Monthly Archives: Februarie 2008

Toe, skryf vir my ‘n haikoe?

Standard

‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël.  Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig.

Hier is ‘n voorbeeld wat ek sommer uitgedink het:

Kom op ‘n reëndag

Kom drink bossietee en steel

die stoom se asem.

Die vaste metrum (ritme van die lettergrepe) en kompaktheid van dié tipe gediggie, dwing jou as skrywer om suinig met woorde, klanke en tema om te gaan.

(Eintlik bevat “reën” in my eerste versreël twee lettergrepe, hm, maar nou ja… ek interpreteer dit maar as ‘n enkele klankgreep, haha.)

So, gee dit ‘n shot!  Neem gou ‘n minuut of sewe en kyk of jy die gevoel wat jy nou voel, of die omgewing waarin jy tans is, kan beskryf.  Volgens die 5-7-5 formaat van ‘n haikoe.

Kovsies, humor en ‘n pot vol pis

Standard

My blog is nie juis ingestel op die sake van die dag nie.  Maar ‘n greep van die volgende video: http://www.dieburger.com/files/Universiteitsvideo.wmv het die afgelope twee dae opslae gemaak.  Slegs die laaste vier minute van die 10 minute is oor die internet en wêreldwyd oor televisienuus versprei.

Wat is jou opinie hierrondom?

As ‘n mens die hele 10 minute deurkyk, kom jy agter dat die vier minute-uittreksel nie ‘n juiste refleksie is van die gees waarin die hele video verfilm is nie.

Daarmee praat ek geensins die gedrag, onderliggende rassisme of sin van humor (of keuse van onderwerp) van die Kovsies se Reitz-koshuisinwoners goed nie.

Maar hoe moet studente wat ongewoond is aan integrasie (by Kovsies het die studente die afgelope paar jare aangedring om te bly in aparte koshuise vir wit en swart studente), oor die verpligte integrasie praat as hulle nie daarmee die spot kan dryf en dit verironiseer nie?

Hm.  Almal soek nou bloed.  Die ouens wat die video gemaak het se koppe moet rol.

Intussen woed chaos: http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.164694496.aspx

(Is dit nie ‘n sqweegy-bottel wat die ou links-onder sy t-hemp uitgehaal het nie?)

Xhosa #7 – nog naamwoorde

Standard

Dis tricky om vreemde woorde van ‘n nuwe taal te leer.  Ons begin met naamwoorde van liggaamsdele sodat jy self aan jou neus kan vat, die woord daarvoor hardop kan sê, die woord kan neerskryf en dit met assosiasies kan probeer onthou.  Haha, speel gerus simpel simon met jouself!

Leer lekker hard – hierdie woorde en Xhosa #6 s’n.  Die volgende les, Xhosa #8, gaan jou kennis toets!

intloko nobuso

The world don’t need Shakespeare as much as I thought

Standard

Miskien was ek naief, maar ek’t gedink dat – as jy regtig goed is in iets en dit passievol nastreef – dan sal mense jou geld gee om jouself ten volle daarin uit te leef.

Vandaar my studies in die humaniora en pedagogie (onderwys).

Hm.

Hoe is dit dan that the world don’t need Shakespeare as much as I thought…*

In ‘n wêreld wat werk met vraag en aanbod, verdien ‘n middelmatige geoktrooieerde rekenmeester altyd ‘n groter salaris as ‘n geniale digter/skrywer/liriekskrywer/onderwyser.

Daar is bloot nie ‘n vraag na mense om sulke passies uit te leef nie.  Die mark soek ouens wat bereid is om hulle eie drome opsy te skuif, en met middelmatige pligsgetrouheid sake-doelwitte na te jaag.

Werk blyk slegs ‘n middel tot ‘n doel te wees.  ‘n Manier van kos op die tafel kry.  Brood in die sweet van jou aanskyn verdien.

Dus was die beroepsvoorligter destyds reg:  word ‘n aktuaris, of ‘n ingenieur.  Want die wêreld wurg passie uit ‘n mens se lewe uit.  En trap op uitnemendheid.

Gmpf.  Moet als deesdae volgens ‘n besigheidsmodel (handelsretoriek) werk?

Is daar nie iets sielsverrykenders as kapitalisme nie?

Of moes ek eerder beroepsrugby gespeel het?

* ‘n reël uit ‘n song van die jazzerige sanger,  Jamie Cullum

Life skills #6 – wie is meer volwasse?

Standard

Voor ons verder gaan met die bespreking van die vierde Lewensoriënteringkwessie (die vorige drie het gegaan oor rook, drink en vloek), wil ek hê leerders moet die vraag hieronder vir die vyf verskillende scenario’s beantwoord:

Wie is meer volwasse?

  1. Die meisie wat haar sakgeld uitgee op sigarette en saam met haar vriende rook of die meisie wat haar sakgeld spaar en sonder rook kan sosialiseer?
  2. Die ou wat vyf biere kan down en nugter huis toe ry, of die ou wat drie drankies stadig geniet en ‘n lift reël as hy pub toe gaan?
  3. Die meisie wat in ‘n kort rompie sewe ouens in een aand vry, of die meisie wat rustig gesels met die twee interessante ouens en nuwe vriende maak?
  4. Die ou wat ‘n patchy donsbaard groei om ouer te lyk of die ou wat gereeld skeer en wag vir sy baard om digter te word?
  5. Die meisie wat haar onderwyser uitvloek, of die meisie wat geartikuleerd van haar onderwyser verskil?

Soms probeer tieners net ‘n bietjie te hard.

