Aspris #2 – ligsinnige dualisme

Standaard

Lig benader ons met twee teorieë, omdat dit aan die een kant kontinue golfeienskappe openbaar, en aan die ander kant uit deeltjies (fotone) bestaan.

In ‘n vorige blog-post het ons oor dié dualisme van die konstruk van tyd gepraat – ek verwys na tyd as ‘n konstruk, omdat dit – anders as lig – nie fisies geobserveer kan word nie, maar tot ‘n mate ‘n idee is wat ons as mens geskep het.  (Natuurlik kan ‘n mens die teenoorgestelde ook aanvoer, dat tyd juis bestaan en soos wind “is” al kan ‘n mens dit nie eerstehands “sien” nie.)

Nietemin, as lig dualisties kan wees, d.w.s. twee goed tegelyk, dan kan tyd seker ook maar wees?  Terselfdertyd kontinu en diskreet, aaneenlopend en onderbroke?

Is daar nog sulke konstrukte in ons menswees wat ons as diskreet beskou wat eintlik kontinu is/kan wees, of andersom?  Of konstrukte waarvan presies die teenoorgestelde ook waar is/sou kon wees?  Waar binêre opsies met mekaar versoen word?

‘n Groot deel van menslike verstaan van die wêreld, is geskoei op die onderskeid wat tussen teenoorgestelde dinge getref word: good vs evil, sondig vs heilig, slim vs dom, ens.

Wat van as die meeste van dié dinge eintlik versoenbaar met mekaar is?

As goed en kwaad nie teenpole is nie, maar gelyktydig in een persoon se aksies en denke opgesluit is…

In pop psychology sal hulle verskillende emosionele fases identifiseer waardeur ‘n mens gaan as jy in ‘n verhouding was wat opgebreek het: eers ontken jy enigiets is fout, dan is jy kwaad, dan voel jy die verlies, dan probeer jy hom/haar dalk terugkry, en uiteindelik cope jy daarmee (miskien na nog ‘n klompie stappe) …maar is daar regtig dié fases; is dit nie ook maar los konstrukte wat eintlik kontinue en gelyktydige emosies is nie?  Kan ‘n mens ooit praat van liggaam, siel en gees as aparte entiteite?

Dink ‘n bietjie aan goed wat los is, en goed wat vas is – wat van as dit netmooi andersom is?  Hoe beinvloed dit jou wêreld?

Advertisements

2 responses »

  1. Tyd: “nie fisies geobserveer kan word nie”, “nie eerstehands “sien” nie”… gmpf. Wat doen jy dan elke dag as jy op jou horlosie kyk? Ek is seker as hierdie stellings waar was, dan sou al die admin tannies elke dag heeldag droogbek gesit het, want hulle sou nooit geweet het wanneer teetyd is nie. 😉

    Die mens is juis goed toegerus om tyd te observeer – ons noem daardie sintuig geheue.

    Om dinge soos “goed vs kwaad” en “slim vs dom” te versoen, kan jy dalk die beskouing neem dat kwaad is bloot die afwesigheid van goed en dat dom is eintlik net die afwesigheid van slim. Dan kan jy nog verder gaan en jou indink dat jy nie noodwendig absoluut slim of absoluut dom is nie, maar iewers tussenin. Netso vir die ander. Hoe gaan die yin-jan gesegde? “In every evil there is a little bit of good…”

    Ek weet dat ek probeer om goed te wees teenoor ander en my omgewing, maar soms vind ek ook dat ek minder goeie gedagtes ervaar.

    Baie mense ervaar natuurlik ook die dualisme tussen werk en sosiale lewe. Of die dualisme van hoe jy dink en doen op ‘n Sondag in die kerk teenoor hoe jy dink en doen die res van die week.

    Dan is daar ook die klassieke dualisme tussen jou natuur en jou opvoeding/oortuiging. Al ooit ervaar: “ek wil dit graag doen, maar ek wil dit ook nie doen nie”?

  2. Die beroemde Richard Feynman het gesê:
    “Now we know how the electrons and light behave. But what can I call it? If I say they behave like particles I give the wrong impression; also if I say they behave like waves. They behave in their own inimitable way, which technically could be called a quantum mechanical way. They behave in a way that is like nothing that you have ever seen before… An atom does not behave like a weight hanging on a spring and oscillating. Nor does it behave like a miniature representation of the solar system with little planets going around in orbits. Nor does it appear to be somewhat like a cloud or fog of some sort surrounding the nucleus. It behaves like nothing you have ever seen before. There is one simplification at least. Electrons behave in this respect in exactly the same way as photons; they are both screwy, but in exactly the same way. How they behave, therefore, takes a great deal of imagination to appreciate, because we are going to describe something that is different from anything you know about.”

    My punt is dus dat daar baie dinge is wat ons nie intuitïef kan verstaan nie. Sommige van hulle (soos lig) kan ons wiskundig beskryf, en in daardie gevalle moet ons maar die vergelykings glo en nie ons intuïsie te veel vertrou nie. Ons gesonde verstand werk goed vir die wêreld rondom ons, maar sukkel met baie klein en baie groot dinge (fotone en swart gate).

    Ons kan nie dinge soos die liefde wiskundig beskryf nie, maar daar werk ons intuïsie darem weer beter. 🙂

    Omtrent die wêreld verstaan: dit is dikwels vir my moeilik om te sê wat waar is, maar soos tyd aangaan verstaan ek eerder wat nie waar is nie. En dus sien ek die buitelyne so effens maar in negatief, as’t ware.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s