mnr.muller

Oktober 28, 2009

Woer jy op jou woek of post jy op jou blog? Wanneer transleer jy swak en wanneer assimileer jy twak? En is daar enige meriete in die Taaldebat?

Filed under: Aspris, Woordkuns — mnr.muller @ 3:18 nm
Tags: , , , , , , , , , , ,

In ‘n vorige post vat my lesers mekaar aan oor hulle woordgebruik.  Die een sê die woord “woer” moet in sy moer in vlieg.

Self voel ek ambivalent oor al die vertalings wat Jan Internet aanpak: Oornag het my Facebook in ‘n boer verander en vandag praat my WordPress ook Afrikaans.

Die ding is vertaalkuns is maar moeilik.

Elke Jan Rap en sy google kan nie sonder meer frases oorplaas in ‘n ander taal deur net losstaande woorde te wil vertaal nie; jy verg ‘n vaardige fundi wat ‘n idee soomloos kan vertolk.

* * *

Ook in die akademie sukkel mense met die skep van behoorlike vaktaal-terminologie.  Computer jargon klink weird en fake in Afrikaans: Dubbel-klik met jou regtermuisknoppie op die Vensters-ikoon.  Ugh.

So, hoe gemaak met internetjoernalistiekterminologie?  Skep jy nuwes of copy en paste jy die Engelse woord?  Tik jy dit in italics?  Hm.  My voorkeur is dat jy ‘n nuwe post pos op jou blog.

* * *

Wanneer ek langs die Strand se kuslyn wandel, grief dit my telkens as ek die nuwe woonstelblokke se name lees: Topaz, Hibernian Towers, ens.  Ek sou die groot blou-gebou so graag wou Bloublasie noem en die groene Khula Khaya (khula = groei/vry wees en khaya = huis/tuiste).  Tsk.

* * *

Ek dink die truuk is om ‘n bietjie nederlands te gaan oplees om waarlik briljante neologismes te kan skep.  Oerwoorde wat ons al vaagweg verloor het, opdiep en heraanwend.

* * *

Uiteraard is ek ‘n voorstaander van die T-opsie: ek glo meertaligheid bevorder begrip.

Oktober 27, 2009

mnr.muller was te besig om kommentaar te lewer op ander ouens se blogs as om self iets te post, so verskoon hom asseblief en lees gerus wat hy daarso op die ander ouens se blogs kwytgeraak het m.b.t. filosofie

Filed under: Aspris, Lewendood — mnr.muller @ 4:27 nm
Tags: ,

Ek is ‘n swak blogger.

Ek skryf te min en te ongereeld, en wanneer ek die dag kommentaar lewer op iemand anders se blog, dan gaat ek heeltemal oorboord.

Nietemin, as jy wil weet by watter gesprekslyn ek onlangs betrokke geraak het, volg gerus my diskoers op flippiefanus se bloginskrywing oor Wiskunde en filosofie.  Kortom sê hy: “Filosofie is snert”.  Kortom sê ek: “Is nie”.  Bleh.

88 comments later en ons het min vordering gemaak, hehe. Ek is amper op die punt waarby ek met hom wil saamstem, seinde ons soveel gebabbel het en niks bereik het nie!

* * *

Dis vreemd waarby ‘n mens alles per ongeluk betrokke raak in die blogosfeer.  Ander dag sien ek ek is ‘n kampvegter vir gay regte.  Dis nogal cool.  Jy hoef nie gay te wees om ‘n goeie saak te ondersteun nie.  Jean du Plessis se lesingreeks oor gay wees is ‘n absolute plesier om te lees. Regtig ‘n worthwhile read.

* * *

Gister gesels ek en my tweedejaar kamermaat oor ons soortgelyke wanhopige, kommerlose lewens.  (Ek plaas juis die twee teenstrydighede naas mekaar.) Ons is albei haarlynopskuiwende-boepenskwekende jongmense, tersiêr opgevoed en twyfelend in ons aparte, maar gedeelde sinlose, maar sinfnuikende, bestaansomgewings.

Ons het lekker gesels.

En ons het ‘n paar weke gelede lekker treingery Kaap toe.

