Life skills #7 – mekaar se mangels lek

Standard

Die laaste klompie blog-lesse oor Lewensoriëntering het gegaan oor Persoonlike Welsyn en ons het gepraat oor die feit dat hoërskoolleerders dikwels rook, drink, vloek en vry.

Vandag praat ons oor die laasgenoemde: om te vry.

Hoe vry jy?

Dis nie moeilik nie.  Jy skuins jou kop en soen iemand op die lippe en speel bietjie met jou tong.  Vir meer eksplisiete tips, kyk na http://www.videojug.com/film/how-to-kiss-someone-passionately.  Dit kom heel natuurlik.

Hoekom vry mense?

Om iemand oopmond te soen, is een van die mees intieme dinge wat ‘n mens kan doen.  Alhoewel die idee daaraan grillerig was toe jy in die laerskool was, is dit, noudat jou hormone ingeskop het, ‘n opwindende gedagte om te doen.  Dis ook lekker.

Sosiaal is dit nie altyd aanvaarbaar om in die publiek jou kissing partner se mangels uit te lek nie; mense soen en/of vry eerder in die privaat, waar ander mense hulle nie kan dophou nie.

Tog is daar op skoolvlak heelwat spin the bottle games wat aanmoedig dat random ouens en meisies agter ‘n hoekie mekaar moet french kiss (dis nou om jou tong woes te gebruik).

Hoekom random mense soen?

Om random mense te soen, maak jou nie beter met vry nie.  Elke mens hou van unieke dinge – dis dus eers wanneer jy ‘n paar keer met dieselfde persoon vry, dat julle dit werklik goed sal kan doen, mits julle praat oor wat vir julle lekker is, en met genoeg tongue twisting tegnieke eksperimenteer.

Die lekkerste deel van vry is ook waarskynlik die hele afwagting en opbou tot daai eerste soen – en jou hart wat uit die nate van jou bors wil klop.  Dis eintlik die verliefdheid wat soen en vry so lekker maak, so om random ouens of girls op te chat, is dalk ‘n bietjie afgewater teenoor die real thing.

Wat volg op vry?

Ja-nee, as ‘n mens warm aan die vry is, kan ‘n gevaar sy kop uit steek 😉  Dis baie intiem om te vry: julle spoeg smelt saam, en julle hande gly oor en deur mekaar se hare en nek en lyf en albei se opgewondenheid word aangevlam.  Om van mekaar se klere ontslae te raak en mekaar te wil beklim, is iets wat amper natuurlik vanuit ‘n passievolle gevryery vloei, so sorg vooraf hoe ver julle twee wil gaan.

Hoekom nie dadelik seks hê nie?

Julle sou kon.  Hê maar net ‘n kondoom byderhand en weet hoe om dit aan te sit.  Sorg ook dat die meisie op die pil of iets dergliks is.  Maar onthou, daar is geen haas nie.  Dis lekker om te vry, maar dit vat ook oefening en geselsery om dit al hoe lekkerder te kan doen.  Seks is nog trickier, met veel meer posisies en dinge wat jou ‘n leeftyd lank kan besig hou.  Daar het jy ‘n partner nodig wat bereid is om saam met jou rond te rol en heel nag te oefen – one night stands is ‘n bietjie oppervlakkig.

Wanneer moes mens al gevry het? 

Daar is geen spertyd vir vryery nie.  As jy jou eerste ware-liefde-soen eers op 26 het, dan is dit ook reg.  Jou tong raak nie oud nie.  Jou hart kan op enige ouderdom warm klop.  Kysery op hoërskool en laerskool is maar nog effens tydelik van aard – jou kop en brein en hart en alles groei nog, so die kans dat jy intens – en verewig – op een persoon gaan verlief raak, is klein.  Om dus jou mond teen elke tweede persoon s’n te druk om net te kan sê jy’t al gevry, maak nie sin nie.

En meisies wat mekaar vry?

Enige mens kan met ‘n ander mens vry.  Geslag speel nie ‘n rol nie.  As jy egter met integriteit wil vry, dan moet jy mik vir iemand tot wie jy aangetrokke voel.  Vryery maak net regtig sin as albei mense wat betrokke is, iets vir mekaar voel.  So, miskien is dit nie die beste idee dat vriende of vriendinne op mekaar oefen om te vry nie.

As dit so is dat jy ‘n ou is en die ander ou aantreklik vind, en hy vir jou, dan great – dan kan julle met ‘n skoon gewete soen.  Dan verneuk niemand vir iemand nie.

En as jou liefling nie wil vry nie?

Dis nou maar so.  Liefde is ‘n kansspel.  Jou hart klop dalk warm vir iemand, maar die kans is (ongelukkig) goed dat hy/sy nie dieselfde oor jou voel nie.  Dan is dit nou maar so.  Veral op skool gaan die hot meisies dikwels met die dose uit, en die hot ouens met die simpel chicks.  En dan sit die mees passievolle verliefdes droëbek en gebroke hart eenkant in ‘n hoek en tjank.

