Monthly Archives: Maart 2008

Aspris #4 – sinloos vs sinneloos

Standaard

“sinloos” = sonder sin/betekenis.  “sinneloos” = sonder jou sinne/denke.

D.w.s. “sinlose bestaan” = ‘n bestaan sonder betekenis; ‘n doellose bestaan vs. “sinnelose bestaan” = ‘n bestaan sonder denke; ‘n waansinnige bestaan.

In alledaagse gepratery verwar ons soms dié twee woorde/begrippe met mekaar.  Ons sal praat van ‘n “sinnelose gesprek” wanneer ons eintlik ‘n “sinlose gesprek” bedoel.  In werklikheid sal ons dus sê iets was mallerig terwyl ons eintlik bedoel iets was nutteloos.

Sin sonder sinne? 

Vantevore (pre-postmodernisme) het mense aangevoer dat daar “sin” in die lewe is – ‘n universele doel vir mense se bestaan oftewel sin wat aan ons wese-wees gekoppel kan word. 

Deesdae (post-postmodernisme) is daar meer die geneigdheid om ‘n universele “sin” of doel te negeer (te verwerp), maar wel te sê dat elke mens ‘n eie, unieke doel/sin vir sy lewe moet skep.  Volgens ‘n postmodernistiese beskouing (en help my asseblief reg as ek dit te losweg interpreteer) is “sin” ‘n persoonlike konstruk – iets wat sin en waarde aan een mens se bestaan verleen, kan dus nie gecopy en paste word tot ‘n ander individu s’n nie.

(Altemit, dis wat fundamentele kerke met hulle onderskeie dogmas probeer doen?)

In die afwesigheid van ‘n samebindende godsdiens/geloof kan daar egter met moeite na ‘n sinvolle lewe verwys word soos in die ou dae…

D.w.s. die lewe is by verstek sinloos.  Dis ons (lewens)taak om sin tot die lewe te voeg. 

Hm.  Is die verlies aan ‘n duidelike doel nie hartseer nie?  (Al was dit arrogant om dit te wou hê?)

So my vrae vandag is: Is dit sinnevol om sin te soek?  Of is dit geheel en al sinneloos?  Is dit sinvol om jou sinne te gebruik om sin te skep?

vrese vrese vrese met deurweekte kleurlose koppe

Standaard

Neem gou ‘n oomblik om die volgende vraag te lees, vinnig daaroor te dink en gou-gou-gou te beantwoord:

Waarvoor is jy glad nie bang nie?  (of: Waarvoor is jy die minste bang?)

Daar is mos tipiese goeta: bang vir die donker, alleen doodgaan, mense, mislukking, ens…

Waarvoor is jy NIE bang NIE?

As jy nog nooit vantevore hierdie vraag beantwoord het nie, is die kanse goed dat jy sopas juis jou grootste vrees op die naam genoem het.  Die rasionaal is dat jy so baie vir jouself (as deel van jou internal dialogue) moet sê dat bv: Ek is nie bang vir die donker nie, ek is nie bang vir die donker nie, ek is nie bang vir die donker nie, dat – as jy gekonfronteer word met die vraag: waarvoor is jy nie bang nie – jy onmiddellik sal antwoord “Ek is nie bang vir die donker nie” (as voorbeeld).

Waarvoor is jy dus eintlik bang?

Ek vermoed ek is bang vir geluk.  (Bisar, nè?)

Die BBoem(Straatveekunde) presedent

Standaard

Ek vermoed ‘n mens moet al van jonks af dink oor die lewenskwaliteit wat jy wil najaag; die lewensstandaard wat jy wil handhaaf en die algemene werksbevrediging wat jy soek.

En ‘n mens moet die vaardigheid aanleer om dié konsepte te kan kwantifiseer – te meet met en op te weeg teenoor mekaar.

Jy moet besluit of jy ‘n boemelaar of ‘n president wil wees.

Of jy min wil werk (lae risiko, minimum effort) vir ‘n lae (of geen!) salaris, maar meer vrye tyd, en of jy hard wil werk (meer stres, langer ure) vir ‘n hoër inkomste en meer luukshede, maar minder ontspanning.

Uiteraard probeer baie BRek-studente ‘n middeweg vind deur hard te werk vir die eerste klompie jaar, met ‘n hoop op vinnige bevordering en vroeë aftrede.  So ‘n middeweg probeer ons almal seker vind…

Die keeping up with the Joneses mentaliteit pla egter – dit verleen die nodige stu-krag tot die verbruikersamelewing: jy swoeg hard om tog net nie in ‘n laer inkomsteklas as jou tydgenote te verval nie, maar om by te bly by hulle lewensstandaard.

Soms kompeteer ouers ook so met hulle kinders: hulle kyk binne onmiddellike suburbia of hulle kinders tog net die meeste vryheid en luukses gegun kan word; of hulle die coolste kinders kan grootmaak.

Hm.

Die enigste manier om te ontsnap van die rat race is seker om glad nie daaraan deel te neem nie.  Om nie beinvloed te word deur jou maat se motor of kleredrag of selfoon nie.  Om nie jou selfwaarde te meet aan wat jy als (op skuld) kan koop nie.

Dalk moet ons die parameters verander van die kapitalistiese verbruikerswêreld en sê bogger dit.  Koop jou t-shirts by PEP en ry trein en taxi en stap.  Volg ‘n bedremmelde Boeddhistiese bestaan.  Moenie kyk wat jy uit die lewe kan kry nie, maar wat jy kan toevoeg.

(Maar pasop, dit beteken dalk netmooi ‘n BBoem(Straatveekunde) bestaan.)

