Dis goed om soms kaalvoet te stap.
Nie op bloedwarm dae lat jy blase kry, of tussen die duwweltjies in die gras, of op die stadsypaadjies vol glas nie… maar op ‘n normale sonskyn-brieswindjie-dalk-selfs-effens-bewolkte-amper-reënerige dag.
Dis goed om net die pas waarteen jy stap, te verstadig; en die span van jou aandag te rig op jou volgende tree.
Stap is so dikwels ‘n means to an end oefening. Maar om af en toe weer bewus te word van die tekstuur van teer, die klippertjies in die pad, die klossie gras, en die growwe sand by die strand is goed, voel ek.
Of miskien voel ek net so, omdat my plakkies tans stukkend is.
Advertisements
Daar is niks beter as drentel nie, behalwe wanneer jy dit met ‘n vriend doen.
Ek hoop nie jou baas vind uit van die daaglikse faceblog nie.
sjuut! moenie vir hom sê nie!
haha, moet jy met wellington boots myne toe stap?
Egoli boots, maar my steel-tips het in die koshuis gesneuwel.
‘n Mens moet natuurlik jou roete ook dikwels noodgedwonge wysig as ‘n besonder aantreklike nooi jou pad kruis… 😉
Skoene is ‘n euwel – ek HAAT skoene. Dis eerste wat waai as ek nie werk nie of nie kerk nie of nie winkel nie.
ek was altyd ‘n kaalvoetmens. is nog steeds.
maar om persoonlike redes haat ek dit ook skielik.
Verlang ek nou na kind wees… na n goeie reen storm het my ma, broer en ek skone uitgetrek en langs die pad daar waar die water reviertjies maak gestap, gespeel, en ons sop nat gelag… 😀