Daar is mos maar een van vier scenario’s: Jy hou van hom/haar, maar hy/sy hou nie van jou nie; hy/sy hou van jou, maar jy hou nie van hom/haar nie, nie een van julle hou van mekaar nie, of jy en hy/sy maak albei ogies vir mekaar.  Jy het altyd, op die meeste, ‘n een uit vier kans, haha, sterkte!

En daai landswet wat vryery verbied?

Ja, ons kan in ‘n volgende post daaroor gesels as julle wil, maar miskien is dit die kernvraag wat jy vir jouself moet afvra.  Wanneer is dit gesond om te begin vry, en méér te doen as net saam te gaan fliek, hande vashou en piksoentjies uitruil?  Wanneer is dit reg dat kinders ophou kindwees en begin vatterig en soenerig raak?  Grootmense sal maar altyd ongemaklik voel hieroor, want alhoewel dit lekker is om te vry, en grootmens te wees, verlang baie volwassenes terug na daardie wondersoete dae toe meisies net daar was sodat seuns hulle hare kon trek, en seuns maar net gross was.  Toe was dinge baie minder complicated.

Wat dink jy?  Mag jy net iemand vry as julle albei op mekaar verlief is, of moet ‘n mens random mense so gereeld as moontlik probeer score?  Is spin the bottle ‘n cool game, of iets waarvan jongmense eerder moet wegbly?

Of mag ‘n mens eers soen as jy klaar getroud is?

vryery

Advertisements

11 responses »

  1. Jy het nou vinnig aan ‘n ander onderwerp daar geraak waaroor ek meer onlangs al ‘n bietjie gewonder het: verneukery.

    Wat maak dat ‘n mens so ongelooflik onsteld raak as jou maat jou “verneuk” met iemand anders? Is dit bloot sosiale programmering (omdat almal so reageer en dieselfde van jou verwag), of is dit iets ingebore (die natuurlike neiging na jaloesie) wat ons dalk deur die evolusionêre proses opgetel het, of is so ‘n “verneukery” werklik iets wat fundamenteel verkeerd is (en hoekom?)? Of dalk alles (of geen) van die bogenoemde? Sekere wyse leerstellings meen dat dit nie ‘n goeie idee is om jaloers (‘n vorm van selfsugtigheid) te wees nie, maar hoe sou dit versoen kon word met die idee dat verneukery verkeerd is?

    Ek sal graag ander se mening hieroor wil hoor, want sover ek weet is daar nog nie konkrete antwoorde deur wetenskaplike studies ontdek nie.

  2. Oulike opsomming, André. 🙂 Ek dink jy’t oor ‘n paar gedagtes gespring onder “Hoekom vry mense?”. Hoekom beskou ons dit as intiem en hoekom dink ons dis lekker? Jy weet tog nie dis lekker totdat jy dit probeer het nie. Intimiteit definieer ‘n afstand — daardie persoonlike ruimte wat ‘n mens om jou het — in ‘n fisieke én geestelike opsig. En die gedagte dat dit lekker is en die smag daarna is seker maar iets wat tussen mense oorgedra word (evolusionêre memes?). Jy hoor ander (ouer) kinders (op skool) daarvan praat, so dit maak jou nuuskierig. Dit is tipies ook ‘n onderwerp waaroor mense nie vreeslik uitbrei nie. So daar word ook ‘n geheimsinnigheid daaraan gekoppel (nes met seks). Dan is daar ook die aandeel van die media en die vervlakking van intimiteit wat dit veroorsaak…

    Oor verneuk: Mense verskil oor die aanvaarbaarheid daarvan en spesifiek oor die definisie van verneuk (of dan nou owerspel in ‘n formele en uiterste sin wat seks insluit). Persoonlik definieer ek dit as enige vorm van intieme of romantiese omgang tussen een persoon binne ‘n verhouding met ‘n ander buite die betrokke verhouding. My toleransie daarvoor is laag weens persoonlike ervaringe. Die Engelse woord “betrayed” beskryf dit vir my mooi. In die algemeen dink ek dat mense voel die emosionele band het seergekry. Dis ook ‘n skending van vertroue in die ander persoon.

    Hier is ‘n insiggewende skakel na ‘n video van ‘n praatjie wat by TED gelewer is:
    http://www.ted.com/index.php/talks/view/id/16
    Helen Fisher: The science of love, and the future of women

  3. Terugklingel: Life skills #8 - integriteit, wat’s dit? « mnr.muller

  4. Terugklingel: Life Skills #9 - (on)afhanklik wees « mnr.muller

  5. Terugklingel: “Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” « mnr.muller

  6. Terugklingel: Life Skills #14 - is gay-wees sonde? « mnr.muller

  7. Terugklingel: So, jy is klaar met skool en op pad universiteit toe – wat om te verwag « mnr.muller

  8. Terugklingel: Jou eerste dag op universiteit, en wat om te verwag « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s