Om te stut en hamer #2

Standaard

Hierso is ‘n tweede Ronnie Elliott-gedig.  Hy is ‘n leerder vir wie ek bietjie help gediggies skryf  het.  Hy het dit laasjaar, in graad 9 (standerd 7) geskryf.

Soos ’n duif in die nag

Maak maar toe jou ogies, my Linotsjka,
Hoor hoe krap die nag se baard teen die ruite
krkg syfer dit deur die swart
met die sterre wat nie klein/glad genoeg is om deur te kom nie
kyk maar vir hulle in die lug
so nou en dan sal een val
     en val
    en val
maar nooitooit klaar val nie –
maak maar toe jou ogies, Linotsjka van die nag, want
vir jóú
sal ek nie vir die wêreld wys nie, nee

hulle kan jou maar in my brousels woorde sien
en as hulle mal genoeg is, dit selfs uitmekaar uittrek en
afbreek en afkraak
(soos die Berlynsemuur)
hulle kan maar maak nét wat hulle wil
ek sal nóg woorde uitkots en selfs nóg!  (sodat)
die stank húlle ook naderhand aan ’t kots het
maar vir jou, my enigste, vir jou
sal ek altyd woorde vind
al grawe ek totdat die nag se swart heuning rooi en later blou raak
vir jou sal daar nooit ’n gevrotte kotsel wees nie,
maar ’n brousel van woorde wat handel miskien oor dalk die liefde
met liefde gemaak
soos ’n ma se kos
net die beste vir haar kroos
maar ek het ’n jy
so,

maak maar jou ogies toe, enigste Linotsjka,
want die moegheid sweer soos saagsels in jou oë
en vir jou
sal ek nimmerasnooit aan die nihilisme van die wêreld
en ook my wêreld
voorstel nie.

Ronnie Elliott
2007/05/18
 

Advertisements

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s