Daily Archives: Maart 5, 2008

…as ek maar net kon rugby praat

Standaard

Daar’s aspekte van my persoonlikheid wat nie baie goed by man-wees pas nie.  Dis lastig, want oral waar jy small talk tussen ouens, sou dit gehelp het as ek belanggestel het in:

  1. Karre/motors en die specs van nuwe modelle
  2. Rugby en die naweek se Bulls/Stormers game
  3. Kamp/tente en buitelug bergklimaktiwiteite

Die feit is egter dat ek bloot nie van een van die bogenoemde hou nie.  Ek verkies:

  1. …stap, treine (en soms vliegtuie); ek hou daarvan om stadig en veilig van een plek na die volgende plek te beweeg, sonder ‘n gejaagdheid, en om binne stapafstand my werk te bly.  Ek’t geen drang/begeerte om vinnig op ‘n bike te jaag na nêrens nie; gee my eerder ‘n veilige, automatic karretjie…. of ‘n lift.
  2. …om op die strand te hardloop en ‘n tennisbal te vang, om tafeltennis of krieket te speel, of pluimbal – alles vriendskaplik; of as dit wel ‘n kompeterende game is, laat dit op strategie berus.
  3. …’n satynlaken-vakansiehotel met ‘n spa en ‘n donkersjokoladetjie op my kussing as ek terugkom van die ontbyt-buffet.

Die feit dat ek verf op ‘n doek kan spat, viool speel en Middeleeuse Nederlandse gedigte lees, help seker ook nie my manlikheid aan nie.  Gmpf.

Advertisements