* * *

Dus, as ek min blog, vra ek om verskoning – ek voel veral skuldig teenoor dié met wie ek amper uitsluitlik in dié medium kommunikeer.

Maar die feit is, ek hou nie eintlik hiervan nie; ek hou daarvan om iemand in die oë te kyk wanneer ek met hom/haar praat.  Ek hou van die opflakkering van emosies – nie van moeilik-interpreteerbare tussen-die-reëls emoticons nie.  Ek hou veel meer van klasgee as blog oor klasgee, maar nou ja.

Ek is ‘n swak blogger.

Maar ek sal probeer om aan nuwe inskrywings te dink.

* * *

Ugh. ‘n Kenmerk van ‘n swak blog is, volgens my, wanneer die skrywer in ‘n selffolterende geweeklaag van meta-blogging verval.  Hehe, ten minste doen ek dit met ‘n tikkie ironie (‘n meta-meta-geweeklaag dus!).

September 29, 2009

Eergistraand het DF Malan en oudpresident BJ Vorster luid feesgevier in Higgovale, Kaapstad

Filed under: Aspris — mnr.muller @ 12:21 nm
Tags: , , , , ,

Eergister vroegaand het ek partytjie gehou in Kaapstad – en dit was heel plesierig, dit kan jy maar glo.

Die onthaalplek was ‘n gastehuis in Higgovale Villa Margaretha - wat regdeur wit-wit-wit geverf is en plek-plek versier met nagemaakte Grieks/Romeinse beelde, en koper- en silwerware strategies uitgestal.  ‘n Tikkie blanko Europa.

Dit was die partytjie van ‘n vriend van my, toevallig ‘n DF Malan - ’n vervroegde viering van sy dertigste verjaarsdag, en ‘n kans vir ons om sy Nederlandse vriendin te ontmoet.  (Lees van sy naamgenoot en voorvader, oudpresident DF Malan.)

Ons het lekker buitekant op die stoep gesels, maar toe die son in die skadu van die dennebome sak, is ons inwaarts gedryf na die beloofte kaggel.

Maar in die voorportaal van die villa het ek hom die eerste gewaar, in die loom namiddag:

Ek moes versigtig sluk aan my vonkelsap, want regs by die gangetjie van die voordeur, op ‘n tafeltjie, sekuur geplaas vir die doel, was ’n borsbeeld van ene oudpresident BJ Vorster wat met ‘n bronsblik elke gas se buik reguit bekyk.  (Die gasvrou blyk toe ’n Vorster te wees.)  ‘n Varswit ruiker is by die beeld neergelê.

Overgesetseinde was die partytjie ’n heerlike sukses; ‘n luidgevierde fees.  Ek kon soos in die goeie ou dae, lekker kuier met my Stellenbosse oudkoshuispelle, met wie jy mos maar ‘n bond opbou.  Die kos is geskep en die wyn het gevloei.

Die twee sjokolade nageregkoeke is toegewit met versiersuiker en bedien met joghurtvla en ligte dessert-appeltjies.  Op een was ‘n enkele flakkerende fakkeltjie geplant, wat François flink doodgeblaas het, begroet deur verjaarsdaggesange.

Ek moes vroeg ry en het ‘n paar van die witleë etensborde opgestapel en kombuis toe geneem na ‘n Siena en Liena vir die opwas, almal gehandgroet, gekasta-buig vir oom BJ, en in die straat waar die rye motors gestaan het, die donker nag met ‘n sy soel asem gegroet, die karwag in Xhosa bedank en in rand vergoed, in my donker karretjie geklim en in my truspieël vir vriende in hul wit Audi totsiens gewuif.

Vort na ons aparte tuislande.

Julie 28, 2009

Gister se rommelstrate was oranje van al die nartjieskille

Filed under: Aspris — mnr.muller @ 1:03 nm
Tags: , , , , ,

Gister het munisipale werkers regdeur Suid-Afrika gestaak.

Duskant Merrimanstraat is die rommeltrommels omgekeer en was die strate besaai met plastieksakke, leë bottels, en veral lemoen- en nartjieskille.

Terwyl ek probeer het om in niks té morsigs te trap nie, het ek gewonder of enigiemand nog komposhouers in hul agterjaart het. 

