Jaarblad #1 – mnr.muller onder sensuur!

Standard

Hierdie inskrywing het ek al ‘n vorige keer gepost, maar dit toe weer ont-publish, want ek kon nie regkry om die Jaarblad 2007.pdf behoorlik te import nie (alhoewel dit ge-upload is in wordpress se media library).  (Jammer aan almal wat dit op google-reader net halfpad kon lees!)

Anyway, dit het ‘n rukkie gevat vir my om aan ‘n plan B te dink, maar hier is dit nou: Ek gaan ‘n handvol klein JPG files elke nou en dan post en daai bladsye dan saam met julle bespreek.

Maar eers die agtergrond hieroor.  Dis ‘n bietjie soos om my vuil wasgoed in die publiek op te hang, te was, en te stryk, maar nou ja…  Laasjaar, toe ek nog ‘n onderwyser was, het ek ‘n Jaarblad uitgelê en op ‘n CD en met ‘n harde kopié vir verdere proeflees,  by die skoolhoof se sekretaresse ingedien.

En toe is ek weg by die skool.  Maar laas kwartaal hoor ek toe die ding is gedruk, maar toe onmiddellik onder sensuur geplaas en in die kluis verseël.

So, hier is die vorige post wat ek gemaak het en toe ontmaak het en nou weer her-post: 

>>

mnr.muller onder sensuur!

En toe gebeur die ondenkbare.  Die Jaarblad wat arme mnr.muller met moeite voor sy vertrek uitgelê het, word in ‘n kluis toegesluit en nie aan die leerders uitgedeel nie.

Ga, dink hy toe, en skryf ‘n mooi e-possie waarin hy die volgende sê:

Hulp met regstellings aan die Jaarblad 2007

Ek het laas kwartaal gehoor dat die Jaarblad van 2007 gedruk is, maar geensins versprei gaan word nie.
 
Graag wil ek aanbied om die nodige regstellings aan die publikasie te maak sodat daar wel ‘n korrekte weergawe (ten minste elektronies op die webtuiste) versprei kan word.
Die antwoord hierop vanaf die hoof was:
Na aanleiding van u veldtog om die jaarblad (2007) te laat herleef gebaseer of hoor-sê-feite en aannames uit besluite wat in komiteeverband geneem is, wil ek voorstel dat u ‘n vergadering met die skoolhoof skeduleer om u te vergewis van die tekortkominge en dan die moontlikhede te ondersoek vir die uitgawe van die jaarblad.  Intussen versoek ek u om u proses van simpatie-werwing te staak, aangesien dit verkeerde boodskappe by lesers van u veldtog laat.
Dit was ‘n vreemde antwoord op my vriendelike e-pos, het ek gedink, en toe reageer ek maar puntsgewys daarop:
Jammer dat ek op hoor-sê moet werk – al wat ek juis vra is ‘n amptelike lysie van die jaarblad-tekortkominge (sodat ek vanaf ‘n dokument kan werk) en die geleentheid om dit reg te stel.
 
Die rede hoekom ek die ander vier mense in hierdie e-pos-gesprek betrek, is nie om simpatie te wek/werf nie – ek glo hulle is rolspelers wat juis insae moet lewer:
  • Dis belangrik dat die SBL-voorsitter betrokke is, want enige komitee-besluit word deur die SBL bekragtig, en die druk/nie-druk van die jaarblad hou finansiële implikasies in wat deur die SBL verantwoord moet word
  • Volgens my is dit ook belangrik dat daar ‘n verteenwoordiger van die leerders se kant af is, en ook
  • ‘n Matriek 2007-verteenwoordiger, omdat die nie-verskyning van die jaarblad juis vir hulle die meeste raak, en
  • Die skoolhoof se sekretaresse, omdat sy ook by die drukproses betrokke was
Ek voer nie ‘n veldtog om die jaarblad van 2007 te laat herleef nie.  Ek was die redakteur van die Jaarblad van 2006 – ek het dit uitgelê, vir goedkeuring voorgelê, regstellings aangebring en dis toe laat druk en versprei.  En dit is goed ontvang.  As redakteur van die Jaarblad 2007 wil ek dieselfde laat gebeur – dis net vir my jammer dat, toe dit voorgelê is vir goedkeuring, nie al die “tekortkominge” opgetel is nie. 
 
Ek wil graag voorstel dat die jaarblad na al die partye hierbo gesirkuleer word sodat elkeen dit kan bestudeer en ‘n lysie van wysigings ter bespreking voorlê.  Dan sal ek dit waardeer as die SBL-voorsitter die amptelike lys regstellings en die plan vorentoe aan my kommunikeer.

Ek vermoed die Jaarblad is onder sensuur geplaas omdat ek dit opgedra het aan al die onderwysers wat vir die matrieks in hulle vyf jaar klasgegee het.  Meer spesifiek het ek die 30 onderwysers op hul naam genoem wat sedert die hoof se skrikbewind bedank het.

Sedertdien het nog vier personeellede in die eerste kwartaal van 2008 bedank.  (Die skool het maar net 32 onderwysers.)
 
Haha, maar dalk sien jy iets raak in die Jaarblad 2007 wat ek nie doen nie?  Laai dit gerus af en lewer kommentaar.
 
>>

Hieronder is die voorblad van die publikasie, sowel as die eerste drie bladsye.  Was ek te liberaal om ‘n bruin meisie op die voorblad te plaas?  Of was dit die teks op bladsy twee waar ek die Jaarblad aan al die onderwysers wat die matrieks ‘007 vanaf 2003 tot 2007 help vorm het, opdra?  (Die foto op bladsy 2 is van ‘n Graad 8 kampboekie en -blikkie – dis hoe die jaar begin het, met ‘n graad 8 kamp waar die standerd sessies leë “Blikkies” genoem is wat kwansuis met skoolgees en -kennis gevul moes word.)

>>
 

voorblad  inhoudsopgawe  bladsy 2 - opdrag  Leierskap 007

* Save die files as JPG’s as jy wil inzoom en lees wat geskryf staan.

6 responses »

  1. As jy ‘n CD van al Hammies se toesprake die jaar saam met die Jaarblad verspry het sou dit sekerlik nie gesensuur wees nie.

    Ek dink Meneer oorskat ook die impak van wat dit sou gehad het op die leerders. Om enige invloed te hê sal ‘n leerder dit eers moet lees.

  2. Jip, maar kyk asb vir my of jy die rede kan vind vir die sensuur… want ek weet nie of ek dalk ‘n foto van iemand met te lang hare ingesit het of so nie, haha.

  3. Pingback: Jaarblad #2 - foto’s te grappig? « mnr.muller

  4. Pingback: Jaarblad #3 - okay, okay, ek is nie heeltemal onskuldig nie « mnr.muller

  5. Pingback: Jaarblad #4 - where is Wally? « mnr.muller

  6. Pingback: Jaarblad #6 - matrieks ‘007 « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s