tee met Copernicus? …of stadig oor die klippertjies!

Standard

Terwyl ek in Victoriastraat afstap, dink ek by myself:  Sal dit nie lekker wees om ‘n Romeinse padbouer hier rond te wys nie!

Die man sal homself verwonder aan die gladde, duursame swart oppervlakte genaamd teer.  Hy sal kniel en die reëlmatige vorm van die baksteen ontleed, en hy sal opgewonde draf na die cobble stones wat hy in die voetoorgange herken.

In standerd twee, onthou ek, moes ek ‘n vorm invul wat iets gevra het soos:  As jy ‘n persoon vanuit die verlede kon nooi, wie sou dit wees en waaroor sal julle gesels?

Ek het ‘n paar antwoorde gehad:

  1. Leonardo da Vinci sal ek by die lughawe wil ontmoet en kyk hoe hy homself vergaap aan die vliegtuie wat opstyg.  Ek sou met hom wou gesels oor die verwantskap tussen die wetenskap en kuns.
  2. Ek sal met die man genaamd Jesus in die Grootte Kerk wil gesels oor God.  (Bertus!, jy kan ons join as jy wil.)
  3. Ek sou Copernicus (en Galileo) oornooi planetarium toe (of opvat in ‘n ruimtetuig) en die ronde aarde vanuit die hemelruim wys en lag oor die mense wat gedink het die aarde is plat.

Die ander dag toe ek deur die Kaapstadse Waterkant drentel, grinnik ek en dink hoe lekker dit sou wees om met Hitler deur dié kosmopolitaanse gewemel rond te stap.  Sou hy kon insien dat multi-kulturalisme goed kan wees?  Hm…

Met watter geskiedkundige persoon/historiese figuur sou jy ‘n gesprek wou voer?

3 responses »

  1. Interessante onderwerp! Ek dink net jou Romeinse padbouer gaan vir jou sê die duursame swart oppervlak gaan nie hou onder die strydwaens se wiele nie. En pasop dat hy nie na vakmanskap begin oplet nie!

    Ek sal graag met die eerste Amerikaanse liedjieskrywer wil gesels: Stephen Foster, of as hy nie beskikbaar is nie, Woody Guthrie. Of nee, wag, wat van ons eie oom Chris Blignaut…

  2. Defenitief met Charles Darwin, want toe hy sy werke geskryf het was hy nie bewus van Mendel se werk oor genetika nie, en tog is dit fantasties dat hy wel met natuurlike seleksie vorendag gekom het, sonder enige insae van genetika, voorwaar fenominaal.
    Ek sou baie graag met hom wou sit en praat oor hoe vreeslik ver ons gekom het met die genetika.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s