Fietsresies teen die geelhempies/die ketting slinger grrrrshh

Standaard

Die sweet tap stringe by my rugstring af.  Ek trap verwoed.  Stip voor my kyk ek vir slaggate in die pad.  Niks hierso nie.  Eers later by die groot boom.

Die oggend ruik vars.  Plataanbome.  Koel.  Ek beur opdraend.   Die ketting slinger grrrrshh.

Voor my, ver, is daar twee fietsryers.  Doer.  Te ver eintlik.  Dis ‘n challenge.  Asem in.  Ek trap lat dit bars.  Opdraend.  Diep uit.

Vir ‘n kort stukkie is dit effens afdraend – hemels, gevolg deur ‘n klein bultjie weer – so dat ek die twee fietryers elke nou en dan uit my sig verloor.  Maar ek haal in.  Trap hard.  Rooi en silwer helmets.  Geel hemde.  Geen genade.

Voor by die reuse akkerboom.  Versigtig.  Groot slaggat.  Loer oor skouer.  Skoon.  Middel pad.  Moet inhaal voor wyn-af-pad.

By die groot swaai-draaie, neem die verkeer toe – die karre is vroegmôre ongedurig om dié draaie en ‘n mens moet maar op jou pasoppens wees.  Maar ek kan sien hoe steek ek hulle nog verby.  By die stegie.  Voor regs.  Indraai.  Amper daar.  Nou of nooit.   Die laaste sprint.  Die afdraend langs die wingerde voor is die eindstreep.  Voor dan.

Ek sak my kop.  Trap.  My bo-bene en kuite trek styf.  Hou uit.  Amper.  Amper.  Komaan!  Just do it op rooihelmet se rug!

Maar dan, net voor die hoogtepunt van ons resies, gaan staan die twee geelhemp-fietse stil…  en steek silwerhelmet sy regterarm langsaam uit…  waggel effens…  kyk regs… en draai saam met rooihelmet by ‘n kantpaadjie op.  Op.  Albei 20m voor die eindstreep weg.

My borskas brand; my bene pyn.  Langs die wingerd steek die wind koud op teen my gesig.  En moeg gly ek glad teen die afdraend af.  Af.  Afgewen.

Advertisements

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s