Life skills #5 – jou ma se

Standaard

Hierdie Lewensoriëntering blog-les sluit aan by die vorige twee wat handel oor social smoking en hoe om jouself nie moertoe te drink nie.

In breë trekke probeer ek ‘n gesprek fasiliteer oor verskillende fassette van ‘n tiener se persoonlike welsyn (een van die vier hooftema’s van die nuwe vak, Lewensoriëntering).

Vandag se hoërskoolleerders rook, drink, vloek en vry vir ‘n vale.  In dié les kyk ons na die effek van ‘n vuilbek fokken gevloekery.

Hoekom vloek mense?

Kragwoorde kom in elke taal voor.  Mense het soms nodig om iets onvanpas en kragtig te skree wanneer hulle hul toon stamp, of wanneer hulle op ‘n persoon wil skree (uit frustrasie of woede).

Party vloekwoorde stam van die weer af:  Bliksem!  Donder!  Party van geloof af:  Hel! God!  Here!  Jirre!  Hemeltjie!  Ag vader!  Party van seks:  Fok!  Neuk!  Poes!  Naai!  Moer!*  Party van die dierewêreld:  Teef!  Bitch!  Vark!  Party van die skatelogie (toilet-toe-gaan-woorde):  Jou gat!  Kak!  Piss off!  Party van ras/kultuur/etnisiteit:  Boer!  Hotnot!  Coolie!  Kaffer!  Coconut!  ens.  Tipies is dit woorde wat in normale geselskap taboe (onvanpas) sal wees.

* Vlieg in jou moer in! kom aanvanklik van Nederlands af en het beteken Vlieg terug in jou moeder se baarmoeder in!  d.w.s. jy spreek nogals ‘n kwaai vloek oor iemand uit:  jy verwens hom in sy ongebore staat in.

Hoekom vloek sommige mense konstant? 

Dis een ding om elke nou en dan met ‘n toonstamp ‘n lelike woord te sê, maar party mense, veral jongmense, vloek elke tweede woord.  Lees gerus my parodie op die sprokie Hansie en Grietjie wat daarmee die spot dryf.

Wanneer ‘n mens vanaf kindwees beweeg na grootmenswees, is daar dikwels die behoefte om alreeds as volwasse beskou te word.  Jy wil selfstandig wees en jou eie baas.  Jy wil grootmenstaal gebruik en jou verset teen laerskooltaal.

Tipies sou jy op laerskoolgronde berispe word as jy lelik praat – jou eie maatjies sal jou verklik, maar in die hoërskool is hierdie tipe teenkanting teen soet-skoolkindjie-wees-taal normaal.  Tawwe ouens in die flieks vloek.  Jou sport coach vloek.  Jou vriende vloek.

Omdat jy nie gewoond is daaraan om vloekwoorde sommer orals te hoor nie, kan dit vrek snaaks wees.  Jis, die toets is gay.  Jirre, sy’t mooi bene.  Fokkit, Pietie is ‘n doos.  Deur af-en-toe ‘n vloekwoord in te span, kan jy volwasse en snaaks klink sonder veel moeite. 

Oftewel, so dink jy.

Hoekom ouens wat konstant vloek dose is

As jy nie meer tiener is nie, maar netmooi ‘n bietjie ouer, dan lag jy vir die kindertjies wat mekaar met hulle vuil gedagtes en spoegwoorde probeer beindruk.  Die kenmerk van volwassenheid is nie om gereeld en op onvanpaste tye erge vloekwoorde te gebruik nie, Bloedpoes!, maar om genuanseerd jouself te kan uitdruk.

Genuanseerd beteken om baie presies te kan onderskei tussen dinge wat baie amper dieselfde is, maar tog effentjies van mekaar verskil.  D.w.s. as jy jouself genuanseerd uitdruk oor ‘n fliek, dan sal jy nie meer sê: Fokkit, dit was kak!  en jou vriend  Jis, dit was piss cool!  nie.  Julle sal eerder uitwys dat die storielyn sleg was, maar die special effects goed, en die sound track oraait.  Vloekwoorde help nie juis om dit wat jy wil sê, duideliker te stel nie.  Dit word stop-elemente (soos die oormatige gebruik van die woordjie, nè).

Hoekom mense minder moet vloek

Daar is volgens my vier redes waarom mense eerder minder moet vloek.  As jy vloek, dan kan jy:

  1. mense regtig offend en/of laat sleg voel, sonder dat jy dit noodwendig bedoel
  2. jou vlak van denke verlaag – vloek laat jou dommer klink, en minder krities wees oor dinge en mense rondom jou
  3. vir baie lank aanhou snaaks bly nie – fok, as jy elke fokken ding probeer fokken afmaak as ‘n fokken grap deur fucked up dinge te sê, gaan mense nie vir lank dink jy’s befok nie
  4. nie meer soveel impak met ‘n vloekwoord hê nie – slegs as jy selde vloek, het ‘n vloekwoord uit jou mond enige krag

Anyway, dis maar net my opinie oor vloek – dalk dink jy dis befok en regtig die shit.  Wat’s jou opinie?  Maak vloek jou dom?

