Life skills #2

Standard

Ek het hierdie blog begin met die idee dat ek miskien ‘n nuttige stel lesse kan post, veral vir die leerders by HS JvR vir wie ek nou aan die begin van 2008 vir die Universiteit van Stellenbosch verruil het.

Toevallig sal ek dan nou-en-dan iets “kreatiefs” ook kan post.

Sover gaan dit heel maklik met die Xhosa-lesse, dit verg min dinkwerk van my kant af om kort-brokkie lesse uit te dink – ek weet mos wat ek doen; ek het nou al vir verskeie mense bietjie-bietjies Xhosa geleer.  (Ek moet net nog soundclips uitfigure en ook post.)  Ek weet net nie of mense dit actually lees en/of interessant vind nie.

Maar Lewensoriëntering…  Dis nou ‘n anderste tipe vak.  Ene waarvoor ek nog nie ‘n volledige kurrikulum ooit uitgewerk het nie.  En hoe praat ek nou oor Persoonlike welsyn, Burgerskap, Ontspanning en fisiese welsyn, en Loopbane en loopbaankeuses, sonder om vervelig te wees?

Of te preek.

Ek wil allermins vir mense blog oor sielkundige terme (die vetgedrukte woorde in LO-handboeke) nie.  Ook wil ek nie so polities korrek blog dat politiek en demokrasie boring is nie.  Of tienerseks ontmoedig nie.

Ek wil great tips gee vir jongmense sodat hulle beter voorbereid is op die hele grootwordproses.

Nou hoe doen mens dit?  Watter lesse sou jy wou geleer het toe jy jonk was?

En, as jy ‘n secure (sonder ouers of kollegas in die omtrek) rekenaar het, wat dink jy van http://midwestteensexshow.com/?  Is daar van julle wat met my wil saamwerk om iets soortgelyks in Afrikaans te maak?  ‘n Prettige, no-nonsense videoreeks oor seks? 

Dink julle dis hoe ek die Lewensoriëntering-bloglesse moet benader?

One response »

  1. Hello

    Flip ek moes hierdie vroeer gelees het! Oor LO…

    Eerlikwaar is LO iets wat die hel uit my verveel het. Behalwe…wag behalwe… die ander LO periodes. Die kere wat dit anders was. Die rede is die keer wat ons iets anders as seks en MIV behandel het, was dit eintlik iets wat my aandag gegryp het. Veral oor die skool se gesagsstruktuur. Die handboek wat ons gebruik het, het heelwat ontoepaslike voorbeelde gebruik, iets wat dit vaag en onrealisties gemaak het, dooie voorbeelde so te se. Dink net aan watter kick dit aan LO te gee as die aanbiedingsmateriaal iets anders as die gewone 2D? Dit kan ‘n revolusionere spin op die gewonde LO gee. EK dink ook dis iets wat aan ander skole voorgestel kan word, as dit eers getoets word in ons eie skool en die toets pass.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s