Do it badly, but do it

Standaard

Ek het ‘n hele paar vriende, en ‘n familielid inkluis, wat besig is met hul doktorsgrade.

Van my kant af, sterkte!

Die hele proses van navorsing doen vir ‘n PhD: om ure alleen te sit, te wroeg met ander mense se literatuur; eie, onnodige proefnemings herhaaldelik te laat flop; onbetrokke promotors te probeer flous dat jy op die punt van ‘n deurbraak is, en om dan alles, sistematies volgens die tesis-patroon neer te skryf, is ‘n besonder frustrerende oefening.

Hoekom doen mense dit?

Sommige van my vriende wil dosente word.  Dus is dit nodig, ter wille van bevordering, om ‘n doktorsgraad agter (oftewel voor) hulle naam te kry.  ‘n Universiteit is immers ‘n navorsingsinstansie, so ‘n mens kan nie net ‘n glorified onderwyser wees nie – navorsing moet jou passie wees – jy moet op die cutting edge van jou vakgebied bly.

Hm.

Dit is vir my lekker om klas te gee.  Dis ook vir my lekker om op die hoogte te bly van wat aangaan.  Maar om konstant navorsing te doen…  Ek weet nie of ek genoeg in een spesifieke veld belangstel om al my tyd daaraan te wy nie.

Sommiges wil weg, uit die Akademie kom, maar soek nog steeds die titel.

Party het ‘n beurs en is nou te diep in die skuld om ‘n u-turn te kan maak.

Ander doen dit ter wille van die Navorsing. 

Aan almal, my innige simpatie!  Ek weet hoe dit is om ongemotiveerd voort te ploeter aan ‘n M-tesis.  ‘n Mens voel skuldig en pateties en raak depressed.  Om in ‘n akademiese veld na te vors, voel dit my, is ‘n baie “alleen” oefening.  Dis jy, jou tyd, jou inspanning, jou kreatiwiteit, en ek weet van min mense wat trots is/was op hulle eindproduk.

My enigste advies, wat ek van ‘n vriend gekry het wie se mantra dit vanjaar is, is:  Do it!  Do it badly, but do it!

Goeie akademici, glo ek, is van nature skepties, presies, en stel hoë standaarde en eise aan hulleself.  Dus, maak jouself asseblief tog los van jou OCD – net vir ‘n rukkie – sodat jy genoeg sinne op ‘n papier kry vir jou promotor om dit te kan kritiseer.

Kan ‘n mens nie eerder in groepies saamwerk aan ‘n PhD nie?  Hoekom is ons so obsessed in die akademie om één persoon alleen op te saal – en krediet te gee – vir sy/haar semi-oorspronklike gedagtes?  Kan twee mense mekaar nie makliker motiveer nie?

“Copy from one, it’s plagiarism; copy from two, it’s research.” (Wilson Mizner)

Wat dink jy, is ‘n “dr.” vooraan jou naam al die twyfel en selfmoord-gedagtes werd?

Advertisements

3 responses »

  1. Wel, ja, dis presies wat ek ook nou sit en dink het… In ander lande waar navorsing baie meer aandag (en fondse) geniet as hier in SA, werk nagraadse (en voorgraadse) studente saam (ook met hul promotors, wat gewoonlik die voortou neem) in somtyds groot spanne aan van die interessantste onderwerpe waaraan ‘n mens kan dink. Ek is egter onseker hoe elkeen op die ou einde sy eie tesis/dissertasie produseer uit so ‘n gesamentlike projek.

    Ek dink dis maar ons (agterlike) SA kultuur om dinge self te wil doen en op ons eie te werk. Baie mense besef nog nie dat dit wel voordelig is om verskillende talente saam te snoer nie.

  2. Jip, ek gaan nou al die goed deur wat jy hier beskryf. Die jirre weet hoekom. Maar ons doen wat ons moet doen, akkers kraak en sout van die aarde raak.

  3. Ek oorweeg nogal handdoek ingooi. Dis vir my ‘n vreeslik masturbatoriese oefening – PhD-navorsing, veral in die geesteswetenskappe. Ek sou eerder die tyd wou gebruik om ‘n boek te skryf, of iets groot tot die veld by te dra. Ek is bevrees die enigste doktorale verhandelinge wat regtig ‘n kans staan, is dié wat inkrementele, byna ignoreerbare bydraes tot hul veldgebied lewer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s