En vanselfsprekend is daar ook nie hier sprake van ‘n dualisme nie – daar is nie twee tipes mense: selfbehepte ouens wat net rykdom uit die lewe probeer kry, en altruiste wat net hulleself opoffer vir ander nie.  Altwee hierdie neigings is binne elke individu.

Hoe meet jy die waarde/kwaliteit/tevredenheid/geluksaligheid van jou beroepslewe en algemene bestaan?

Houtvloerkamers met ‘n hoë plafon

Standaard

Hoeveel lewenspasie het een mens nodig?

In Suid-Afrika is daar ‘n huge disparity tussen arm en ryk: party gesinne het reuse, luukse huise met onthaalareas en gastekamers; party extended families bly saam in een shack.

Hoeveel leefruimte het een mens nodig? 

Hoe regmatig is dit van my, as enkellopende individu, om ‘n groter woonruimte te wil hê?  Om ‘n esel te kan neersit, terug te kan staan en te verf?  Om viool te kan speel.  Die gerief te hê van ‘n oop mat langs my bed waar ‘n opblaasmatras neergegooi sou kon word?

Hoe bourgeois het ek geword dat ek wil bly in ‘n plek met houtvloere en ‘n hoë plafon?  Hoe eien ek so ‘n plek vir myself toe en gun dit nie vir ‘n ander nie?

Hoe regverdig ‘n mens die welstand, talente en regte wat jou te beurt val?

Hoeveel Lebensraum het ‘n mens nodig?

Is eiendom ‘n reg?

Leierskap #4 – om te té te wees

Standaard

Normaalweg sal mense jou aanraai om gebalanseerd te lewe; om nie te té te wees nie.  Hulle sal sê: moenie te veel praat nie, maar moet ook nie te min praat nie; moenie te min kerk toe gaan nie, maar ook nie te veel nie; moenie te veel leeglê nie, maar moet ook nie te veel werk nie, ens.  Streef na ‘n balans.

Ek sê bogger dit.

As ‘n mens met integriteit lewe en jouself probeer wees, ten spyte van jouself, ter wille van ander, ongeag die situasie, dan moet jy soms te té wees.

Jy moet soms te min drink.  Glad nie rook nie.  Te knaend kerm oor iets wat jy sien wat verkeerd is.  Te min leer vir ‘n toets.  Te lief wees vir iemand.  Te eerlik wees.  Te kwaad wees.

‘n Gebalanseerde lewe is nie vir almal nie.

Om ingrypend leiding te neem, moet jy moet jy bereid wees om te staan vir iets en te veel te glo dat dat dit belangrik is.

Onthou, leierskap het min te doen met gewildheid.  As jy oormatig en ongebalanseerd is, gaan minder mense moontlik van jou hou, maar as ‘n mens praat van situasionele leierskap (om te doen wat ‘n situasie vereis), dan behoort gewildheid en populariteit tweede viool te speel tot dit wat gedoen moet word.

Leef soms té intens.

Aspris #3 – is liefde diskreet?

Standaard

Veral in die sielkunde is daar al baie gespekuleer oor die aard van “liefde”.  Sternberg het met sy driehoek-teorie intimiteit, passie en trou as veranderlikes onderskei en diskrete tipe liefdesverhoudings op grond daarvan geidentifiseer:

  1. as jy net intiem (close) is met iemand, dan het julle ‘n solid vriendskap
  2. as jy net passie (fisieke aangetrokkenheid) voel, dan is jy verlief
  3. as jy net getrou (committed) tot iemand is, dan is jy lojaal
  4. as jy intiem en passievol is, dan het jy romantiese liefde
  5. as jy intimiteit voel en getrou/betroubaar is, dan het jy besonderse kameraderie
  6. as jy passievol en getrou is, dan het jy ‘n moerse crush
  7. as jy al drie is,  dan het jy ‘n great liefdesverhouding.
  8. as jy geeneen het nie, dan is daar geen verhouding nie.

Ander het ook al deur die eeue liefde gekategoriseer/opgedeel – die Grieke het onderskei tussen: Agape (sielsliefde), Eros (seksdrang), Philia (lojaliteit), Storge (ouerliefde) en Xenia (gasvryheid), en die Sjinese het onderskei tussen:  Ganqing (vennootskap), Yuanfen (shared fate) en Zaolian (jeugdige verliefdheid).  Ander het al ludos (flirt), pragma (thoughtful aksies) en mania (mal passie) tot die lysie toegevoeg.

Ook binne die verskillende gelowe is daar verskillende vorme van liefde wat van mekaar onderskei word, soos in Boeddhisme: Kama (seks), Karmuna (mercy) en advena/maitri (onvoorwaardelike medemensliefde).

As ‘n mens tipe liefdes van mekaar onderskei en die intensiteit van jou liefde kwantifiseer, dan laat dit jou toe om verhoudings te definiëer.  Of jy nou ‘n one night stand/weekend special/sielsgenoot/boesembuddy of kennis van iemand is.

Tog, is die liefde klassifiseerbaar?

  1. lê seksualiteit/seksuele oriëntasie op ‘n kontinue lyn?
  2. is daar slegs eenduidige maniere van liefhê gemeet aan drie veranderlikes?
  3. kan jy gelyktydig iemand liefhê en haat?
  4. is liefde ouderdomgebonde – is daar ‘n verskil tussen puppy love en volwasse liefde?
  5. kan ‘n mens sekere liefdes veroordeel – is dit reg vir ‘n 40-jarige omie om verlief te raak op ‘n 20-jarige, maar verkeerd vir ‘n 20-jarige vrou om verlief te raak op ‘n 15-jarige seun?

“Bestaan” liefde ooit?  Is dit ‘n konstruk of ‘n dimensie?  Of ‘n “god”?