…as ek maar net kon rugby praat

Standard

Daar’s aspekte van my persoonlikheid wat nie baie goed by man-wees pas nie.  Dis lastig, want oral waar jy small talk tussen ouens, sou dit gehelp het as ek belanggestel het in:

  1. Karre/motors en die specs van nuwe modelle
  2. Rugby en die naweek se Bulls/Stormers game
  3. Kamp/tente en buitelug bergklimaktiwiteite

Die feit is egter dat ek bloot nie van een van die bogenoemde hou nie.  Ek verkies:

  1. …stap, treine (en soms vliegtuie); ek hou daarvan om stadig en veilig van een plek na die volgende plek te beweeg, sonder ‘n gejaagdheid, en om binne stapafstand my werk te bly.  Ek’t geen drang/begeerte om vinnig op ‘n bike te jaag na nêrens nie; gee my eerder ‘n veilige, automatic karretjie…. of ‘n lift.
  2. …om op die strand te hardloop en ‘n tennisbal te vang, om tafeltennis of krieket te speel, of pluimbal – alles vriendskaplik; of as dit wel ‘n kompeterende game is, laat dit op strategie berus.
  3. …’n satynlaken-vakansiehotel met ‘n spa en ‘n donkersjokoladetjie op my kussing as ek terugkom van die ontbyt-buffet.

Die feit dat ek verf op ‘n doek kan spat, viool speel en Middeleeuse Nederlandse gedigte lees, help seker ook nie my manlikheid aan nie.  Gmpf.

5 responses »

  1. Hmmm… klink nie vir my regtig na manlik vs minder-manlik nie; meskien meer na oppervlakkig vs opgevoed (of dalk ‘n ander woord). Dalk as jy ‘n vrou was sou jy net so gesukkel het om met ander vrouens oor shopping, skoene en die dag se skindernuus van die haarsalon te gesels. ;>

    Aan die ander kant, dalk is daar tog ‘n bietjie minder testosteroon wat deur jou are vloei en soodoende nie jou hoër-breinfunksies kan onderdruk nie (hehe, ek twyfel of dit werklik ‘n wetenskaplike feit is).

  2. Metroseksueel – op een of ander wyse, het dit waaroor mens praat en wat jy met jouself doen, die agtervoegsel van -seksueel gekry.

    Let’s face it, karre is boring en vol vuil olie. Rugby grens aan ‘n opvoering waar die kostuums net stywer en stywer pas om stadions te vul. Kamp is plein omgerieflik, al ry jy ok jou skottelgoedwasser en sateliet skottel saam soos meeste kampers wat hier innie Kaap kom uitslaan.

    As manlikheid afgehang het van wat ons oor praat, is ek effens gefok – ek skryf oor troues, rokke en blomme. Gee aan daai pienk dingetjie laat ek inspring bwahahaha.

  3. Pingback: rugby » Blog Archive » …as ek maar net kon rugby praat

  4. Ek dink dis maar net ‘n kwessie van belangstelling. Die enigste ding waaroor ek miskien met mans kan saampraat, behalwe nou DDS (en die meeste ouens doen dit nie self nie, hulle geld doen dit vir hulle), is Formule 1. Ek stel ook nie veel belang in rugby nie, ek dink grotendeels weens die kommersialisering. Ek kon darem bietjie opgewondenheid opwerk vir die wêreldbeker, maar waaroor het ek toe geblog? S.A. se naam wat op die goue beker gegraveer word. Ek ken ook nie die laaste motormodelle nie, tog tap ek my eie motors se olie af – miskien nie uit belangstelling nie, net om geld te spaar. Moenie worry nie – as mans nie met jou wil praat nie, moet ook nie met hulle praat nie.

  5. Francois C – ek sien myself as goed opgevoed en nie-oppervlakkig, maar tog hou ek van motors, nuwe specs, vegvliegtuie, buitelugaktiwiteite en wens ek was James Bond. Die plaaslike Rugby-belangstelling ontbreek nou wel ‘n bietjie, maar ek volg darem die wêreldbekers. So wat nou gemaak? Is ek ‘n paradoks? Ek aanvaar maar net dat daai iets (al is dit irrasioneel) wat sommige ouens daarin laat belangstel nou maar in my ook teenwoordig is. Maar ek is bly almal is nie petrolheads nie – dit sou maar saai gewees het. Stereotipering is gevaarlik, onafhanklik van die teiken.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s