Leierskap #2 – pubs! en impetus!

Standard

Ek het gistraand ‘n baie aangename ervaring gehad toe ek uitgenooi is na ‘n pub-opening by my universiteitskoshuis van jare terug.

Nie net was die whisky besonder goedkoop nie, maar die koshuis se kuierplek is vergroot tot ‘n huge lokaal, met badkamers binne, groot kroeg-toonbanke en selfs ‘n verhoog.

Die aangename ervaring was dat dié droom van donkiejare terug uiteindelik (sistematies) kon realiseer het, omdat die projek suksesvol oorgegee is vanaf die aanvanklike inisiëerders tot ‘n ywerige kuierkroegman, en uiteindelik tot ‘n hardwerkende huiskomiteelid wat al die katte se sterte geknoop het ( in samewerking met oud-inwoners).

Gewoonlik sukkel studenteleierskap met sulke langertermyn projekte, juis omdat daar min kontinuiteit vanaf die een jaar na die volgende is.  Die grootste les wat ek in my “goeie ou dae” geleer het, was dat ‘n mens se grootste verantwoordelikheid binne ‘n vlugtige leierskapsisteem, nie net is om die idee/visie te formuleer en hard te werk om dit te verwesenlik nie, maar om die impetus (die ywer) oor te gee aan die generasies wat na jou kom.

Op skoolvlak dink ek ook ‘n leier se taak is nie bloot om ‘n goeie Valentynsbal te reël nie, maar om seker te maak dat daar ‘n verbeterde rigting is waarin die dans “beweeg” en dat daar met wetenskaplike verslagdoening (kriteria waaraan jy die sukses kan meet) ‘n “idee” oorgegee kan word aan ‘n komitee wat bestaan uit verskillende jaargroepe.

Daar is heelwat modelle waarvolgens leierskap gedefiniëer kan word.  Dikwels verwys mense na ‘n persoon as ‘n leier weens sy fisiese kwaliteite (grootte, praatvermoë, statuur).  Soms is ‘n persoon outomaties ‘n leier weens sy/haar posisie (hoofmeisie, primarius, afdelingshoof).  Ek verkies die breër beskouing dat enigiemand ‘n leier kan wees as hy/sy doen wat die situasie vereis.

Die pub het nie gerealiseer omdat die ouens wat dit gedryf het imposante rugbymanne was nie; ook nie omdat hulle almal in leiersposisies was nie, maar omdat hulle op die regte tyd en plek die regte hoeveelheid effort ingesit het om ‘n visie te realiseer.

As jy dus kort is en hakkel, nie deel is van die VRL nie, maar steeds sien dat die situasie ‘n sekere klomp effort vereis, dan kan jy leiding neem, ongeag.  As jy ‘n normale landsburger is en sien daar kort recycling bins in julle omgewing… dan kan jy leiding neem.

Vantevore, veral in Afrikaanse kringe, is leierskap “uitgekontrakteer” aan verkose kandidate.  Mense het gestaan vir posisies van leierskap, omdat dit status aan hulle verleen het in die vorm van ‘n wynrooi baadjie (of ‘n prefek-balkie).  In ruil daarvoor moes hulle dan sekere operasionele take verrig: die valentynsbal reël en die graad 8’s (of eerstejaarstudente) inlyf/doop/oriënteer, of hopelik deesdae: verwelkom.

Binne ‘n demokratiese bestel word alledaagse mense egter juis bemagtig om leiding te neem waar die situasie dit vereis, en moet die verkose amptenare eerder ‘n fasilitering- en verteenwoordigingsrol vervul.

So, watter projek gaan jy aanpak om van die onmiddellike wêreld om jou ‘n beter plek te maak?  Hm?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s