Om te stut en hamer

Standaard

Ek beskou myself nie as ‘n digter nie, maar het die afgelope twee jaar die voorreg gehad om met ‘n ywerige aspirant-skrywer/digter, Ronnie Elliott, te werk.  Die volgende gedig het hy in graad 8 (standerd 6) geskryf ná ek hom ‘n bietjie van Breytenbach vertel het:

bedreiging van die onkundiges
vir Breyten Breytenbach
 
Meneer Breytenbach, meester van poësie soos ek dit ken,
vergun my om myself aan u voor te stel:
ek is die tienderjarige met die bruin oë
en blas vel en ek plaas my verstand onder ‘n juk
om vir u ‘n gedig te brou   soos byvoorbeeld:
jou woorde is karamel wat op my smaakkliere
sambokslaan
en jou metafore is melkfonteine
en jyself – ‘n Zeus op jou vakgebied
(met ‘n grys baard)
en met oë soos dié van ‘n perd
     
jou gedigte is ‘n rekreasieterrein vir my siel
en uit elke soete strofe
borrel daar pers suikerstroop
en ek teug aan die sap
van elke klank
en lettergreep
     
ja, waarlik,
die vrugte van jou handewerk
is ‘n tonikum vir my geestestoestand
en ek drink aan die sjampanje
wat jy op ‘n wit blad brou
     
orals in my kamer
praat die ink van jou pen met my
en ek verheug my
oor die klank
van jou
saffierstem
   
meneer, in feetjieland kan ek skryf soos jy;
wanneer ek slaap en my kop met my smokkel,
maar ek weet    en jy weet
dat dit bloot ‘n gogelary met my oë en verstand is
want in die lewe van tyd sal niemand u ooit kan namaak nie
 
Ronnie Elliott (27/08/2006)
      
Hy is die daaropvolgende jaar (laasjaar) ‘n goue sertifikaat (100%) hiervoor toegeken by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod.  Dis nie aldag dat jeugdiges intertekstualiteit pleeg nie!  Of hoe?
   
Advertisements

11 responses »

  1. Jy moet die gedig “Bedreiging van die siekes” deur Breyten Breytenbach saam met Ronnie se gedig lees – dan sal jy heeltemal die intertekstualiteit verstaan.

    Al wat ek as onderwyser gedoen het, was om saam met hom bogenoemde gedig te ontleed, en vir hom ‘n bietjie van Breytenbach se Zen Boeddhisme, ens. te vertel.

  2. Vlees van my vlees en bloed van my bloed, maar in eiewillige gees brou Ronnie woorde so soet (en minder soet) … sy talent is asem-nemend: so dankbaar dat jy dit raakgesien het, meer dankbaar dat jy hom blootstelling gegee het. Die rou diamant sal wel blink!

  3. Terug pieng: Ronnie, Breytenbach, en die getekende gedig « mnr.muller

  4. Leer julle die studente ook om gedigte soos bedreiging van die siekes te verstaan? Dan sou ek graag ook wou kom inskryf, want ek verstaan niks van goed soos sooie wat rou swart vleis is nie!

    Ek sien uit daarna om nog van Ronnie se gedigte te lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s