Xhosa #2

Standaard

Hierdie blog-les gaan oor sinne-skep in Xhosa (‘n deel van taalkunde wat Sintaksis genoem word).

Elke taal het verskillende tipe sinne:

  1. Bevelsinne    Hamba!    Loop!    Hambani!    Loop, julle!
  2. Stelsinne    Umfundi uyahamba.    Die leerder loop.
  3. Vraagsinne    Umfundi uhamba na?    Loop die leerder?

Al die bogenoemde sinne is in die teenwoordige tyd.

1.  Bevelsinne

As ‘n mens bevelsinne van naderby bekyk, dan sien ‘n mens dat jy – as jy vir een mens ‘n opdrag wil uitroep – bloot die werkwoord netso gebruik:    Baleka!    Hardloop!,  Phila!    Leef!,    Khaba!    Skop!.  Dis maklik.  As die werkwoord net een lettergreep kort is, soos -tya  wat “eet”, of -za wat “kom” beteken, dan gebruik ‘n mens ‘n Yi- vooraan die werkwoord om dit ‘n opdrag te maak:    Yitya!    Eet!

As jy vir meer as een persoon ‘n opdrag uitroep, voeg jy die agtervoegsel -ni wat “julle” beteken, aan:    Balekani!    Hardloop, julle!,    Philani!    Leef, julle!,    Khabani!    Skop, julle!.    Die kort enkellettergrepige werkwoorde, wat ‘n Yi-  vooraan moet kry, se meervoudsvorm werk dieselfde:  Yityani!    Eet, julle!,    Yizani!    Kom, julle!

Stelsinne en vraagsinne behandel ons ‘n volgende keer.

Skryf die volgende bevelsinne in Xhosa:

  1. Leer, julle!
  2. Bestuur!
  3. Kom!
  4. Bestuur, julle!

Watter ander bevelsinne wil jy in Xhosa kan sê?

Advertisements

2 responses »

  1. Hallo
    Jy het ‘n skakel op my werf gelos na ‘n artikel wat die wateraap-hipotese kritiseer, maar die skakel blyk nie te werk nie. Kan jy dit dalk weer daar plaas? Ek sal dit baie graag wil lees.
    Bedank.

  2. Terug pieng: Xhosa #5 « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s