* * *

Ook het ek gewonder hoeveel elke werk werklik werd is: Klink my die vullisverwyderaars verdien R5 000 per maand en soek nog R800.  (As beginner-onderwyser in 2006 het ek ook maar R6 000 per maand verdien.)  Hm.

* * *

En toe ek vanoggend ‘n nartjie afskil, en die oranje skille argeloos in die drom laat val, verlang ek skielik na ‘n huis, of meer spesifiek, ‘n komposhoop - êrens waar ek my kwistigheid kan laat verrot tot lewegewende kompos vir ‘n tuin.

* * *

Ook het ek gedink: die internet, onse inligtingsnelweg, blogruimtes – dalk lê daar óók te veel oranje rond.  ‘n Mens moet kyk waar jy wandel.

Julie 25, 2009

Oornag het my Facebook in ‘n boer verander, en vandag praat my WordPress ook Afrikaans

Dis amazing.  Ek reken taalimperialisme het uiteindelik ‘n stille dood gesterf.

Want ons besef: elke tongval verskaf ekstra betekenis aan dít wie ons is – waaroor ons kan redeneer en dink en wonder; dit help skep aan ons realiteitsbesef.  Die klanke klink op na die hemel.

Soos die Xhosa-eufemisme vir doodgaan: -swekile [om te versuiker, oftewel soos suiker op te los en te verdwyn].  Pragtig, nie waar nie?  Vanaf ‘n taal wat kwalik tuishoort in die moderne eeu; nog nie ‘n noemenswaardige geskrewe literatuur opgebou het nie.

Daar is diegene wat nog wil laer trek met ‘n vergane leuse van “eendrag maak mag” en wil korrel na al wat ‘n kakie is.  Ons vir jou, Suid-Afrika.  Ons vir jou, Afrikaans.

Dít sonder enige strydbyl in sig.

Ek dink die wêreld het die “eenheid in diversiteit” aangegryp: ons glo en hoop en weet eintlik tog tereg dat dít wat anders is, nie ons hoef te bedreig nie, maar kan verryk.

Netmooi die anderdag het my Facebook in ‘n boer verander, die woorde daarso is oorvertaal (soms minder goed, maar nietemin) in Afrikaans.  Vandag merk ek op my WordPress dashboard noem haarself nou ‘n “instrumentpaneel”.

Ja-nee, die strydbyl is verroes en lankal begrawe.

Die vredesvlag is opgehys.

Dit wapper oor die hele wêreld heen.

Afrikaans: no lesser place.

Junie 26, 2009

It don’t matter if you’re black or white

Filed under: Aspris — mnr.muller @ 7:29 vm
Tags: , ,

muller and jackson  jackson and muller

Vaarwel.  Ons het dieselfde verjaarsdagdatum gedeel.  (Michael Jackson is gisteraand aan ‘n hartaanval oorlede.)

April 20, 2009

Moenie stem nie!

Filed under: Aspris — mnr.muller @ 7:51 vm
Tags: , , , ,

Moenie stem tensy jy ingelig is oor verskillende politieke partye se manifesto’s nie.

Om ‘n oningeligte stem uit te bring, is ‘n groter onreg as om nie te stem nie.

Wie weet, net-nou stem jy per ongeluk vir/teen die doodstraf…

Gaan toets ‘n bietjie jou oplossings vir die probleme van ons land by Mail & Guardian se poll predictor: http://elections.mg.co.za/pollpredictor.  Dalk word jy net-mooi verras.

April 8, 2009

Happy met Zuma

Filed under: Aspris — mnr.muller @ 2:14 nm
Tags: , , ,

Ek is happy met Zuma as president van ons land.

‘n President moet:

  1. ‘n handelaar van hoop wees,
  2. ‘n  goeie kabinet aanstel, en
  3. lekker kan gesels met buitelandse mense.

Nou, ek besef dat vir heelwat opgevoede middelklas-burgers is Zuma miskien nie die ideale rolmodel nie, maar vir die meeste Suid-Afrikaners is die rural boy wat met vuiste sy pad tot heelbo oopgeveg het, tóg ‘n teken van hoop.

