mnr.muller

Januarie 28, 2009

In die bosveld: high tech room en buitelug gym

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 2:54 nm
Tags: , , , ,

Tussen die ruigtes, in ‘n sandpaadjie-kampterrein, is daar ‘n vertrek vol rekenaars wat as die final control room dien.  Daar beheer hulle die kamera-feeds en relay hulle die internet-vrae.

Die beste deel van die kampterrein is die buitelug gimnasium waar jy tussen bome, met ‘n ligte, koel reëntjie wat jou lawe, ongestoord ‘n smoke break kan vat tussendeur jou sit-ups.

100_3394    100_33631

In die bosveld: regstreeks en intyds

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 2:23 nm
Tags: , , , ,

Soos genoem in my vorige post verfilm die span van wildearth elke dag twee game drives en saai dit regstreeks uit.

Mense van regoor die wêreld beleef op dié manier ’n gedeelde bosveld avontuur, en via die chat rooms kan hulle vrae vra wat intyds beantwoord word.

100_3535    100_34021

Januarie 26, 2009

In die bosveld: kampterrein en www.wildearth.tv

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 10:52 vm
Tags: , , , , ,

My besoek aan Sabi Sands was meer as net ‘n vakansie.  Ek het ‘n bietjie gaan kuier by die intydse televisiespan van www.wildearth.tv.

Hulle (een persoon van Nederland, een van die VSA, een van Namibië, twee van die Shangaan-stat in die omtrek, en twee van die Wes-Kaap) verfilm en saai elke dag die dierelewe van Sabi Sands regstreeks uit op ‘n DSTV-kanaal (wat tans nog net in Europa en die VSA opsies is).

100_3392    n667820468_2168931_7914

Twee keer per dag vertrek die span op game drives met die videokamera agter op die jeep gemonteer.  Jy kan hulle op internet volg, deelneem aan die chat én vrae aanstuur aan die final control room, wat dan dit relay na Pieter of Rex.  Hulle beantwoord dit dan intyds op die lug tydens die game drive.

Bo- en behalwe die wildlife-werk wat hulle doen, help die crew ook uit by die nabygeleë rural village, Dixie.  (Hulle het die afgelope week $5000 gewen om water aan elke huishouding in dié dorpie te help verskaf!)

Dis ondernemings soos dié, opgestel in ‘n baie basiese kampterrein, met die minimum rekenaar- en kameratoerusting (en net een behoorlike jeep!), wat my entoesiasties maak oor TV 2.0.  Mense van regoor die wêreld, van alle ouderdomme sit op die rant van hulle stoele, op ‘n real life game drive, en soek met hulle oë gespits na luiperdwelpies in die ruigtes van die Afrika-bosveld.

Op die foto’s hierbo is die kampterrein, en my vriend, Herman (een van die kameramanne), met Pieter (gids/aanbieder) wat die vure aanblaas (hulle foto, vanaf facebook).

In die bosveld: aapstreke en skilpaddop

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 10:08 vm
Tags: , , ,

100_3485    100_3505

In Sabi Sands hoef jy nie altyd in die jeep te klim om wildlife te sien nie, die dierelewe (be)kruip en klouter die kampterrein onverstoord binne.

In die bosveld: olifant en blouwildebees

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 9:49 vm
Tags: , , ,

In die geilgroen-bosveld by Sabi Sands, in Mpumalanga, kan ‘n mens great diere sien.  Soms kruip hulle effens weg, soos die olifant hierso, maar ander kere is hulle in your face, soos met die blouwildebees:

100_35222    100_35072

Januarie 17, 2009

In die bosveld: steenbokkie en koedoe

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 4:52 nm
Tags: , , ,

As ek nou my feite reg het, is die steenbok die kleinste tipe bokkie in ons geweste.  Teenoor hom, is die koedoe ‘n reus.  Interessant is dat steenbokkies lewenslank met een wederhelf paar; ek vermoed die koedoe is effens minder getrou:

100_3519 100_3498

Januarie 16, 2009

In die bosveld: kolperde

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 4:36 nm
Tags: , , , ,

Die Djuma wildgebied by Sabi Sands het kameelperde: hulle hardloop lomp-elegant met hulle linker- en dan regterpote gelyk.  Nogals iets om te aanskou:

100_3463 100_3472

In die bosveld: miskruier en shongololo

Filed under: Wakkerstroom — mnr.muller @ 4:25 nm
Tags: ,

Laas Vrydag het ek met ‘n vriend opgery Mosselbaai toe, en daarvandaan met my vriend, Herman, na Sabi Sands in die Mpumalanga bosveld, met een oornagstop in Pretoria.

Vandat ek en Francois C ons Wakkerstroom roadtrip onderneem het, het die landskap baie verander: alles wat vaal was, is nou lowergroen en die bosveld hier is behoorlik dig begroei.

Ons internetverbinding is maar wisselvallig hierso, maar ek post solank ‘n foto of twee van die dierelewe wat ek hierso by die kamp afgeneem het:

100_34601 100_3423

Januarie 11, 2009

Seuntjie wat loer oor die rant en Vistermanseun

Filed under: Geverwery, Wakkerstroom — mnr.muller @ 6:09 nm

Ek is steeds besig met hierdie twee skilderye, maar ek post hulle maar solank:

seuntjie-loer-oor-bad vistermanseun

Vistermanseun staan tans op my esel.

Groenvrou en Sisifo

Filed under: Geverwery, Wakkerstroom — mnr.muller @ 6:04 nm

In drie vorige inskrywings het ek van my skildery-pogings gepost.  Hierso is nog twee: Groenvrou en Sisifo.

groenvrou sisifo

Volgende Blad »

Blog at WordPress.com.