Xhosa #3

Standaard

Stelsinne 

Naamwoorde in Xhosa is belangrik.  Dit sien ons sodra ons stelsinne skryf.

Elke “ding” of “mens” (elke naamwoord dus) in Xhosa is in ‘n spesifieke naamwoordklas.  umfundi    leerder,  en  umbaleki    atleet,  is in die um-  naamwoordklas.  MAAR  indoda    man, en  ihashe    perd,  is onderskeidelik in die i- en li- naamwoordklasse.

Wanneer ons stelsinne in Xhosa maak, moet ons oplet in watter naamwoordklas die onderwerp (van die sin) is, sodat ons die regte onderwerpskakel voor die werkwoord kan aanlas:

  • Umfundi uyahamba.    Die leerder hy loop.  [die -ya- dui teenwoordige tyd aan]
  • Umhambi uyaqhuba.    Die atleet hy bestuur.
  • Indoda iyahamba.    Die man hy loop.
  • Ihashe liyabaleka.    Die perd hy hardloop.

Miskien, as jy bogenoemde sinne lees, verstaan jy nou hoekom die Afrikaans wat moedertaal Xhosa-sprekendes praat, dikwels die “oortollige” voornaamwoord (“hy”) bevat.

Let ook op dat daar m.b.t. die Xhosa voornaamskakels, geen onderskeid tussen hy of sy getref word nie:

  • Ndiyahamba.    Ek loop.
  • Uyahamba.    Jy of Hy/Sy loop.
  • Siyabaleka.    Ons hardloop.
  • Niyafunda.    Julle lees/leer.
  • Bayaqhuba.    Hulle bestuur.

Probeer nou die volgende sinne vertaal:

  1. Siyatya.
  2. Julle hardloop.
  3. Die man bestuur.
  4. Die perd leef.
  5. Umbaleki uyakhaba.

(Die vertalings sal later in die comments gepost word.)

Advertisements

3 responses »

  1. Nee, moenie vinniger gaan nie. Maar hierdie student moet nou ook eers bietjie eerlik wees. Toe ek klein was, het ek Xhosa redelik vlot gepraat, maar verleer met die jare. As ek fyn luister, tel ek soms nog die draad van die gesprek op. My pa praat vandag nog Xhose, Zulu en Sotho beter as die swartmense self. Hy is in Transkei gebore (Umtata) en grootgeword (is darem wit, hoor!) en kon Xhosa praat voordta hy kon Afrikaans praat.

    Ek kan my eie gat skop omdat ek nie die taal bly oefen het nie. Maar ek kan dit natuurlik glad nie skryf nie – so sal nou maar van vooraf leer by jou, ook om reg te skryf 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s