Handleiding vir maklik ‘n taak maak!

Standard

In die nuwe UGO kurrikulum word daar gereeld verwag dat leerders (veral grade 8 en 9) take moet maak.

Waar ons ouerige mense dus destyds bloot wiskunde-somme moes doen, moet leerders deesdae iewers gedurende die kwartaal ook ‘n taak oor Gauss, Pascal, Euclides of die Pythagoras-bende inhandig.

Alhoewel dit ‘n great idee is, en vir leerders die moontlikheid bied om regtig ‘n wyer verstaan van ‘n vak te kry, word take dikwels net ter wille van ‘n punt in ‘n portefeulje gedoen – juis omdat elke leerarea so besaai is met dié tipe van opdraggies.

(Vir skole lê die uitdaging daarin om verskillende leerareas se opdragte so te integreer dat leerders minder, maar volwaardiger take kan inhandig.)

So, as jy ‘n leerder is en wil weet hoe om werklik ‘n taakopdrag behoorlik aan te pak – en nie net iets van die internet te copy & paste en dan vrotterig te vertaal nie, dan moet jy my handleiding (taakmaak_handleiding_aem20061) aflaai, uitprint en rustig deurlees.

Dit behoort vir jou ‘n goeie idee te gee van wat die verskil tussen “naslaan”-werk en “navorsing” is.

3 responses »

  1. ‘n Baie oulike stukkie werk met die taakhandleiding! Ek het dit so ‘n bietjie deurgeblaai. Self onderskei ek tussen naslaan en navorsing as twee stappe in die proses. Ek dink vandag is dit meer as voorheen die geval (a.g.v. die gerief van die elektroniese era waarin ons leef — Wikipedia, Google, etc.) dat mense te veel cut&paste pleeg (m.a.w. te veel klem op die naslaan komponent) en eenvoudig te min dink oor wat hulle sê/skryf (navorsing). Om dieselfde rede (met verwysing tot die elektroniese era) behoort navorsing juis van beter gehalte te wees. Hierdie is my ervaring veral in my werksituasie. Miskien is dit nie oral so nie…

  2. Pingback: Kom ons pleeg plagiaat! « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s