Life skills #4 – drink jouself moertoe

Standard

In die vorige life skills post het ek genoem dat ‘n mens uit leerders se facebook feeds kan aflei dat hulle al van jonks af rook, drink, vloek en vry.

Laas het ons oor social smoking gesels; in vandag se blog-les praat ons oor alkoholgebruik en hoe om jouself nie moertoe te drink nie.

Ouers, family en vriende

Die meeste grootmense drink socially.  Jou pa en ooms gryp na ‘n biertjie om die vuurtjie wanneer hulle vleisbraai en grappies maak, jou broer en sy pelle drink brandewyn en coke na ‘n krieket game, jou oupa drink whisky op ys net voor hy gaan slaap, jou suster soet vodka-vrugtesap as sy saam met haar vriendinne kuier, en jou ma ‘n ligte, droeë witwyntjie, of rosé saam met ete. 

Baie mense gebruik selde of nooit alkohol nie en hou meer van vrugtesap en gaskoeldrank, water, koffie en tee.  Party mense drink nie, omdat hulle geloof dit verbied.  Party omdat dit baie goedkoper uitwerk.  Party omdat hulle geneigd is om nie te kan ophou as hulle eers begin het nie.  To each his own.

Hoekom drink mense enigsins?

Mense drink omdat dit vir hulle lekker is.  Alhoewel jy miskien meer hou van milkshakes en coke, en gril vir die bitter smaak van koffie of bier, is daar baie smake wat vir mense lekkerder raak namate hulle ouer word.

‘n Drankie wat alkohol bevat, het ‘n ligte kalmerende/verdowende invloed op die sentrale senuweestelsel, wat dit veral vir ‘n gekuier tussen grootmense aangenaam maak, omdat dit almal help ontlaai (van stress by die werk, ens.) en losser, oper gesprekke kan laat voer.  (‘n Mens kan natuurlik netso goed daarsonder ontspan.)

Met wyn en whisky kan ‘n mens tydens die gistingsproses ‘n hele reeks komplekse geure vasvang deur die drank vir jare in houtvate te laat lê – en vir heelwat mense is dit ‘n absolute plesier om hulle in dié smake te verkneukel.  Self hou ek van die smoky smaak van sekere whiskies.

Is dit normaal om te wil proe?

Kinders is van nature nuuskierig oor alles wat rondom hulle aangaan.  Hulle is veral nuuskierig oor wat grootmense doen, en wat ouens wat net ‘n bietjie ouer as hulleself is, aanvang.  Dis deel van die menslike ontwikkelingsproses.  Dis dus nie ongewoon dat ‘n laerskoolkind skelm ‘n bier uit ‘n yskas sal steel, ‘n slukkie neem, sy gesig trek, die res by die drein afgooi, en wonder hoe om van die bottel ontslae te raak, nie.

As jy al van kleins af blootgestel is/word aan alkohol, en miskien ‘n bietjie likeur na ‘n sondagmaal, ‘n glasie vonkelwyn by ‘n troue, of ‘n slukkie nagmaalwyn in die kerk, geniet/geniet het, is jy miskien glad nie so geinteresseerd in drank nie; dis ook normaal.

Party mense vang dadelik ‘n liking in rooiwyn, maar verpes ‘n sekere kultivar.  Hoe meer blootstelling jy mettertyd kry, hoe kieskeuriger sal jy waarskynlik raak.

Om te drink tot jy kots

Die probleem met drank is dat jongmense dikwels kuier met die uitsluitlike doel om dronk te word.  Hulle doen dit as ‘n aktiwiteit sigself, want dis maklik om te beplan: koop drank; nooi vriende.  Dis iets om ‘n klomp mense (of dit net ‘n klompie pelle saam is, of ‘n huge house party met ouens én meisies is) saam te bind.

En alkohol is ‘n verdowingsmiddel – ‘n dwelm wat jou senuweestelsel aantas.  Dus, as dit jou hoof-mission is om dronk te word, dan hou jy waarskynlik van die newe-effekte wat dit oplewer: 

Een vir een verloor jy die normale gebruik van jou liggaamsfunksies.  Jy sien goed blurry, jou tong knoop oor maklike frases, jou gedagtes raak foggy, jy raak uit sync uit met jou bewegings, ens.  

