Houtvloerkamers met ‘n hoë plafon

Standard

Hoeveel lewenspasie het een mens nodig?

In Suid-Afrika is daar ‘n huge disparity tussen arm en ryk: party gesinne het reuse, luukse huise met onthaalareas en gastekamers; party extended families bly saam in een shack.

Hoeveel leefruimte het een mens nodig? 

Hoe regmatig is dit van my, as enkellopende individu, om ‘n groter woonruimte te wil hê?  Om ‘n esel te kan neersit, terug te kan staan en te verf?  Om viool te kan speel.  Die gerief te hê van ‘n oop mat langs my bed waar ‘n opblaasmatras neergegooi sou kon word?

Hoe bourgeois het ek geword dat ek wil bly in ‘n plek met houtvloere en ‘n hoë plafon?  Hoe eien ek so ‘n plek vir myself toe en gun dit nie vir ‘n ander nie?

Hoe regverdig ‘n mens die welstand, talente en regte wat jou te beurt val?

Hoeveel Lebensraum het ‘n mens nodig?

Is eiendom ‘n reg?

9 responses »

  1. Dit is net ongelooflik dat ons moet betaal vir die voorreg om op ons eie planeet te mag bly. Ek bedoel – waar anders moet ons dan bly? Mars?

    So, maak die beste van jou blyplek en rig dit in soos dit jou pas.

    Karl

  2. @Bertus
    Ek verneem met groot hartseer dat my blog-pel, Bertus, opgeëet is deur ‘n Komodo-draak. Nietemin is ek oortuig hy is gereinkarneer as die god van vegetariese toebroodjies. Sela.

    @François M
    Meer insig én meer uitsig, dink ek.

    @Karl
    Die burokrasie van die lewe darem, gmpf.

    Wat my ook onderkry is die hele nosie van landsgrense. Die arme nomadiese Afrika-bokboer – hy moet maar sterf van hongersnood in sy droogte- en oorloggeteisterde land met malaria, VIGS en TB. Groener weivelde is nie vir hom beskore nie.

    Hoe dier-baar is eie-aardige lappies grond darem nie.

  3. Pingback: Die BBoem(Straatveekunde) presedent « mnr.muller

  4. Nope, eiendom is nie ‘n reg nie. Dis die vrug wat gepluk is van harde werk – of jou eie harde werk, of jou voorouers se harde werk. Dis bloot “survival of the fittest” uit ‘n ander hoek bekyk.

    As jy in die bevoorregte posisie is dat jy baie besittings het (insl. geld) sonder dat jy self daarvoor gewerk het (of die lotto gewen het), dan kan jy dit toeskryf daaraan dat daar eienskappe in jou familie voorkom wat toelaat dat jou familie beter in staat is om dinge te kan besit (of [sosiaal] te kan oorleef). Die teenoorgestelde is ook waar. En, as jou ouers baie besittings het, maar niks met jou wil deel nie, dan kan jy dit toeskryf aan onoorerflikheid van daardie eienskappe – wat dan dalk beteken dat nageslagte in jou familie dalk minder in staat sal wees om dinge te kan besit, afhangend van hoe jy in die lewe/samelewing “oorleef”.

    Hoekom moet dit reg of verkeerd wees om daardie dinge te wil hê waarvan jy praat? Onthou jy nie van oom Maslow se driehoekie nie? As jy ‘n sekere vlak van vervulling in jou lewe bereik, sal jy tog sekerlik begin streef na die volgende vlak van vervulling?

    Niks van wat ek hier noem verhinder jou in elk geval om altruisties op te tree teenoor minder bevoorregde mense nie. Ek dink die mensdom as ‘n spesie is juis so goed aangepas om te oorleef en te vermeerder omdat ons die vermoë het om saam te werk en vir mekaar te sorg – weereens “survival of the fittest”.

  5. @Francois C:
    So, volgens jou kom alles neer op survival of the fittest? En nadat jy oorleef, dan tree Maslow se vlakke in werking, hm?

    Volgens Maslow is daar diskrete behoeftes/vlakke van behoeftes wat ‘n mens in ‘n hiërargie (opeenvolgend) moet aanspreek. Die mens benodig dus, in volgorde:
    1. kos, water, seks
    2. skuiling, veiligheid
    3. liefde en ‘n sin van gemeenskap
    4. selftrots en erkenning/respek van ander
    5. selfverwesenliking (dryfkrag om self te verbeter)
    6. transentendale strewe (om bydrae te lewer tot iets groters)

    In my Aspris-posts sal jy agterkom dat ek aspris die teenoorgestelde moontlikhede ook oorweeg, dus: gestel i.p.v. ‘n hiërargie het jy gelyktydig al bogenoemde (soms konflikterende) behoeftes (soos Max-Neef sou aanvoer, http://www.rainforestinfo.org.au/background/maxneef.htm). Wat dan?

    Hoe eien jy in Suid-Afrika vir jouself hoë plafonne en houtvloere toe, terwyl mede-Afrikane geheel en al daarsonder moet klaarkom?

    Kan ‘n mens ééndag filantropies wees, soos Maslow sou aanvoer? Of het ‘n mens daai altruistiese hartseer hier en nou en tans?

  6. Ek stem saam met jou dat Maslow se hiërargie nie diskrete vlakke is nie – en sover ek bewus is het Maslow dit ook nie uitgemaak as diskreet nie (ek het egter nog nooit sy werk self gelees nie). Elke vlak in die hiërargie is wel teenwoordig tegelyk, maar in verskillende verhoudings tot mekaar.

    Die manier waarop jy dit eerder moet beskou, is deur te verstaan dat as ‘n persoon nie kos en water het nie, dan gaan hy nie ‘n hel omgee oor bydraes tot ‘n groter doel nie, alhoewel hy die potensiaal daarvoor het. Sodra sy honger en dors bevredig is, sal hy dalk ‘n effense neiging begin voel om sy kos met ander te deel. Wanneer al sy behoeftes bevredig is, mag hy dalk homself ten volle oorgee en begin huise bou en sop bedien of selfs al sy besittings weggee. ‘n Mens hoef ook nie die volgorde van die vlakke so presies na te jaag nie. Ek is heeltemal oortuig jy kan vlak 6 ten volle bereik sonder om ooit seks te gehad het of konstante liefde uit ‘n gemeenskap te ontvang.

    Ek weet jy’s nou net aspris, maar: Ek sou nie sê dat alles neerkom op “survival of the fittest” nie, maar in sommige gevalle gee dit ‘n baie sinvolle verduideliking van hoe dinge werk en hoekom dinge is soos dit is. Ek dink in die geval van besittings en welvaart is dit wel ‘n sinvolle verduideliking. Dit maak nie dat dit reg is vir sommige om in ‘n groot huise te woon terwyl baie ander in shacks opgekramp moet bly nie – dit skets bloot hoekom dit so is. En, Maslow se vlakke hoef mos nie onderling uitsluitend van hierdie vorm van oorlewing plaas te vind nie. Hoekom moet alles so binêr wees? Ek dog ons het van te vore al bepaal dat menslikheid nie so diskreet is nie.

    Daar is natuurlik ook ‘n verskil tussen droom oor besittings en dit in werklikheid te besit. Ek wonder bloot hoekom die droom noodwendig reg of verkeerd hoef te wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s