Leierskap #3 – die illusie van superman

Standard

Daar is baie definisies van en baie opinies oor leierskap.  Dink gou vir ‘n oomblik: wie is jou ideale leier?

Miskien het Obama of Clinton by jou opgekom, Madiba of Ghandi, Tutu of Hitler.  Dalk het jy outomaties aan die hoofseun van jou graad 8 (standerd 6) jaar gedink, of die prim van jou koshuis.  Dalk dink jy aan ‘n skoolhoof, ‘n familielid of ‘n predikant?

Dis natuurlik van die mens om – sodra jy gekonfronteer is/word met so ‘n wye verskeidenheid van mense wat “leiers” genoem word – te probeer sif en onderskei wat dié mense se ooreenkomste en verskille is.

Baie skrywers en pop psychologists het juis dit al probeer doen en na vele onderhoude en studies ‘n klompie algemene karaktertrekke vanuit almal probeer aflei.

Ek dink nie dit kan soseer gedoen word nie.

In my betreklike kort blootstelling aan verskillende leierskapskringe, is dit vir my duidelik dat jy geheel en al verskillende tipe mense in die samelewing kry wat in verskillende situasies die voortou neem.

Dink aan Bill Gates en Oprah Winfrey, Thabo Mbeki en Jacob Zuma – dié persone verskil heeltemal van mekaar in geaardheid, gewildheid en geloofwaardigheid.

As jy in ‘n Madame Tussauds wax museum instap en rondstap, sal jy agterkom dat al die politieke leiersfigure verskil t.o.v. liggaamsbou en -grootte.  Tog, as ek aan ‘n formidabele leier dink, kom die image van ‘n groot, sterk superman-tipe ou op (of die beeld van Margaret Thatcher) by jou op.  Iemand wat – in sy teenwoordigheid – fisies ‘n statuur het wat jy nie kan miskyk nie.  Wat enige tyd sy Clark Kent-brilletjie kan afhaal en wondere kan verrig.

Tog is dit nie die geval nie.

Eers wanneer die massas dit besef, en die illusie van strokiesprent-helde uit die kollektiewe konstruk van leierskap verwyder, sal ons kan stem vir ware leierskandidate – mense wat minder hard hoef te werk aan ‘n superhero image, en meer partygeld kan spandeer op volhoubare ontwikkelingsprogramme.

O Captain! my Captain!

2 responses »

  1. Ai Andre, jy het so ampertjies teen Hansen gewen. Ek is seker as jy nou staan, kan jy al die vorige prims uithaal en steeds wen.

  2. Gmpf, Fritz, sê jy ek lyk nie soos superman nie? Haha, wonder of my termyn meer soos Ghandi of meer soos Napoleon s’n sou gewees het (altwee effens korter as Christopher Reeve)?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s