vrese vrese vrese met deurweekte kleurlose koppe

Standard

Neem gou ‘n oomblik om die volgende vraag te lees, vinnig daaroor te dink en gou-gou-gou te beantwoord:

Waarvoor is jy glad nie bang nie?  (of: Waarvoor is jy die minste bang?)

Daar is mos tipiese goeta: bang vir die donker, alleen doodgaan, mense, mislukking, ens…

Waarvoor is jy NIE bang NIE?

As jy nog nooit vantevore hierdie vraag beantwoord het nie, is die kanse goed dat jy sopas juis jou grootste vrees op die naam genoem het.  Die rasionaal is dat jy so baie vir jouself (as deel van jou internal dialogue) moet sê dat bv: Ek is nie bang vir die donker nie, ek is nie bang vir die donker nie, ek is nie bang vir die donker nie, dat – as jy gekonfronteer word met die vraag: waarvoor is jy nie bang nie – jy onmiddellik sal antwoord “Ek is nie bang vir die donker nie” (as voorbeeld).

Waarvoor is jy dus eintlik bang?

Ek vermoed ek is bang vir geluk.  (Bisar, nè?)

12 responses »

  1. Ek is nie bang vir doodgaan nie. Ek is wel bang vir ‘n paar goeters wat my kan doodmaak.

    Soos Meneer dalk bang is vir geluk, dink ek ek is bang my idees is suksesvol…

  2. Bang vir geluk? Dalk ‘n geldige vrees vir die digterlike siel…

    ‘n Digteres wie se werk ek onlangs gelees het skryf:

    -=-=-=-
    Manifes

    Ek wil die heimwee behou
    na al die Edens van my wêreld
    sodat Goethe se versugting
    na die land waar die sitroene bloei
    nooit aan my vreemd sal word nie
    en my verse kan leef
    omdat die verlange
    die asem is van die poësie

  3. As jy bang is vir geluk is jy dalk bang dat jy sukses moet herhaal, en die uiteindelike vrees vir failure? Dalk is almal van ons maar tot ‘n mate so.

    Ek is nie bang vir siek word nie, maar ek is bang voor voortydige siekte.

  4. Vir fabelagtige rykdom is ek glad nie bang nie, ek bedoel nou soos Bill Gates-ryk – ek dink ek sal dit heel goed kan hanteer.

    As mens eers ‘n ouer is, is jy vir niks so bang as dat iets slegs met jou kinders kan gebeur nie.

  5. Ek is bang vir mans wat my laat tuis en gemaklik voel, en dan is ek nog banger vir myself dat ek hulle dalk glo en tuis en gemaklik voel. Wesentlik omdat almal iets wil hê en ek dan nie seker is of ek kan onderskei wat dit is wat hulle wil hê nie omdat my radar dan nie meer so sensitief is om my te waarsku nie nie en ek dan maklik die naïewe prooi word so terwyl ek rustig en gemaklik is.

  6. Haha, ek dink ek het dalk te vinnig die rede vir die vraag weggegee…?

    Ek het die vraag al op ‘n paar mense getoets en dis nogals interessant wat hulle antwoord as hulle dit vinnig doen, en nie te hard daaroor nadink nie. Dalk kan julle dit uitprobeer op niksvermoedende nie-bloglesers?

    My vrees vir geluk klink nou half hartseer, haha, maar vrese hoef nie negatief beskou te word nie, dink ek.

    Ek dink as jy agterkom waarvoor jy effens skrikkerig is, dan sê dit iets van jouself, en maak dit dit vir jou makliker om jouself ook beter te verstaan.

    Ek besef ek sukkel om geluk te vind in die alledaagse, juis omdat ek nog effens van ‘n aktivis is. En aktiviste moet ongelukkig wees oor die wêreld om hulle, anders is hulle nie baie aktief nie😉 Haha, the folly of youth.

    As jy jou vrese een-vir-een kan oopvlek, dan kan jy meer “objektief” na jou gedrag kyk en reflekteer oor die maniere waarop jy handel.

    Of dit nou is dat jy ‘n wantroue het in mans en of jy bang is vir sukses – dit kom waarskynlik al van kindertyd af aan. Dalk is dit ‘n goeie vrees, uit ervaring uit vasgelê. Maar dalk is dit ‘n ongesonde, irrasionele vrees wat jy moet laat gaan om die bagasie van jou siel net so ‘n bietjie ligter te maak.

    Haha, dis my pop psychology 101!

  7. Hierdie post van jou het my nou goed laat dink. Ek is nie bang om enigiets nuuts aan te pak nie, veral in my werk. Die afgelope 2 jaar is ek nogals vinnig bevorder en net nou die dag sit ek in ‘n vergadering en ek besef dat ek eintlik nie voel asof ek daar hoort nie, dat ek verwag iemand kan enige tyd vir my vra wat maak ek tussen die grootmense, ek moet loop werk. So, ek is dus “deep down” eintlik bang vir sukses, want ek is bang ek misluk?

    Nogal ingewikkeld, die koplesery.🙂

  8. Hmmm… toe jy sê: “vinnig daaroor te dink en gou-gou-gou te beantwoord”, toe slaan ek ‘n blank. Daar is eintlik so baie dinge waarvoor ek nie bang is nie, dat almal van hulle nie tegelyk in my bewuste gedagtes kon inspring nie.

    1. Ek is nie bang dat ‘n grondboontjiebottertoebroodjie my gaan doodsteek met ‘n mes nie.
    [of soos Liewe Lulu meen – sy’s nie bang vir ‘n skelm met ‘n broodmes nie, want sy weet sy’s nie ‘n brood nie]
    2. Ek is nie bang dat ‘n druppel reënwater my gaan plat squash as hy op my kop val nie.
    3. Ek is nie bang dat …

    Die lys is eintlik eindeloos. Dis seker hoekom ons gewoonlik nie die vraag so stel nie en liewer vra waarvoor is jy wel bang? Daar is minder dinge om te lys.

    En, waarvoor is ek die minste bang? Wel dis nogal moeilik om te kies tussen ‘n dennenaald wat 20000 km weg in ‘n woud op die grond val en ‘n donsveertjie wat tussen my skoen en die pad beland. ;>

  9. Ek moes ‘n oomblik oor die vraag dink, want daar het nie onmiddelik iets by my opgekom nie. Ek voel dis nodig om te onderskei tussen twee soorte vrese: fisiek en emosioneel (weet nie of emosioneel die beste woord is nie). Ek het ‘n vreemde vrees vir hoogtes en hysbakke (fisiek) en die vrees om ‘n gulde geleentheid te mis (emosioneel). My vrees vir hoogte en hysbakke kom van die blootstelling by my een oupa se begrafnis: ek assosieer ‘n hysbak met ‘n kis wat sak. Deesdae ry ek sekere hysbakke, alhoewel ek dit nooit sal geniet nie, maar luiheid wen soms. Om kanse te mis is vir my ‘n groter kwessie.

    Oor die algemeen beskou ek egter myself nie as ‘n bang mens nie — eerder net berekend (en dus soms versigtig).

  10. @mykopop: ek stem saam met jou – ek vermoed (ouer)liefde maak ‘n mens broos; jy vrees noodwendig die pyn wat enige van/al jou geliefdes sou kon oorkom.

    Dalk is liefde en vrees onlosmakend verstrengel ineen? (Vandaar godvresende liefde vir God perdalks?)

    Is enigeen van julle dalk bang om lief te hê?
    Of om liefgehê te wees?

    Nie dat vrese ‘n alomverklarende teorie is nie! O nee, ek neem verlief daarmee.😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s