Niks Vermoedende Administratiewe Beampte nr 35

Standard

My nuwe wolmat-kantoor het staalkabinette.  Ha, en dit het my nou al ‘n paar keer laat bontspring van statiese elektrisiteit-skokke.  My ma was reg, ek moenie my voete sleep nie!

Dit het my laat wonder wat die eerste admin-mense hiervan moes gedink het, in vervloeë tye voor “statiese elektrisiteit” ‘n naam gehad het.

Die verhaal van Niks Vermoedende Administratiewe Beampte nr 35 (NVAB 35)

Hier slenter Niks-Vermoedende-Administratiewe-Beampte nr 35, gedweë met sy tweede koppie tee aan’t slurp, rustig verby die ander cubicles om by sy tikmasjien nr 17 B te gaan sit.  Beleefd knik hy sy kop soos wat Administratiewe Beampte nr 36, die nuwe pos-dame met die kort rompie, bonsend verby-hup. En hierjy!  Onmiddellike skokterapie vir NVAB 35!

Dis mos nou ‘n hartseer storie!  Sku vir die res van sy administratiewe loopbaan, kruip NVAB 35 benoud agter ‘n hoop papiere agter sy dekwalmuurtjie weg, en ontwyk ten alle koste die koue, staal blik van die grinnikende Kabinet Oorsese Posstukke.

Maar soms, wanneer AB 36 onbeskaamd vooroor buk om die KOP te voer, sal NVAB 35 sy blesserwordende voorhoof vinnig by sy cubicle uitskiet, na sy asem snak, die reuk van haar oopknoop-bloes onthou, en weer terug in sy kantoorstoel sak.

En dis dan dat hy kan sweer dat hy Kabinet Oorsese Posstukke oopmond hoor lag.

5 responses »

  1. NVAB, ek het jou uiteindelik geäggregeer in my rss universum. Welkom! En dis ook vir my ‘n welkome afleiding en literêre plesiertjie.

  2. Pingback: Om sekretaris te wees | Being the secretariat « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s