The world don’t need Shakespeare as much as I thought

Standard

Miskien was ek naief, maar ek’t gedink dat – as jy regtig goed is in iets en dit passievol nastreef – dan sal mense jou geld gee om jouself ten volle daarin uit te leef.

Vandaar my studies in die humaniora en pedagogie (onderwys).

Hm.

Hoe is dit dan that the world don’t need Shakespeare as much as I thought…*

In ‘n wêreld wat werk met vraag en aanbod, verdien ‘n middelmatige geoktrooieerde rekenmeester altyd ‘n groter salaris as ‘n geniale digter/skrywer/liriekskrywer/onderwyser.

Daar is bloot nie ‘n vraag na mense om sulke passies uit te leef nie.  Die mark soek ouens wat bereid is om hulle eie drome opsy te skuif, en met middelmatige pligsgetrouheid sake-doelwitte na te jaag.

Werk blyk slegs ‘n middel tot ‘n doel te wees.  ‘n Manier van kos op die tafel kry.  Brood in die sweet van jou aanskyn verdien.

Dus was die beroepsvoorligter destyds reg:  word ‘n aktuaris, of ‘n ingenieur.  Want die wêreld wurg passie uit ‘n mens se lewe uit.  En trap op uitnemendheid.

Gmpf.  Moet als deesdae volgens ‘n besigheidsmodel (handelsretoriek) werk?

Is daar nie iets sielsverrykenders as kapitalisme nie?

Of moes ek eerder beroepsrugby gespeel het?

* ‘n reël uit ‘n song van die jazzerige sanger,  Jamie Cullum

11 responses »

  1. Ek voel baie male presies soos wat jy hier beskryf, maar ek kan ook lang gesprekke met jou voer oor ekonomiese natuurwette (en ek het ook al, hehe). Vraag-en-aanbod is ‘n wet net so onveranderlik soos swaartekrag, en heeltemal onafhanklik van geld en selfs van kapitalisme.

    Daar is niks wat jou verhoed om op te hou werk en jou passie uit te leef nie, maar as jou passie nie ook jou werk (inkomste) is nie, sal jy gou genoeg jou toon stamp teen bogenoemde wette, en een of ander manier moet soek om jou brood te verdien – al moet jy bedel daarvoor.

    Selfs arme Shakespear moes maar hard werk vir sy brood deur sy “plays” te skep wat daardie tyd (en nogsteeds) in aanvraag was. Sy ander werke moes hy maar so tussendeur inpas. Of is ek verkeerd?

    Dis meskien makliker gesê as gedaan, maar ek dink dat as jy ‘n inkomste wil verdien van die uitleef van jou passie, terwyl daar geen aanvraag daarvoor is nie, dan moet jy maar ‘n manier soek om aanvraag te skep na jou produkte/dienste of jou produkte/dienste op so ‘n manier skep/aanbied dat mense dit wil koop. Dit geld vir enige passie, nie net die kunste/humanoria nie.

  2. Mnr Muller, Karl hier – bly te kenne

    Het jou raakgelees op platterfuss se blog. Is nog besig om deur jou blog te werk, maar sovêr is ek heel ingenome. Hou van breine wat gebruik word.

    Ek het tien jaar gelede deur my mini krisis gegaan. Twee vrae het my laat rondrol – moet ek verder rook en is dit tyd vir my passie bo my werk ?

    Lang storie kort – ek rook vandag nog lekker as die son sak en ek het my wit jas opgehang. My familie was platgeslaan toe ek sewe jaar se studie ‘weggooi’ en die buiteland invaar opsoek na my passie.
    Drie jaar later het ek teruggekeer as ‘n fotograaf, my passie en ek doen dit vandag nog. Dit het my reg rondom die wêreld geneem, ‘n paar keer, maar hierdie is nie werk nie.

    Was gelukkig dat my passie ok my inkomste geword het en ja, mense gee vir jou geld om jou passie uit te leef hehehehehe.

    Groetnis
    Karl

  3. Karl: dit vat beslis guts om ‘n witjas op te hang! Well done – nou moet ek nog net my hartsbegeerte vind, haha. Hoop jy geniet dié blog.

    Bertus!: haha, wel, ekt nie eens ‘n cd-speler nie, so ek hoef seker nie skaam te kry nie😉

  4. So, sit ek ook maar halfpad om die wereld opsoek na die een ding wat my laat “tick” daar is so baie goed wat ek wil doen en waarvan ek hou (veral die beeldende kunste en fotografie)en het ook my witjas (science ene) opgehang vir ‘n blindelingse avontuur na die Ooste. Ek is vir geen oomblik spyt nie, nie dat skoolgee my ultimate job is nie, maar ek geniet my avonture en die mense. Ek is iemand wat vinnig verveeld raak met die daaglikse roetine van ‘n gewone job, so ek probeer maar altyd om dinge interessant te hou al kry ek dit nie altyd so goed reg nie. Ek droom op die stadium nog net daarvan om my passies uit te leef as beroep, maar ek glo en vertrou dat ek eendag daar sal uitkom.

  5. Die “probleem” is natuurlik om te bepaal waar jou passie lê. Ek het gedink ek is nie passievol daaroor om ‘n prokureur te wees nie, maar na ‘n jaar as ‘n huisvrou weet ek, ek het geensins enige passie vir die lewe as ‘n huisvrou nie! So back to the drawing board.

  6. “There is only one inborn erroneous notion … that we exist in order to be happy … So long as we persist in this inborn error … the world seems to us full of contradictions. For at every step, in great things and small, we are bound to experience that the world and life are certainly not arranged for the purpose of maintaining a happy existenc e… hence the countenances of almost all elderly persons wear the expression of … disappointment.

    “What disturbs and depresses young people is the hunt for happiness on the firm assumption that it must be met with in life. From this arises constantly deluded hope and so also dissatisfaction. Deceptive images of a vague happiness hover before us in our dreams … and we search in vain for their original … Much would have been gained if through timely advice and instruction young people could have had eradicated from their minds the erroneous notion that the world has a great deal to offer them.”

  7. Die uitleef van ‘n digterlike passie ten spyte van die wêreld, en die soeke na iets wat ‘n mens nooit kry nie inspireer, en gee soms aan digkuns sy krag. Weë die kunstenaar. Egter, my vriend, ek raai jou nie aan tot stilte – solank dit jou nie bitter maak nie.

  8. Pingback: Die BBoem(Straatveekunde) presedent « mnr.muller

  9. Pingback: Kapitalisme kom tot ‘n val. « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s