Jy kan heelwat sê oor die integriteit van die ANC-leierskorps, maar wat politici betref, is hulle nie ‘n té slegte spul nie.  En die opposisie sal die vrottes onder hulle laat klippe kou; dis gewis.

En, soos wat ons al telkemale gesien het, kan Zuma net so lekker kuier om ‘n tradisionele Zulu-braaivleisvuur as met Steve Hofmeyr of die manne van die VF+.  En vir enigiemand wat dít kan regkry, is geselsies aanknoop met wêreldleiers mos kinderspeletjies.

Bowenal Zuma laat my lag.  En hy kom met sy eie catchy theme song!

corruption

April 2, 2009

Life Skills #14 – is gay-wees sonde?

Filed under: Aspris, Life Skills — mnr.muller @ 12:21 nm
Tags: , , , , , , ,

lewensorientering-logoDikwels voel dit vir leerders asof die vak Lewensoriëntering (LO) slegs oor Apartheid, sokker en VIGS gaan, maar ek glo darem ons het hierso (onder Life Skills) al ’n paar ander onderwerpe ook gedek: van rook,  drink, vloek, vry, seks, tot werkgeloofintegriteit en ontspanning.

In vandag se blogpost werk ons met ‘n raakvlak tussen religieuse studie en seksvoorligting – soos dikwels die geval in alledaagse gesprekke.  Die besprekingsvraag is: Is gay-wees sonde? 

Hoe beantwoord ‘n mens so ‘n gelaaide vraag?

Op ‘n blogruimte, of in ‘n klaskamerbespreking, of om ‘n braaivleisvuur, is dit belangrik om seker te maak wat bedoel word met ‘n vraag.

Ons is gewoond daaraan om vinnig antwoorde te moet gee op vrae: “Ja!” of “Nee!” of “Dalk.” of “Whatever.”  Meeste vrae in klastyd toets slegs kennis, en vriendekring-vrae is selde bedoel om kritiese besprekings uit te lok; dit toets eerder of jy en jou pelle op dieselfde golflengte is.

Tog is dit sinvol om, as jy ‘n kritiese gesprek wil voer, eers seker te maak wat presies met ‘n vraag bedoel word. 

Breek ‘n vraag op in dele

In die vraag “Is gay-wees sonde?” is daar twee gelaaide terme: “gay-wees” en “sonde”. 

Los eers gay-wees uit die vraag, en vra: Wat bedoel ons met ”sonde”?  En los dan daarna die sonde-deel, en vra weer: Wat verstaan ons onder “gay-wees?”.

Problematisering van die konstruk “sonde”

Uiteraard, soos ons in ons vorige gesprek oor gelowe en siele gepraat het, is die meeste woorde wat te make het met godsdienste, ‘n bietjie vaag en moeilik om te definiëer.

Een van hierdie godsdiens-tameletjies is die idee van “sonde”, met sy gepaardgaande afleidings t.o.v. “hel” en “satan” en ‘n “veroordelende godheid”.

Dus, as jy ‘n vraag vra oor “Is … sonde?” dan moet jy eers seker maak wat met “sonde” bedoel word.  En as jy van die definisie verskil, dan moet jy eers dít uitklaar voordat jy die specifics van die vraag kan beantwoord.

Hoekom word die vraag gevra?

Gestel jy en jou maters praat oor sonde.  Waarom praat julle daaroor?  Is julle besig om te wonder of iets (gay-wees, voorhuwelikse seks, videospeletjies, ‘n wit leuen vertel, moord pleeg, pornografie kyk) reg/verkeerd is volgens jou religieuse tekste?

Of is julle besig om ‘n saak uit te maak om iemand anders te spot en/of te veroordeel/uitkryt as ‘n sondaar?  (Dalk wil jy dan jouself eerder uit die gesprek onttrek?)

Indien jy werklikwaar wonder oor die vraag vanuit ‘n geloofs- of morele oogpunt, dan maak dit waarskynlik sin om wat jy onder “sonde” verstaan, nog verder te verfyn.

Verfyning van die konstruk “sonde”

Probeer so duidelik en ondubbelsinnig uitklaar wat julle met “sonde” bedoel.  Vra jy eintlik of dit moreel regverdigbaar is, d.w.s. of daar iets “verkeerd” is met die aksie, of wil jy weet of dit spesifiek volgens die Torah of Qu’ran of Bybel en Veda verdoem word?

