Tien redes hoekom ek van my nuwe kantoor hou

Standard

Ek hou van my nuwe kantoor.  Hier is tien redes:

  1. My kantoor is binne 7 minute stapafstand van my woonstel (en daar is geen bulte/heuwels/berge tussenin nie).
  2. Ek kan jeans aantrek werk toe (en hoef nooit meer das te dra nie).
  3. My kantoor het lugverkoeling (en ek het die remote!).
  4. Ek het onbeperkte internettoegang (behalwe vir load shedding). 
  5. My vyf kollegas glo in teetyd, oftewel -tye: 10h10 en 15h10 elke dag.
  6. Die staalkabinette skok my nie meer nie (dit staan nou weg van die deur).
  7. My werk begin flexi-tyd tussen 8h00 en 9h00 (nie elke oggend 7h40 nie).
  8. Ek sit langs vensters wat kan oopmaak en kyk uit op die bome van Victoriastraat (en daar’s berge in die verte).
  9. Hier’s ‘n verskeidenheid skryfbehoeftes, kleurprinters, scanners, shredders, potloodskerpmakers (en twee sekretaresses met ‘n skryfbehoeftekas).
  10. Die vullisdrommetjies word elke dag skoongemaak.

Aah, heerlik.  Nou net nog 31 jaar of so, dan kan ek aftree!

10 responses »

  1. Klink soos Eutopia – veral die Victoriastraat-view. Nou verstaan ek waar al my studentegelde heen verdwyn het, waaraan ek nou nog moet afbetaal deur elke dag 2 uur op die pad te sit en dan heeldag na ‘n komperskerm moet staar in my semi-cubicle.😉

  2. Dink weer…

    1. Jy gaan te min oefening kry.
    2. Jy gaan nie meer ‘n Meneer wees met jeans nie.
    3. Jy gaan die vermoë verloor om uiterste temperature te kan weerstaan.
    4. Dekadent, baie sleg.
    5. Van sit en staan kom min gedaan.
    6. Jy gaan steeds die stryd moet voer vir die status wat houtkabinette meebring.
    7. Jou slaappatroon is in sy maai.
    8. ‘n Duisend vlieënde pestilensies sal jou infesteer.
    9. Die twee sekretaresses sal jou in die moeilikheid bring.
    10. Die nota wat jy gister weggegooi het en nou weer nodig het, is weg.

    Maar probeer dit geniet! Ek hoop net nie jy’t die stingy pos aanvaar wat Johan geadverteer het nie.

  3. Pingback: lê die leë spasies nou verlore « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s