Kovsies, humor en ‘n pot vol pis

Standard

My blog is nie juis ingestel op die sake van die dag nie.  Maar ‘n greep van die volgende video: http://www.dieburger.com/files/Universiteitsvideo.wmv het die afgelope twee dae opslae gemaak.  Slegs die laaste vier minute van die 10 minute is oor die internet en wêreldwyd oor televisienuus versprei.

Wat is jou opinie hierrondom?

As ‘n mens die hele 10 minute deurkyk, kom jy agter dat die vier minute-uittreksel nie ‘n juiste refleksie is van die gees waarin die hele video verfilm is nie.

Daarmee praat ek geensins die gedrag, onderliggende rassisme of sin van humor (of keuse van onderwerp) van die Kovsies se Reitz-koshuisinwoners goed nie.

Maar hoe moet studente wat ongewoond is aan integrasie (by Kovsies het die studente die afgelope paar jare aangedring om te bly in aparte koshuise vir wit en swart studente), oor die verpligte integrasie praat as hulle nie daarmee die spot kan dryf en dit verironiseer nie?

Hm.  Almal soek nou bloed.  Die ouens wat die video gemaak het se koppe moet rol.

Intussen woed chaos: http://www.dieburger.com/Stories/News/17.0.164694496.aspx

(Is dit nie ‘n sqweegy-bottel wat die ou links-onder sy t-hemp uitgehaal het nie?)

3 responses »

  1. Of, soos jy elders opgemerk het… sy penis.
    Ja, die ding word uit verband geruk. Maar ek dink dis nodig. Daar is goeie rede om oorsensitief te wees in hierdie land waar sensitiwiteit lank voorgehou is as vir sissies, bleeding hearts en kafferboeties.
    Dié soort ding (vernedering van die ander) word goedgepraat omdat ons grootgemaak is in ‘n chauvinistiese, hiërargiese opset, en dalk omdat wit studente jare lank mekaar verneder het. (Aanvanklik as deel van desensitisering vir die Grens? Opdragte gee en neem sonder vrae? Met ‘n glimlag, of minstens grin and bear it.)
    In dié verband is dit veel meer as ‘n rassekwessie — dit gaan oor baasskap, insluitend dat Pa (die skoolhoof, rektor, HK) altyd reg is. En as hy (ja, hy) nié is nie, maak dit die een ondertoe in die hiërargie (Boet, ma, sus, die tuinjong) op die een of ander mistieke manier ‘n beter mens (kind, vrou, werker) om nogtans saam te speel.
    Om dié rede vind ek ontgroening in die algemeen sinister, ‘n afbreking van ‘n mens (sowel die ontgroener as die ontgroende) se individualiteit. (Ja, ja, ek weet, dié debat is oud — maar “verwelkoming” moet met menswaardigheid geskied.)
    Om terug te kom na die video: Rassisme, meen ek, is wel ook hier aan die werk.
    Een verskil is dat by ware “ontgroening” die ontgroendes in ‘n latere stadium die mag in die hand sal hê, wanneer hulle seniors is en dieselfde aan ander kan doen — heel anders as dié skoonmakers.
    Die litmustoets is: Sou hierdie studente dieselfde “grappie” gemaak het met hul ma’s en tantes?
    Maar laat ons nie vinger wys nie: Dit kon ook op jou kampus gebeur het.

  2. Die seuns kom vir my as goed opgevoed voor en het die ‘mickey’ uit ‘n slegte situasie uitgehaal nl. die feit hulle forseer word om te integreer (nie net in die koshuise nie). Dit kom ook voor asof hulle ‘n goeie verhouding met die skoonmakers het. Ek is heeltemal teen ontgroening. Hetsy met studente of met skoonmakers so ek sal jok as ek se^ dit was vir my ok van hierdie seuns om hierdie video te maak, maar ek volstaan dat dit uit verband uit geruk is en dat hulle wou spot met hul situasie en nie per se met die skoonmakers nie. Ek plaas die blaam op die mense wat integrasie op hierdie jong mense probeer af dwing. Beslis verdien hulle nie om soos kriminele behandel te word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s