Wees ook duidelik ten opsigte van watter denominasionele beskouïnge jy as vertrekpunt gebruik al dan nie.  D.w.s. as julle almal Grieks Ortodoks Christelik is, dan kan julle vanuit daardie oogpunt die saak bespreek, maar as een outjie Rooms-Katoliek en die ander ou agnosties en die ander ene NGK is, dan sal julle waarskynlik met ‘n meer algemene (d.w.s. ‘n minder geloofspesifieke) definisie vorendag moet kom, sodat julle van dieselfde idee van ”sonde” kan praat.

Problematisering van die konstrukte “gay” vs “straight”

Daar is baie stereotipes oor gay mans wat met flappende handjies hare sny.  As jy wil praat oor gay-wees in die breë, moet jy seker wees hoe jy dié groep definiëer: sluit dit mans en vroue in?  Praat jy van anale penetrasie of bloot verlief wees op iemand van dieselfde geslag?

Beskou jy gay- en straight-wees as twee diskrete opsies wat jy t.o.v. seksualiteit het, of lê jou oriëntasie op ‘n kontinuum tussen twee uiterstes vanaf baie verfynd tot baie butch?

Beskou jy gay- en straight-wees as ‘n keuse of van genetiese oorsprong, of as ‘n kombinasie van die twee (genetiese predisposisie met ‘n mate van besluitneming)?

Verfyning van die konstrukte “gay” en “straight”

Voor jy kan debatteer of gay-wees sonde is of nie, moet jy eers kan ooreenkom t.o.v. van wat gay-wees is.

Weereens, as jy heelwat verskillende mense het wat deelneem aan die gesprek, sal jy dalk op ‘n meer algemene definisie ooreenkom, soos: mense wat dit verkies om in ‘n intieme verhouding met ‘n persoon van dieselfde geslag te wees.

Voor jy ‘n opinie waag, oorweeg eers die teenoorgestelde

Is gay-wees heilig?  Is straight-wees sonde?

Probeer om argumente vír en téén dié vrae te skep.  Ja, gay-wees is heilig, want in die Griekse tydperk het filosowe soos Plato en Sokrates mansliefde as die hoogste vorm van liefde aangeprys.  Verder is en was van ons mees beroemde kunstenaars gay, of dit nou Michelangelo of Leondardo da Vinci was, of Freddy Mercury en Elton John.

Nee, gay-wees is nie heilig nie – ‘n mens kan nie heiligheid aan seksualiteit koppel nie.  Inteendeel, in vele gelowe moet monnike selibaat bly – enige intimiteit, hetsy met ‘n man of ‘n vrou, is dus taboe as dit by heiligheid kom.

Ja, straight-wees is sonde: mans wat roekeloos by vroue slaap soos die media dit alledaags voorstel, veroorsaak ongewensde swangerskappe en versprei VIGS in Afrika en lei tot seksuele diskriminasie in die werksplek.  Die tipiese mans- en vrouerolle is barbaars en ongekultiveerd en boos.

Of nee, straight-wees is nie sonde nie: dit is die natuurlike wyse van voortplanting by die mens en dier.  Daarom kan jy hom/haar nie a.g.v. sy/haar straight-wees oriëntasie veroordeel nie.

seunssoen-teen-n-glasruit

Ná dié denkoefening, waag jou opinie – en dink aan ‘n voorbeeld, maar wees oop vir teenargumente

Dalk wil jy sê: Ja, gay-wees is onnatuurlik.  Die vagina en penis vul mekaar logies aan en kan lei tot die voortplanting van die mens.

Maar dan moet jy bereid wees om te luister na biologiese teenargumente.  ‘n Man het ‘n g-spot via sy anus.  In die diereryk het jy talryke voorbeelde van homoseksuele gedrag by diere.  Seks by die mens (en sekere ape, dolfyne) is nie net vir voortplanting nie.

Jy kan slegs ‘n religie-spesifieke standpunt aanvoer as almal daarop ooreengekom het, bv. dalk voel jy: Die Bybel sê homoseksualiteit is ‘n sonde.

