Daily Archives: Februarie 17, 2008

tee met Copernicus? …of stadig oor die klippertjies!

Standaard

Terwyl ek in Victoriastraat afstap, dink ek by myself:  Sal dit nie lekker wees om ‘n Romeinse padbouer hier rond te wys nie!

Die man sal homself verwonder aan die gladde, duursame swart oppervlakte genaamd teer.  Hy sal kniel en die reëlmatige vorm van die baksteen ontleed, en hy sal opgewonde draf na die cobble stones wat hy in die voetoorgange herken.

In standerd twee, onthou ek, moes ek ‘n vorm invul wat iets gevra het soos:  As jy ‘n persoon vanuit die verlede kon nooi, wie sou dit wees en waaroor sal julle gesels?

Ek het ‘n paar antwoorde gehad:

  1. Leonardo da Vinci sal ek by die lughawe wil ontmoet en kyk hoe hy homself vergaap aan die vliegtuie wat opstyg.  Ek sou met hom wou gesels oor die verwantskap tussen die wetenskap en kuns.
  2. Ek sal met die man genaamd Jesus in die Grootte Kerk wil gesels oor God.  (Bertus!, jy kan ons join as jy wil.)
  3. Ek sou Copernicus (en Galileo) oornooi planetarium toe (of opvat in ‘n ruimtetuig) en die ronde aarde vanuit die hemelruim wys en lag oor die mense wat gedink het die aarde is plat.

Die ander dag toe ek deur die Kaapstadse Waterkant drentel, grinnik ek en dink hoe lekker dit sou wees om met Hitler deur dié kosmopolitaanse gewemel rond te stap.  Sou hy kon insien dat multi-kulturalisme goed kan wees?  Hm…

Met watter geskiedkundige persoon/historiese figuur sou jy ‘n gesprek wou voer?

Advertisements