lê die leë spasies nou

Standard

So, toe het ek Vrydag met my baas koffie gaan drink – op sy aandrang.  Hy het my geprys vir my uitmuntende werk.  (Dié dat ek so lanklaas geblog het…)

En toe voel dit na die regte tyd vir my om hom te sê dat ek wil bedank.  (Dalk vir ‘n rukkie halfdag-werk, maar eindelik wel bedank.)

Die probleem met die werk is dat alles heel goed gaan; ek som verslae op, skryf notules, en ek doen dit goed.

Vandaar die rede dat ek moet bedank.  Dit help tog nie ek’s êrens waar dinge “goed” gaan nie.  Dan raak ‘n mens oorbodig – ek is op soek na ‘n plek waar ek meer “nodig” is – waar wat ek doen, “sin” het…  (of ‘n ruimte waar ek bloot kan skep en onttrek van die wêreld vir ‘n rukkie).

Hm, so what to do, what to do?  What makes a life worth living?

Het die naweek weer stad toe gery en by ‘n vriendin, nog ‘n vriendin, drie oud-kollegas, my ouers en my beste pel gaan kuier.  En twee goeie flieks There will be blood en Juno gekyk.

Hmf.  Die norme van die samelewing walg my ook.  En my vertroue in die bestaan van ‘n groter, edele “doel” is all gone.

So, buiten vir die bestaan van vriende, langnaweke en vakansies – wat doen ons hier op aarde?  Moet ‘n werk/beroep jou definieer?  Moet jy kwansuis ‘n bydrae maak as deel van goeie burgerskap?  Moet jy ‘n derde van elke weeksdag prysgee?  Moet jy smag na hoër aansien?  Trots daai leer klim?  Of bloot voortplant?

Gmpf.  Die see is ‘n ewige eierstok.  Die aarde hopies grond omgedop.  Die hemel ‘n leë eierdop.

Haha, hulle sê “‘n halwe eier is beter as ‘n leë dop…  maar al die halwe eiers wat nog na my kant toe gekom het, was vrot.” 

Enige raad?

11 responses »

  1. Ag, dink net hoe baie dinge die laaste 5 jaar in jou lewe verander het. Jy het nog baie 5-jaar tydperke oor, en hulle hoef geensins meer staties of finaal te wees nie. So sien jou lewe soos die cliché sê, as ‘n reis, en dan lyk dinge dalk meer arbitrêr en pret.

  2. Ja, ‘n treinreis van hier tot daar, met stasies tussen iewers en niewers, en die trein wat êrens in die niet stilstaan, terugry om geen rede nie, en weer aangaan vorentoe. Bekyk die landskap, die mede-reisigers en maak prentjies en stories wat jy vir ons vertel.

  3. En wat nou van die uitsig op Victoriastraat en die twee sekretaresses? Glo my, op my ouderdom wil jy nie wees op ‘n plek waar dinge nie lekker gaan nie. Ruil?

  4. Pingback: weg na wakkerstroom « mnr.muller

  5. mnrmuller,

    Meneer, mnrmuller, wátter norme van die samelewing walg meneer dan so?

    Wil meneer ook graag spoeg in die publiek?

  6. Ons kom almal een of ander tyd waar jy nou is, met te veel vra en te min antwoorde.

    En dan gaan ons maar net weer aan. Wens ek het iets gedoen wat ek regtig van hou en waar dit REGTIG goed gaan.

  7. Jy laat my mense dophou en glimlag
    Jy leer my met woorde skryf
    En dit alles bestaan uit ‘moments’ wat die reis meer as net draaglik maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s