Omdat julle dan vooraf bepaal het dat die Bybel ‘n geloofwaardige bron is, sal iemand anders miskien die betrokke verwysings kontekstualiseer: Destyds is vroue se rol t.o.v. voortplanting anders gesien as vandag.  Tóé het hulle aanvaar ‘n kind word gebore uit die “saad” van die vader, geplant in die “vrugbare grond” van die moeder.  Enige semen wat dus vermors is, is as ‘n vermorsing van lewe gesien, en dus as sonde.  Ook, wanneer daar van homoseksualiteit gepraat is, het dit gepaardgegaan met sodomie en promiskuïteit.  Nêrens word ‘n liefdevolle selfde-geslag verhouding soos vandag algemeen voorkom, in die Bybel verdoem nie.

Identifiseer tekorte aan kennis/inligting/begrip

Net omdat almal in ‘n groep saamstem oor iets, beteken nie dis waar nie.  Dis goed om te debatteer, maar wees altyd bedag daarop dat jou konstruk van iets (sê-nou-maar gay-wees) bloot nog nie breed genoeg uitgebrei is nie.

As jy byvoorbeeld geen doktors of prokureurs ken wat gay is nie, maar net hair dressers en waitors in die Kaap, dan kan jy onmoontlik nie tot ‘n baie wyse gevolgtrekking kom van wie en wat en hoe gay-mense is nie.  Want dan het jy geen betroubare ervaring van of insig in gay-wees nie.

Netso kan jy vind dat jy dalk te min weet van wat sielkundiges, teoloë of bioloë hieroor te sê het, en agterkom dat jy dalk eers ‘n bietjie leeswerk moet gaan doen.

Die Grondwet en antwoorde op moeilike vrae

Die wêreld is vol stereotipies en vooroordele.  Veral organisasies wat voorgee om te weet wat “Reg” en “Verkeerd” is, sal dikwels stereotipes bevorder en sekere mense verwerp.

In die era van demokrasie, waar vryheid en die reg op lewe as fundamentele regte in grondwette wêreldwyd vasgepen is, beantwoord ons dikwels moeilike vrae deur aan die individu die vryheid te gee om self oor die uitleef van sy/haar seksuele oriëntasie/geloof/kultuur te besluit.

Die Suid-Afrikaanse Grondwet skryf derhalwe nie vir ons voor watter geloof ”waar” is, of watter seksuele oriëntasie ”reg” is nie.  Ook is een ras of kultuur nie “beter” as ‘n ander nie.

Regte kom met verantwoordelikhede.  Jou vryheid om te sê gay-wees is reg en Boeddhisme is goed en Heiligabend moet gevier word, is afhanklik van medemense wat jou dié keuses onverhinderd gun.  (Mag jy ook die nodige respek, verdraagsaamheid en empatie hê om dié verantwoordelikheid na te kom.)

February 16, 2009

Seks met skoolmeisies

Filed under: Aspris, Kloofstraat, Life Skills — mnr.muller @ 3:56 nm
Tags: , , , ,

Noodwendig, ná my inskrywing oor altwee kante van ‘n debat én my post oor seks met ouer vroue, voel ek verplig om hierdie fliekdialoog aan te haal: 

Grandpa: Can I give you some advice?
Dwayne: [shakes head "no"]
Grandpa: Well, I’m going to give it to you anyway. I don’t want you making the same mistakes I made when I was young. Dwayne, that’s your name, right? Dwayne? Listen to me, this is the voice of experience talking–are you listening? Fuck a lot of women, Dwayne.
Richard: Dad!
Grandpa: I got no reason to lie to you kid, fuck a lotta women. Not just one, a lot. So are you gettin’ any? Is it going anywhere?
Dwayne: [shakes his head no]
Grandpa: No? Jesus! What are you? 15? You should be gettin’ that young stuff! That young stuff is the best stuff in the world!

- uit die fliek, Little Miss Sunshine

Want daar’s iets aan ‘n jong, soepel vel – ongeskend, onverweer deur tyd.  Die rilling deur haar lyf as jy haar sagkens streel met die rugkant van jou hand.

Volgende Blad »

Blog at WordPress.com.