Leierskap #4 – om te té te wees

Standaard

Normaalweg sal mense jou aanraai om gebalanseerd te lewe; om nie te té te wees nie.  Hulle sal sê: moenie te veel praat nie, maar moet ook nie te min praat nie; moenie te min kerk toe gaan nie, maar ook nie te veel nie; moenie te veel leeglê nie, maar moet ook nie te veel werk nie, ens.  Streef na ‘n balans.

Ek sê bogger dit.

As ‘n mens met integriteit lewe en jouself probeer wees, ten spyte van jouself, ter wille van ander, ongeag die situasie, dan moet jy soms te té wees.

Jy moet soms te min drink.  Glad nie rook nie.  Te knaend kerm oor iets wat jy sien wat verkeerd is.  Te min leer vir ‘n toets.  Te lief wees vir iemand.  Te eerlik wees.  Te kwaad wees.

‘n Gebalanseerde lewe is nie vir almal nie.

Om ingrypend leiding te neem, moet jy moet jy bereid wees om te staan vir iets en te veel te glo dat dat dit belangrik is.

Onthou, leierskap het min te doen met gewildheid.  As jy oormatig en ongebalanseerd is, gaan minder mense moontlik van jou hou, maar as ‘n mens praat van situasionele leierskap (om te doen wat ‘n situasie vereis), dan behoort gewildheid en populariteit tweede viool te speel tot dit wat gedoen moet word.

Leef soms té intens.

Advertisements

4 responses »

  1. Mnr Muller – ware woorde

    Ek het vanjaar 40 geword. Weet jy wat let ek toe op?
    In jou twintigs is jou lewensskaal se arms maar kort en is dit nogal ‘n kuns om die sensitiewe skaal te balanseer – hy neuk maklik in ‘n rigting.

    40 bring langer skaalarms en ‘n stywer balanspunt. Mens moet spesiale moeite doen om die skaal na een kant toe oor te dwing. En as jy dit doen, doen jy dit want jy wil en jy kan.

    Karl

  2. Aha, ek dink jy is in goeie geselskap, want selfs Salomo het in al sy wysheid (nadat hy waarskynlik al die “te’s” beproef het), tot die slotsom gekom dat daar ‘n tyd en ‘n plek vir alles is, by implikasie dus ook vir te-vrede. Dit is weliswel ook hy wat bevind het dat alles te-vergeefs is, ‘n gejaag na wind. Dus, kom ons gaan te-kere en geniet ons kans om te lewe.

  3. Leierskap is weird…jy moet terselfdetyd die minste wees en probeer dat almal jou gesag gehoorsaam.

    Wat my pla is dat sommige leiers net leiers is vir die naam daarvan. Haai kyk vir my, ek is ‘n leier en beter as jy…is dit nie TE hoogmoedig nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s