Aspris #1 – is tyd diskreet?

Standard

Is tyd kontinu (aaneenlopend) of diskreet (in los brokkies verdeel)?

Tipies aan ‘n westerse lewensbeskouing is ons gemaklik daarmee om ‘n tydlyn te teken van ons bestaan en geskiedenis: ‘n reguitlyn met merkies wat verskillende jaartalle en gebeure aandui.  Een gebeurtenis gebeur een keer, gevolg deur ‘n volgende gebeurtenis, met ‘n aaneenlopende ruimte tussenin.  Sonder gaps

Maar is dit wat tyd is?  ‘n Vloeiende rivier sonder begin of einde?

In sommige oosterse beskouinge is tyd siklies en pas dit in en aan by die seisoenale patroon van die lewe, sowel as die reinkarnasie/samsara van die lewendood van die mens.  Ook kontinu, aaneenlopend…  net in plaas van in ‘n reguitlyn, meer in ‘n spiraalpatroon wat oneindig herhaal.

Tog, wat is tyd?

Opgedeel in jare, maande, weke, dae, ure, minute, sekondes, milisekondes – is tyd nie net ‘n klompie aaneengestringde/strengelde oomblikke nie?  ‘n Metronoom wat tik-tik-tik met reuse tydsleegtes, on-oomblikke tussenin nie?  Stop die wêreld nie een oomblik op ‘n slag nie?  Volg die oomblikke werklik opmekaar?  Is dit nie net ‘n mensgemaakte konstruk om oomblike mee te vergelyk/orden nie?

Ai, en wat van déjà vu?  Wanneer jy ‘n oomblik beleef wat jy vantevore al ervaar het?  As jy die toekoms raakdroom?  ‘n Alternatiewe verlede onthou?  Is tyd nie bloot los oomblikke (in ‘n nie-deterministiese gros versprei) wat deur menselewens chronologies rangskik word nie?  Los korreltjies sand wat deur ‘n uurglas tuimel?

Stem jy saam met Newton dat tyd ‘n fundamentele aspek van die heelal is – ‘n kontinue dimensie waar alles opeenvolgend handel, of is jy eerder ‘n Leibniz/Kant-aanhanger wat sê dat tyd ‘n konstruk is – ‘n mensgemaakte konsep wat bestaan uit los, diskrete eenhede, relatief tot ruimte?

Is tyd diskreet?

6 responses »

  1. Jong hieroor kan mens ure(???) filosofeer. Ek het 2de-jaar kwantumfisika deur Unisa gepluk so dit help ook nie eintlik nie, maar aangesien tyd, materie en energie baie met mekaar skakel, en lg. twee diskreet is, mag die antwoord op jou vraag dalk ja wees.

    My teorie oor tyd is dat dit nie bestaan nie – dis net ‘n mensgemaakte konsep, wat bestaan a.g.v. die bestaan van beweging en relatiewe posisies van materie, en die woorde wás, ís en sál. Soos twee planete wat nog ver van mekaar was, wat nou regoor mekaar is en later(???) verby mekaar sal wees.

  2. Pingback: Aspris #2 - ligsinnige dualisme « mnr.muller

  3. Persoonlik is ek met Newton. Tyd werk as dimensie sovêr as was die wetenskap aangaan, en maak intuïtief vir my sin. Dis nogal anders as die ander drie omdat ons teen ‘n konstante (?) tempo en rigting daardeur beweeg, en omdat ons geen beheer oor daardie beweging het nie.

    Om te praat van hoe tyd “voel” is pragtig in die poësie, maar ek twyfel of dit ons veel vertel van wat dit regtig *is*. Ons sintuie is so beperkend. Dis vir my net soos vrye keuse. Ek, persoonlik, glo nie dat iets soos “vrye keuse” bestaan nie, maar ons leef definitief met die illusie/persepsie van vrye keuse.

    So of tyd nou kontinu is of nie, lewe ons elkeen met ons illusies / persepsies oor wat tyd is en vir ons beteken. Ek glo egter dat daar ‘n objektiewe “waarheid” daar buite is, en sovêr ek weet is die wetenskap die beste manier om die fisiese wêreld te ontdek, en vorm dit my idee van wat die waarheid is.

    Maar kyk waar staan die tyd! Moet werk…

  4. Aaispaai

    Ek vra vir Ma wat sy verstaan
    onder die woordjie ewigheid
    Sy sê: daar is geen tyd
    maar alles gaan net aan en aan.

    Dit moet dan iets beteken
    soos ‘n Royalbakpoeierblik
    met prent op prent geteken:
    jy kry net blik op blik op blik.

    D.J. Opperman: Kuns-mis (1964)

  5. Mnr. Muller,

    Jy is baie filosofies vir ‘n onderwyser, al is dit ook ‘n eks-onderwyser! En daarby baie wetenskaplik vir ‘n Xhosa-meneer! Hierdie wiskunde meneer moet mooi dink om by te bly met jou asemrowende wetenskaplike begrip!

    Nice blog, ek sal weer kom inloer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s