Xhosa #5

Standard

Gou weer tyd vir ‘n Xhosa-les!

‘n Mens moet darem kan hallo en koebaai sê in enige taal – ook in Xhosa.  Nou destyds toe die boere daarso by die xhosa’s aangekom het, en almal nog vreedsaam aan weerskante van die rivier gebly het, het die Xhosa’s ‘n snaakse sêding van daardie Afrikaanse omies oorgeneem – die gebruik om, tesame met ‘n handwuif, vir iemand “môre” te sê.

  • Môre Jan    Molo Jan
  • Môre Piet    Molo Piet
  • Môre Xolisa    Molo Xholisa

Haha, maklik nè?  Die wonder van kruisbestuiwing, darem!  Hierdie idee van  Molo!  wat Hallo! vir een mens beteken, het daartoe gelei dat goeiedag vir meer as een mens  Moloni!    Hallo, julle!  (kyk Xhosa #2) geword het.  Hierdie  Moloni  het geassimileer tot Molweni  wat vandag Hallo (vir meer as een mens) beteken.   {Sê ‘n paar keer  moloni  hardop, en vergelyk dit met  molweni.  Laasgenoemde sê definitief makliker en vorm lekkerder in die mond.}

  • Môre Jan en Piet!    Molweni Jan noPiet!
  • Hallo leerders!    Molweni bafundi!    [leerders = abafundi, maar die eerste letter val weg as iemand direk aangespreek word.  So ook is Jan eintlik in die u-klas, d.w.s   uJan]

Die werkwoord -phila  ken julle mos.  Dit beteken “leef”.  Jy ken ook die vraagwoord  njani…?  wat hoe…? beteken.  As jy wil vra: “Hoe gaan dit met jou?” sal jy in Xhosa vra “Leef jy nog?” of “Hoe is dit?” (“Hoezit?”):

  • Usaphila?    Leef jy nog?  [Letterlik vertaal: Jy nog leef?]
  • Kunjani?    Dit is hoe?  [Die Ku-  is ‘n algemene “Dit is…”]

Om te antwoord hierop is maklik… maar jy kan self indink dat daar in elke taal ‘n klomp variasies is om elke denkbare gemoedstoestand te beskryf.  Hey, nee ou, dit gaan so-so.  Jis, goed man, en jy?  Wragtag, kakker kan dit nie vandag nie.  Die lys is legio.

‘n Baie standaard antwoord in Xhosa is om te sê:

  • Hayi, ndisaphila, enkosi!    Nee, ek leef nog, dankie!

Ukubulisa

Gaan soek ‘n paar Xhosa-sprekendes op hierdie week en kyk of jy vertalings vir die ag speech bubbles in die .jpg file hierbo in die hande kan kry!

  • Hamba kakuhle!    Mooi loop!  (d.w.s.  Totsiens)

7 responses »

  1. Ek kan net no 1 en 4 van die speech bubbles behoorlik lees, so ek kan nie my huiswerk doen nie!

    Maar kom ek skryf vir jou iets in Xhosa, dan vertaal jy dit vir my.😆

    Ukufunda isiXhosa kulula, kuba ndifunda kakuhle.

  2. Okay, jy wen. Ek gaan probeer.😉

    1. More Xoliswa! Leef jy nog?
    2. Ja, more Mncedi! Nee, ek leef nog, dankie. En jy, leef jy nog?
    3. Nee, daar is niks leliks nie (m.a.w. “Dit gaan goed” – ek is bietjie onseker oor hierdie vertaling)
    4. More julle!
    5. More boetie! Hoe gaan dit met jou? Wat is jou naam? Wat is jou van?
    6. Ja, more boetie. Nee, ek leef nog, dankie. My naam is Cacisa. My van is Dlamini. Wat is jou naam?
    7. Nee, my naam is Mncedi.
    8. Bly mooi Mncedi en Caciso! Ons sal mekaar weer sien.

  3. Dit wat jy hierbo opgesom het, is alles wat ek in Xhosa kan se^. Behalwe soms as mense my vra “Usaphila” dan se^ ek “Hayi, akukonto imbi gonke namhlanje” (wat obviously hier verkeerd gespel is). Ek het nie ‘n clue wat dit beteken nie, maar dis lekker om te se^.

  4. Haha, dis my gunsteling sê-ding ook, Bertus!

    Die regte skryfwyse is: “Hayi, akukho nto imbi konke namhlanje.”

    Hayi = Nee
    kukho = daar is
    akukho = daar is nie
    into = ding
    imbi = dit (in hierdie geval die ding) is sleg
    -onke = in die geheel
    namhlanje = vandag

    D.w.s: Nee, daar’s glad niks slegs vandag nie, oftewel: Nee, kan nie kla nie.

  5. steel jy die borrelprentjies iewers anders of het jy dit self aanmekaar geflans?
    (ek’t aanvaar jy kry dit elders, maar die JvR das laat my nou wonder… )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s