As jy heelwat drink, gaan jou fyn motoriese vaardighede (soos jou hand-oog koördinasie en jou spraak-vermoë) daarmee heen, dan jou groot motoriese vaardighede (soos jou balans), en uiteindelik gaan jou liggaam in een van twee vergiftigingstoestande in: of jou liggaam forseer jou om op te gooi (om van die gifstowwe ontslae te probeer raak), of jy pass uit (wat jou verhoed om verdere skade aan jouself aan te rig).

Maar alhoewel dit ‘n ervaring opsigself is, is dit nie spesifiek lekker om onbeheersd dronk te raak en met ‘n hoofpyn die volgende dag wakker te word nie; mense geniet meer die kuier-aspek, en die verloor van inhibisies (skaam wees).  Party ouens sweer daarop dat dit hulle lekkerder laat dans.

So hoe drink mens socially sonder om moertoe te raak?

Wel, min mense drink aspris totdat hulle uitpass.  Daar is enkele mense wat drank uit-en-uit as ‘n dwelmmiddel gebruik en verslaaf is aan die nie-meer-omgee-nie gevoel wat dronkenskap vir ‘n mens gee.  Maar by jongmense is dit meestal die geval dat ouens net nie lekker weet wanneer om op te hou drink nie.

Jy kom by ‘n partytjie aan, daar is vodka wat jy nie proe nie in die punch, jy drink ‘n hunters dry om te probeer groot lyk, drink nog ene, en nog ‘n bietjie punch – en dan het jy, sonder dat jy dit besef, te veel alkohol in jou bloedstroom om kop te hou.

So, pas maar op en volg van hierdie reëls:

  1. Koop jou eie drank – weet wat jy drink en hoe sterk die stuff is wat jy inneem.
  2. Gaan gereeld badkamer toe en drink baie water tussendeur.  Na elke shot vodka of bier moet jy ten minste ‘n glas water drink om jou liggaam ‘n fighting chance te gee.  Jy sal steeds lekker mellow raak, maar langer kan uithou en minder sleg voel die volgende oggend.
  3. Kuier met ouens op wie jy regtig kan vertrou.
  4. Skink halwe glasies.  Dan lyk dit asof jy heeltyd kuier, en altyd ‘n drink in jou hand het en dan bodder ouens nie om die heeltyd jou te laat down nie.
  5. Moenie iets randoms vinnig afsluk nie.  Een strafdop kan jou binne sekondes laat uitpass en jou in die hospitaal laat beland – dis nie lekker om by jou 21st in ‘n medi-Clinic ingeboek te word nie.
  6. As jy sien jou vriend gaan overboard, stap saam met hom badkamer toe en laat hy water drink.  Stap maar die pad saam met hom in die toilethokkie as dit nodig is, en in die aand, draai hom op sy sy sodat hy nie aan sy opgooisels verstik nie.
  7. Moenie dronk chicks probeer score nie.  Rêrig, dis ‘n goor game daai.  En dis niks om op trots te wees nie.  Dis veel lekkerder om ‘n meisie doodnugter te vry.
  8. Onthou dat jou kapasiteit vir alkohol elke dag anderste is.  As jy geoefen het, sal jy vinniger dronk word.  Drink dus stadig en wissel af met water, en hou by ‘n limiet waarop jy vooraf besluit het.
  9. Let op hoeveel jy drink – moenie wag vir die fisieke simptome nie; jy kan die een oomblik nugter wees en die volgende oomblik tref die alkohol jou dat jy smoordronk wankel.
  10. Moenie jou dors met drank probeer les nie – drink sap of water of koeldrank, en drink die alkohol vir die lekkerte, met kleiner slukke.

Drank is ‘n maklike manier om ‘n bymekaarkom-geleentheid volgens sosiale konvensies “fun” te maak.  Dadelik het jy ‘n aktiwiteit waarrondom jy kuier.  Jy gesels die volgende dag oor hoe dronk jy was; jy raak afhanklik van jou buddies wat jou kop bo die toiletbak moet help hou.  Hm, heerlik.

Daar is egter steeds dinge, sal jy gou uitvind, wat regtig meer pret is as om aspris dronk te raak.  As jy kan, probeer daai fase in jou lewe dalk te skip: drink matig – maar drink omdat jy die smake en geure van dit wat jy drink, geniet – spaar eerder jou geld op die goedkoop shots, en koop vir jouself ‘n ordentlike bottel rooiwyn wat jy lekker saam met ‘n bord kos en goeie vriende kan geniet.

Maar nietemin, sterkte.  Die pressure op jongmense is om te drink.  Dit vat nogals guts om nugter te bly.