Advertisements

15 responses »

  1. Ja, vloek maak mense dom. Kry vir jou ‘n woordeboek as jy jouself nie sterk genoeg kan uitdruk nie, asseblief! Interessant genoeg vind ek dat daar volwassenes is wat meer vloek as kinders, sekere bloggers byvoorbeeld. Gelukkig vloek my kinders glad nie. My oudste seun is 14 en het nog nooit ‘n kragwoord gebruik nie. Ekself sal darem net nou en dan, as ek regtig kwaad is, iets leliks uiter. Slegte gewoonte.

  2. EK het dit nou baie intresant gevind… ek is van direkte nederlandse afkoms en het nie geweet wat vlieg in jou moer beteken… Ek sal nou nie so skynheilig wees om te se^ ek vloek nooit nie, maar ek vloek wel selde! en slegs as ek waarlik kwaat is of seer kry. buiten dit sal ek nie graag sulke woorde uit my seun se mond wil hoor nie!!

  3. Wat punt 4 betref: vloek en vrouslaan is soortgelyk in die opsig. As jy dit min doen is mense geskok waneer hulle uitvind. Op ‘n gereelde basis, aanvaar ons dit.

    Iets waarmee ek persoonlik sukkel, is “lag” of selfs net glimlag as mense vloek. Die probleem is dat sommige mense nie hulself kan uitdruk of respek kan afdwing nie. Dan vloek hulle (sick cycle) en ek weet nie hoe om te reageer nie. So, ek skud my kop en glimlag vriendelik. Pleks ek net vir die ou sê ek dink hy is laakbaar (doos).

  4. hey, Fritz – nou’s ek bekommerd, haha, beveel jy gereelde vrouslanery aan? 😉

    hm… verbal abuse – om iemand herhaaldelik met kru taal en beledigings af te kraak – is iets wat ek nie eens hierbo aangeraak het nie; dis ook weer ‘n hele bespreking op sy eie.

    mense wat ander ouens boelie, terg en intimideer, is ‘n huge probleem op skoolgronde.

  5. Vrouslaan, kindslaan, studentslaan in Victoriaslaan… My leuse is dat as jy nie jou kind slaan as hy klein is nie, moet jy hom slaan as hy groot is. Dit geld seker vir vrouens ook dan. Ek besef egter dat dit seker onprakties raak op ‘n sekere ouderdom (65). Die eenvoudige, dalk barbaarse tugtiging het vir my gewerk.

  6. Die dom ou (die ou wat heeltyd vloek) se comment:
    Ha ha @ Vlieg terug in jou moeder se baarmoeder in!
    Super Ha ha @ vloek en vrouslaan.
    maxie en TristonJ: my ma het nooit geweet dat ek so baie vloek totdat ek haar gese nie.
    En ek vloek al lekker vanaf standerd 7, graad 9 😉
    Jou kinders vloek dalk net agter jou rug, so pasop 🙂

    Ek het dalk in standerd 7 probeer om respek af te dwing met vloekery, nie dat dit gewerk het nie, maar ek doen dit nie meer nie.
    Ek doen dit nou net omdat, wel ek weti rerig nie, maar dis deel van wie ek is.
    Ek het al probeer ophou en ek het baie depressed (ok ja ek ken nie afrikaanse woord hiervoor nie) geraak.

    Hoekom moet vloek altyd so negatief gekonneteer (google se ek maak ‘n woord op) word.
    Hoekom kan mens dit net nie doen en die lewe geniet nie 🙂
    Daar is tog stemtoon en gesigs-uitdrukking ook betrokke by kommunikasie.
    Ek dink deur te vloek verminder jy dalk jou woordeskat, maar bevorder jy jou ander kommunikasie middele.

    Persoonlik vind ek mense wat nie vloek nie, baie moeiliker om te lees, maar dis seker net ek 😉

  7. ek stem saam, te veel swetsery is afstomping. ‘n vloekwoord moet reg en effektief gebruik word. daar is niks so kragtig soos die woord “fok” op die regte tyd nie – maar dan moet dit reg getime wees, soos ‘n goeie grap.

  8. Enige woord / term indirek afbrekend is vloek, maak nie saak wat dit is wat jy sê nie. Jy hoef nie noodwendig ‘n vloekwoord te gebruik om dit reg te kry nie.
    afgelei van die histories bepaalde idee “vervloek” en ook “laster”

    Vloekwoorde self is deur mense bepaal. Dit is juis die woorde wat meeste mense gebruik om iemand of iets by karakter af te kraak.

    ‘n vloekwoord in beskrywende vorm is vir my aanvaarbaar, maar ek het ‘n probleem daarmee as dit afbrekend is.

  9. Terug pieng: Life skills #7 - mekaar se mangels lek « mnr.muller

  10. Terug pieng: Life Skills #9 - (on)afhanklik wees « mnr.muller

  11. Terug pieng: Life Skills #10 - wat jy wil word as jy eendag groot is « mnr.muller

  12. Terug pieng: “Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” « mnr.muller

  13. Terug pieng: Life Skills #14 - is gay-wees sonde? « mnr.muller

  14. Terug pieng: Woer jy op jou woek of post jy op jou blog? Wanneer transleer jy swak en wanneer assimileer jy twak? En is daar enige meriete in die Taaldebat? « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s