Of hoe dink jy?

Skoolleerders

Life skills #5 – jou ma se

Standard

Hierdie Lewensoriëntering blog-les sluit aan by die vorige twee wat handel oor social smoking en hoe om jouself nie moertoe te drink nie.

In breë trekke probeer ek ‘n gesprek fasiliteer oor verskillende fassette van ‘n tiener se persoonlike welsyn (een van die vier hooftema’s van die nuwe vak, Lewensoriëntering).

Vandag se hoërskoolleerders rook, drink, vloek en vry vir ‘n vale.  In dié les kyk ons na die effek van ‘n vuilbek fokken gevloekery.

Hoekom vloek mense?

Kragwoorde kom in elke taal voor.  Mense het soms nodig om iets onvanpas en kragtig te skree wanneer hulle hul toon stamp, of wanneer hulle op ‘n persoon wil skree (uit frustrasie of woede).

Party vloekwoorde stam van die weer af:  Bliksem!  Donder!  Party van geloof af:  Hel! God!  Here!  Jirre!  Hemeltjie!  Ag vader!  Party van seks:  Fok!  Neuk!  Poes!  Naai!  Moer!*  Party van die dierewêreld:  Teef!  Bitch!  Vark!  Party van die skatelogie (toilet-toe-gaan-woorde):  Jou gat!  Kak!  Piss off!  Party van ras/kultuur/etnisiteit:  Boer!  Hotnot!  Coolie!  Kaffer!  Coconut!  ens.  Tipies is dit woorde wat in normale geselskap taboe (onvanpas) sal wees.

* Vlieg in jou moer in! kom aanvanklik van Nederlands af en het beteken Vlieg terug in jou moeder se baarmoeder in!  d.w.s. jy spreek nogals ‘n kwaai vloek oor iemand uit:  jy verwens hom in sy ongebore staat in.

Hoekom vloek sommige mense konstant? 

Dis een ding om elke nou en dan met ‘n toonstamp ‘n lelike woord te sê, maar party mense, veral jongmense, vloek elke tweede woord.  Lees gerus my parodie op die sprokie Hansie en Grietjie wat daarmee die spot dryf.

Wanneer ‘n mens vanaf kindwees beweeg na grootmenswees, is daar dikwels die behoefte om alreeds as volwasse beskou te word.  Jy wil selfstandig wees en jou eie baas.  Jy wil grootmenstaal gebruik en jou verset teen laerskooltaal.

Tipies sou jy op laerskoolgronde berispe word as jy lelik praat – jou eie maatjies sal jou verklik, maar in die hoërskool is hierdie tipe teenkanting teen soet-skoolkindjie-wees-taal normaal.  Tawwe ouens in die flieks vloek.  Jou sport coach vloek.  Jou vriende vloek.

Omdat jy nie gewoond is daaraan om vloekwoorde sommer orals te hoor nie, kan dit vrek snaaks wees.  Jis, die toets is gay.  Jirre, sy’t mooi bene.  Fokkit, Pietie is ‘n doos.  Deur af-en-toe ‘n vloekwoord in te span, kan jy volwasse en snaaks klink sonder veel moeite. 

Oftewel, so dink jy.

Hoekom ouens wat konstant vloek dose is

As jy nie meer tiener is nie, maar netmooi ‘n bietjie ouer, dan lag jy vir die kindertjies wat mekaar met hulle vuil gedagtes en spoegwoorde probeer beindruk.  Die kenmerk van volwassenheid is nie om gereeld en op onvanpaste tye erge vloekwoorde te gebruik nie, Bloedpoes!, maar om genuanseerd jouself te kan uitdruk.

Genuanseerd beteken om baie presies te kan onderskei tussen dinge wat baie amper dieselfde is, maar tog effentjies van mekaar verskil.  D.w.s. as jy jouself genuanseerd uitdruk oor ‘n fliek, dan sal jy nie meer sê: Fokkit, dit was kak!  en jou vriend  Jis, dit was piss cool!  nie.  Julle sal eerder uitwys dat die storielyn sleg was, maar die special effects goed, en die sound track oraait.  Vloekwoorde help nie juis om dit wat jy wil sê, duideliker te stel nie.  Dit word stop-elemente (soos die oormatige gebruik van die woordjie, nè).

Hoekom mense minder moet vloek

Daar is volgens my vier redes waarom mense eerder minder moet vloek.  As jy vloek, dan kan jy:

  1. mense regtig offend en/of laat sleg voel, sonder dat jy dit noodwendig bedoel
  2. jou vlak van denke verlaag – vloek laat jou dommer klink, en minder krities wees oor dinge en mense rondom jou
  3. vir baie lank aanhou snaaks bly nie – fok, as jy elke fokken ding probeer fokken afmaak as ‘n fokken grap deur fucked up dinge te sê, gaan mense nie vir lank dink jy’s befok nie
  4. nie meer soveel impak met ‘n vloekwoord hê nie – slegs as jy selde vloek, het ‘n vloekwoord uit jou mond enige krag

Anyway, dis maar net my opinie oor vloek – dalk dink jy dis befok en regtig die shit.  Wat’s jou opinie?  Maak vloek jou dom?

Xhosa #6 – umzimba

Standard

Soos jy in die eerste Xhosa-les gelees het, is naamwoorde (dinge) in Xhosa baie belangrik.  Vandag kan jy elf nuwe naamwoorde leer.  Probeer om assosiasies te tref – skryf die woord uit, teken ‘n prentjie, en vryf jou knieskyf terwyl jy  idolo  hardop sê.  Sterkte!

umzimba