En indien jy wel uitgaan en hard kuier, geniet die kopseer, nadors en gaps in jou geheue wat dit meebring.  Hoe sê hulle mos: Youth is wasted on the young – en blackouts beteken jy het sekere van jou breinselle permanent beskadig.

Hm, dis al advies wat ek nou vir jou het.  Stem jy saam met wat ek hier sê?  Dink jy tieners kan wegkom sonder ‘n savanha in hul hand?  Op watter ouderdom dink jy moet ouens begin drink?  Is drank van die duiwel, of moet ‘n mens dit van jonks af geniet?  Wat dink jy van binge drinking (drink om dronk te raak)?  Wat is jou advies?

20 responses »

  1. ‘n Baie raakvat posting…..wens baie tieners kan dit lees.
    Ons kinders 21 en 18 is toegelaat om in hulle glasies te proe wat ons drink.
    Elkeen van hulle het ook reeds een keer beleef wat dit is om te veel te drink met die slegte nagevolge!
    Vir hulle was dit gelukkig ‘n “nare ondervinding”🙂 en is baie versigtig oor wat en waar hulle drank gebruik

  2. Ek stem volmondig saam. Die vraag oor drank is eerstens of jy onafhanklik genoeg is om nie vir sosiale aanvaarding te soek nie en tweedens of jy van drank hou. In tieners se geval id die eerste antwoord meestal nee, dan drink hulle maar. Ek dink enigeen kan onder 12 kan soveel ml soos sy ouderdom kwadraat. Drank is immers van die duiwel, maar mens moet dit van kleins af geniet. Binge drink is sleg, olywe ook, tog probeer ek dit so af en toe. Whisky is goed – dit is meer soos medisyne en laat jou nie soos swawel voel die volgende dag nie.

  3. Sosiale drankinname is ‘n meem wat net so sterk soos godsdiens, koshuisdoop en sportlojaliteit is. Jy bewys dit deur drank as ‘n aksioma te aanvaar aan die einde deur die manier waarop jy die vrae stel😉

  4. Self het ek min belangestel in drank op skool. Dit was nie iets waaroor ek nuuskierig was nie, en ek het ook nie my “volwassenheid” daaraan gemeet nie.

    Ook op universiteit het ek eers in my vierdejaar bietjies-bietjies whisky begin drink, uitsluitlik omdat ek daarvan begin hou het.

    Vandag – en ek is nou al twee keer ouer as ‘n hoërskoolkind – geniet ek verskeie soorte drankies afhangende van die geleentheid, maar ek verpes steeds dronknes-pubs met harde musiek, rook en te veel drank.

    Dis vir my baie lekkerder om nugter met ‘n klompie vriende oor ‘n gespreksonderwerp te gesels terwyl ek teug aan ‘n koppie rooibostee, koffie, of ‘n glasie wyn/whisky.

    Wanneer ‘n mens egter met skoolleerders oor drankgebruik praat, dan moet jy hedendaagse tienergedrag as vertrekpunt neem, en gesprekke daarrondom probeer fasiliteer.

    Dis al wat ek met dié post – en die vrae aan die einde – probeer doen. Drankgebruik en -misbruik is ‘n sosiale werklikheid; die vraag is, hoe deal jy daarmee.

  5. daar was ‘n uitstekende “BodyShots” episode oor die effekte van alkohol op die liggaam… wetenskaplik van aard.
    (hoe en hoekom die alkohol in sekere drank soos sjampanje en “gas koeldrank” mixes vinniger jou bloedstroom bereik; die effek op testosteroon vlakke in beide mans en meisies, ens.)

    Ek stem saam dat die tradisionele manier van “preek dat jy nie moet drink (of dit en dat) nie” oneffektief is in deesdae se skole.

    Deur wetenskaplik te verduidelik hoe dinge werk (en onspesifiek duidelik te maak hoe “dom”/”uncool” sekere optredes dus is), het moontlik ‘n groter kans op sukses – of minstens behoort dit diegene wat uit onkunde ‘per ongeluk’ in so ‘n situasie beland te help.

    Daarom dink ek daar moet spesifiek vir LO gekyk word na sulke materiaal – vir kinders om na die BodyShots episode te kyk, is ek seker, is van meer waarde as 10 tradisionele lesse in meeste skool opsette.

