Hier waar ek salig op ‘n Sondagaand sit, vloei twee musiekstrominge komplementerend ineen: in die verte die kerkklokke wat klonkend by moedergemeente lui, en voor my oor die Sahara Computer Hi-Fi System die sagte sussende Silwer sand-klanke van Hanru Niemand se liriek soos hy dit soetsag oor sy CD Tot Stilte vir my sing.
Silwer sand
gekneus geknak lig ek, lag ek
met ‘n tikkie ironie
moeg deurweek en uitgespoel
op silwer sand
ek het jare lank geveg vir wie en wat ek is en glo
maar nou sweef die slaap so speels
om my oë
kyk my herkoms lê in puin
sak my wêreld, sak my son
maar nou lê ek ver van daar
op silwer sand
want my Heer het my kom haal
my weg laat spoel vanwaar dit roet
en nou glim die son komberssag
om my
opeens lê jy langs my sy
met jou een hand op my bors
en op my voorkop en my mond
rus jou kus
dit is saliger hier lief, waar die son die aand omhels
sê ek jou en vra: “Sal jy my hierheen kan volg?
Sal jy altyd by my bly, sal jy doodgaan met my?
Maar as jy goed het om te doen nog, is dit OK
dan kan ons afspreek om mekaar aan die ander kant te kry
waar die son die aand omhels
op silwer sand.”
Toor die aand weg met die woord en jy vind ‘n sonstraal in die sand…..
Was gou hier om my Maandag intelek fix te kry en jy stel nie teleur nie.
Lekker week met allerhande pret verassings.
Karl
Sjoe, die lied,gedig en jou comment Jasper, is lieflik!