Ek kan nie glo dat hulle jou so baie laat werk het nie, of wag… ek kan. Ek praat maar in ons volgende klas met jou oor ons gunsteling hoof (“He who shall not be named”) =)

    Comment deur Mia* — Oktober 6, 2008 @ 9:51 vm | Reply

  10. Haha, janee. Daar is nie baie geel biblioteke in Kloofstraat nie… (veral nie nou met die bouery nie!)

    Comment deur mnr.muller — Oktober 6, 2008 @ 10:01 vm | Reply

  11. [...] en mnr.muller is die samestellers en die meeste van die idees is beproef met taalonderwysstudente en leerders [...]

    Pingback deur Dagsê Taalonderwysers! « Klaskenades — Januarie 26, 2009 @ 1:51 nm | Reply

  12. Hoe kan ek meer inligting/leermateriaal van jou bekom sonder om dit om die rekenaar te leer? Het jy dalk iets in n boekvorm/cd of gedrukte materiaal waar ek myself kan leer? Woon op plaas en wil net basiese bevele vir werkers gee.
    Tel 023 5712 638
    sel 083 279 5094

    Baie dankie by voorbaat.

    Comment deur David Muller — Januarie 28, 2009 @ 5:49 nm | Reply

  13. @David: Jammer, ongelukkig nie. Ek ontwikkel tans die isiXhosa-lesse hierso op die blog. Dalk sal ek mettertyd genoeg materiaal hê om in ‘n ander formaat uit te gee, maar tot dan sal jy hierso moet kom inloer.

    As jy in gereelde kontak met anderstaalsprekendes is, is dit goed om hulle direk te vra wat sekere woorde beteken. Daar is tans ook ‘n hele paar meertalige vertalende woordeboeke op die mark wat sal kan help met direkte vertalings.

    As jy ‘n werkwoord opsoek, dan gebruik jy die bevelsvorm-vetaling netso, bv: “-sebenza” in opdragvorm, is: “Sebenza!” (Werk!) en vir meer as een mens, d.w.s. vir die meervoud-opdrag, voeg jy ‘n -ni agteraan: “Sebenzani!” (Werk, julle!)

    Vir die meer komplekse grammatikale strukture, sal jy nog ‘n rukkie moet wag dat my lesse ‘n natuurlike gang kan loop t.o.v. kompleksiteit.

    Alle sterkte!

    Comment deur mnr.muller — Januarie 29, 2009 @ 8:10 vm | Reply

  14. Hey

    Cool page! Gebruik jou afrikaanse insetsels graag! Dankie dat jy vir die milleniers wenke oor skryfkuns en digkuns skriffel! Ek het die gr.8 s behoorlik laat skater met van die idees!

    Stuur e-pos
    Pieter

    Comment deur Pieter — November 11, 2009 @ 2:10 nm | Reply

  15. Thx @pieter: laat weet gerus watter insetsels jy die nuttigste vind! :)

    Ek is bly ons kan kinders laat lag – ek glo nogals dat die verrassing-spronge by humor baie soortgelyk is aan die laterale konneksies wat ‘n mens maak as jy leer.

    Comment deur mnr.muller — November 12, 2009 @ 7:11 vm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Blog at WordPress.com.