  6. jou praktiese wenke is wys, en om daarby aan te sluit sou ek ook fokus geplaas het op die volgende raad:

    – as jy wel besluit dat jy wil uitgaan met die idee van baie drink, dan kom in die gewoonte om die hoeveelheid eenhede (shots/biere) te tel soos die aand verloop.

    Na ‘n ruk sal jy ‘n beraming kan maak van hoeveel TE veel per aand is en dan vir jouself kan konditioneer om nie verby daardie grens te gaan nie (of versigtig/baie stadiger te drink hoe nader jy aan dit kom), of dit nou 5 eenhede of 20 eenhede is (afhangend van elke persoon se alkohol toleransie vlakke)

    Mense wat nie tel nie, het gewoonlik geen benul hoeveel hulle daardie aand gedrink het nie en kan dus nie so effektief uit hul foute ‘leer’ nadat hulle te veel gehad het nie.

    – besef dat alkohol ‘n ruk neem om in die bloedstroom opgeneem te word en probeer vermy om te vinnig die een drankie na die ander te drink.

    Baie gevalle van mense wat “totaal gesuip raak” (en dan later die aand uitpass) is mense wat baie dapper die een drankie na die ander ‘down’ en dan op die tyd ‘brag’ hoe baie hulle drink… net om later die idioot te wees wat die teendeel bewys dat hulle “nie hul drank kan vat nie” as al daardie alkohol basies gelyktydig begin inskop.

    Om water tussendeur te drink is beslis wyse raad en behoort deel van die ritueel te word van drink… asook ander konditionerings soos byvoorbeeld (vir die slegte mense wat die slegte rook gewoonte doen), doelbewus nie ‘n drankie klaar te maak vinniger as wat jy neem om bv. 2 sigarette te rook nie en dan ook na die drankie klaar is nie die volgende drankie te drink voor jy nie eers nog 1 of 2 sigaret(te) gerook het nie

    So verseker jy dat jy jou liggaam darem ten minstens bv. 30min gee om die vorige drankie te verwerk.

    Deur dit te doen laat jy jouself toe om geleidelik die effekte van die drank agter te kom en vermy dus dat die laaste 3-5 drankies als jou gelyktydig skop (en die oorsaak is dat jy ewe skielik siek voel of uitpass)

    – raak ontslae van die alkohol in jou maag as jy besef dat jy sopas dom was deur te veel te vinnig te drink, bv. shots

    Hierdie is dalk effens “gross” raad, maar dit is bedoel vir die meer “onskuldige” tipe mens (veral meisies) wat dalk onder groepsdruk ingegee het en sopas 5+ shots gedown het…

    Deur bloot rustig badkamer toe te gaan na so ‘n flater en die alkohol op te bring (puke/kots/braak), raak jy daarvan ontslae voordat dit in jou bloedstroom opgeneem word – en mag die meisie (of ou) dalk voorkom dat daardie 5 shots haar oor die lyn skuif en selfs die oorsaak kan wees dat sy onbepland in iemand anders se bed opeindig.

    Met laasgenoemde voel ek die negatiewe effekte moet beklemtoon word.
    Dit is beslis nie goed vir jou slukderm, maag of of mond om te gereeld te ‘puke’ nie (hierdie word waarskynlik ook onder eetversteurings soos Bulemia gedek).
    Dit moet dus gesien word as ‘n uitsonderlike noodmaatreel, soos die Morning After Pill, en nie as ‘n normale manier van dinge doen nie.
    Veel gesonder sou wees om te leer hoe om nie in te gee onder groepsdruk nie en in die eerste plek nie in te stem om daardie 5 shots te down nie.

    Gedane sake het geen keer nie – tog kan dit in bogenoemde geval oordeelkundig benader en geneutraliseer word🙂

    ps: meisies (en ouens) moet ook besef (soos jy tereg opmerk) hoe belangrik dit is om by te wees as hul drankie geskink word.

    Ek het al as ‘n eksperiment ‘n 3/4 shot vodka by ‘n glas ystee gegooi en dit vir ‘n vriendin gegee sonder om vir haar te sê dat dit meer is as slegs skoon ystee.
    Na sy dit klaar gedrink het, het ek haar gevra of sy binne die volgende halfuur nog 5 sulke glase sou kon drink (dit was ‘n BAIE warm dag).

    Die punt van my eksperiment (en die les wat ek haar wou leer), was dat daar min genoeg alkohol in die ystee was sodat sy dit nie kon proe nie, maar dat as sy 5 sulke glase na mekaar gedrink het, sy na ‘n halfuur BAIE tipsy of selfs dronk sou gewees het – sonder dat sy eens geweet het dat sy besig was om alkohol in te neem.

