die uwe, Simeon Wollenberg

Standaard

Hm… dit sal werk, dink hy en skryf “Simeon Wollenberg” in groot, dik letters met ‘n permanent marker op die wit plakkertjiespapier.

Hy weet daar is twee maniere om onopvallend te wees:

  1. wees heeltemal gemiddeld: average lengte, donkerbruin hare, vae uitdrukking, maak asof jy rekeningkunde swot, dra jeans en ‘n t-hemp; blend in.
  2. wees totaal over the top eksentriek met pienk hare en ‘n kleurvolle broek, loud en verstrooid – enige “karakter” wat aandag van die ware jy sal aftrek.

Albei maniere is effektief, maar obviously is die tweede metode waaghalsiger en, vir hom, baie meer pret.

Dis nie dat hy werklik krimineel van aard is nie.  Regtig, hy is ‘n goeie siel.  Dis net meer pret om mense af en toe te kul – en om te kyk met watter skandalige gedrag hy met hierdie truuk kan wegkom.

Vandag gaan hy weer sy Nederlandsche, verstrooide professor, dr Simeon Wollenberg, in die lewe roep.  Hy het ‘n snor wat hy kan vasplak, ‘n oudtydse koerantverkoperskeps, ‘n roesoranje trui en ‘n krapperige broek.  Laas keer het hy ‘n blokkiesbaadjie gedra.  Die dikraambril se lense is plastiek, maar dit lyk eg.

As iemand hom iets vra, antwoord hy verstrooid in ‘n fake Hollandsche aksent.  Dis vir hom heerlik om veral absurde vrae te vra, soos “Waar is de koemelk?”.

Simeon Wollenberg, dink hy, is ‘n goeie karakter.  Half neuroties, teruggetrokke, en heluit skelm.

Ja, dink hy, vandag gaat hij naar checkers toe lopen – hij wat heer Simeon Wollenberg van de plaats Rotterdam heet.

En ja, vandag kry hy gratis lunch.

Advertisements

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s