Toe, skryf vir my ‘n haikoe?

Standaard

‘n Haikoe is ‘n tipe digvorm (ontleen aan die Japannese digkuns) met 5 klankgrepe (soos lettergrepe) in die eerste reël, sewe in die tweede reël en weer vyf in die laaste reël.  Gewoonlik is daar ‘n verwysing na ‘n spesifieke seisoen êrens in die gedig.

Hier is ‘n voorbeeld wat ek sommer uitgedink het:

Kom op ‘n reëndag

Kom drink bossietee en steel

die stoom se asem.

Die vaste metrum (ritme van die lettergrepe) en kompaktheid van dié tipe gediggie, dwing jou as skrywer om suinig met woorde, klanke en tema om te gaan.

(Eintlik bevat “reën” in my eerste versreël twee lettergrepe, hm, maar nou ja… ek interpreteer dit maar as ‘n enkele klankgreep, haha.)

So, gee dit ‘n shot!  Neem gou ‘n minuut of sewe en kyk of jy die gevoel wat jy nou voel, of die omgewing waarin jy tans is, kan beskryf.  Volgens die 5-7-5 formaat van ‘n haikoe.

31 responses »

  1. 5-7-5
    Ok, ek dop,
    kom ons probeer weer….
    _______________________

    Die winde lui geil
    Deur blou kosyne wat huil
    buite val die sneeu
    ____________________

    Hoes daai?
    Reg uit my hotelkamer in Siberië…..

  2. Die skrikkel-Vrydag

    tap behoorlik my breinkrag;

    wil ek huiswaarts keer

    (NS: Te danke aan die skielike afwesigheid van Internettoegang — amper soos Eskom “load shedding” — kon ek eers vandag my heikoe pos.)

  3. Winteraand skougrond:
    Moer hom Jan! skree die vrouens
    Die mans roep: Haai Koos!

    N.a.v. ‘n vertellinkie van my pa (74), dus 50+ jare gelede, toe hulle ‘n boks of stoeigeveg bygewoon het waar sy susters eers gesê het dis so wreed en hulle oë toegedruk het, en teen die einde was dit hulle wat skree: “Moer mekaar! Moer mekaar!”.

  4. Terug pieng: Oornag is dit winter « mnr.muller

  5. Terug pieng: Blog Haiku « Sonkind

  6. Terug pieng: imaginary vs memory « mnr.muller

  7. Terug pieng: Om werk te merk « mnr.muller

  8. Terug pieng: Sukkel met sewe see cinquians « mnr.muller

  9. Naand is die seer aand
    van huis toe gaan, terug te gaan
    en waar verlange begin

    Ek sien jou bly lag
    en wag op die vonk wat net
    uit ju oog kwyn, wegraak

    Jy, kind van my hart
    jou sag arms, nat mond, bly hart
    waar het ek my verloor?

    Met dans en swaai, op
    maat van wind, vang ek jou in
    my bly leë arms – mis

  10. Terug pieng: as die reën inspireer « mnr.muller

  11. Terug pieng: Haiku’s as facebook-verjaarsdagwense « mnr.muller

Lewer kommentaar op Bertus! Kanselleer antwoord