    (selfde geld vir dinge soos “punch”, waar min mense besef hoe baie alkohol daar werklik in elke glas is)

    …ek hoop die wyshede word waardeer🙂

    (hoeveel word ek nou weer betaal vir elke nuttige inskrywing op jou blog?)😛

  7. hey, thx mnr.muller nr 2.😉

    ek stem saam met als wat jy sê – sal graag daai wetenskapliker inligting ook wil kry, of as die bodyshots-episode op youtube is, wil jy nie asb vir my die link post nie?

    …dalk kan jy sommer die volgende les (oor vryery) uitwerk, hmm?

  8. Ek kan dit nie indink dat sosiale druk vir drankgebruik tussen tieners so besonders anders is vandag as 10 jaar gelede toe ek op skool was nie. Drankgebruik is immers iets wat al vir duisende jare met die mensdom saam kom. Hoekom sal dit in ‘n kwessie van 10 jaar skielik verander? Wat meskien wel anders is, is ons bewusdheid van wat kinders aanvang. Ek het op skool gehoor van ander kinders wat drank gebruik, maar ek het my nie daaraan gesteur nie en dus nie die volle omvang daarvan besef nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dat as onderwyser het jy natuurlik ‘n sin vir verantwoordelikheid teenoor die kinders in jou sorg ontwikkel, wat jou dus meer ontvanklik kon maak tot hul optrede. Die verspreiding en toeganklikheid van inligting oor die internet het natuurlik bygedra tot die verhoogde bewustheid.

    In hierdie lig, dink ek dat (soos nog altyd waar was) die keuse van drankgebruik en hoe dit gedoen word (en so ook die invloed van enige ander groepsdruk) verskil van persoon-tot-persoon. En, dit is al met studies gewys dat ouers ‘n belangrike rol speel hierin. Daar is natuurlik ook die uitsonderlike gevalle, soos ek, wat net bloot nie van die smaak van alkoholiese drankies hou nie.

    Terloops: ek het al menigde male probeer kyk of alkoholinname my meer gemaklik maak in geselskap, maar het nog nooit gevind dat ek enigsins meer gemaklik is as wanneer ek niks drink nie, of dat ek enigsins minder gemaklik is wanneer ek niks drink nie. Wat ek al wel ontdek het, is dat wanneer ander mense al heelwat alkohol ingeneem het, dan vind hulle dinge wat ek sê snakser as wat dit eintlik is, hehe.

    Vir wetenskaplike inligting, gebruik ek altyd ScienceDaily as ‘n nuttige bron, want hulle lewer elke dag verslag oor die nuutste joernaalpublikasies. Jy kan dus gaan kyk na hierdie Google soektog om ‘n paar heel interessante artikels te sien:

    http://www.google.co.za/search?hl=en&q=site%3Awww.sciencedaily.com+alcohol&btnG=Search&meta=

  9. Pingback: Life skills #7 - mekaar se mangels lek « mnr.muller

  10. Pingback: Life skills #6 - wie is meer volwasse? « mnr.muller

  11. Pingback: Life Skills #9 - (on)afhanklik wees « mnr.muller

  12. Pingback: Life Skills #10 - wat jy wil word as jy eendag groot is « mnr.muller

  13. Pingback: Life Skills #11 - Beroepe, vakkeuses en 40 jaar « mnr.muller

  14. Pingback: “Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” « mnr.muller

  15. Pingback: Life Skills #14 - is gay-wees sonde? « mnr.muller

  16. Pingback: So, jy is klaar met skool en op pad universiteit toe – wat om te verwag « mnr.muller

  17. Pingback: Jou eerste dag op universiteit, en wat om te verwag « mnr.muller

  18. Daar is tieners wat die berig lees. Ek wil net weet kan enige van jul my dalk help. Wat is al die negatiewe effekte van alkohol misbruik by tieners oor die lang termyn. In ons huis is drank nie iets waaroor mens praat nie, my ouers is baie streng daaroor so weet maar min van die saak. Ek is besig met n taak en kort dringend die inligting. Dankie

  19. ek wil net se ek hoop die word deur skool kinders gelees , en my vriend asseblief gaan gesels met die kinders by die skole, ek glo jy is gestuur vir die taak , ek hoop die stukkie wat ek vir jou skryf sal jou motiveer om dit te doen ,assssssssseblief Meneer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s