Jaarblad #2 – foto’s te grappig?

Standard

Hierdie post sluit aan by my vorige ene oor die Jaarblad 2007 wat ek uitgelê het en tans onder sensuur geplaas is.  Die oplaag is gedruk, maar die boekie is/word nie versprei nie.

Help my asseblief om die tekortkominge uit te wys, want ek mis duidelik iets; dalk was dit my gebruik van die prettige ipv die ernstige personeelfoto?

      

Save eers die JPG-files as jy dit behoorlik wil oopmaak én lees.

8 responses »

  1. jaarblad 2007 reporting doubleplusungood refs unpersons rewrite fullwise upsub antefiling

    Aangesien ek net jokes gaan maak en die res van jou leserskap nie weet waarvan jy praat nie sal dit moeilik wees om hier die rede te kry vir die sensuur.

  2. Ah, sensuur in lewende lywe. Mnr. Muller, ek het toevallig op jou blog afgekom deur my reise in die kuberruimte en `n leser geword, aanvanklik omdat `n vriend van my by JvR skoolgee. Die uwe mnr. Wiese, ek reken jy ken hom.

    Het toe ook uitgevind `n ander kennis van my, die uwe mev. Huba Boshoff ken jou ook. So dis `n klein wêreld. Julle Matie-wêreld is voorwaar lekker kompak.

    Inelkgeval, my professionele opinie is dat daar nie iets fout is met jou publikasie nie (baie netjies!) maar dat sommige mense altyd verkramp sal bly. Dis `n jammerte maar nou ja. Kom loer gerus in op my blog. Nou nie so leersaam soos joune nie maar dis darem daar. Wederom!

  3. dit blad self lyk baie goed. ek is mal oor die informele benadering. ek het nie die moeite gedoen om alles te lees nie – ek vermoed die sensuur is moontlik te wyte aan iets inhoudsgewys??

  4. Ek het absoluut niks om hier by te dra hier nie, en ken jou maar net soort van, maar lees asseblief tog my blog? Please! Niemand sal dit vrywillig doen nie, so nou neem ek plek en tyd op deur myself te adverteer. I’m an attention whore! O, bwahahahawwwweeeeeaaaaahhhhhhh…

  5. @ Jacques: die teks hierbo vorm deel van die skoolhoof en SBL-voorsitter se Jaarverslag: ek het dus net die kommatjie van die “‘n” reg-om getik en spelfoute reggemaak.

    Ek sal julle aandag vestig op die tekste wat ek self geskryf het (soos die Opdrag in die vorige post).

    In hierdie deel is die enigste kontroversiële ding wat ek kan opmerk die grappige personeelfoto… Is dit nie dalk tog onvanpas nie? Regverdig dit sensuur?

    @ Hendrik: Dis hoe die blogosfeer werk. Fokus eerder maar net self op die onderwerp😉

  6. Pingback: Jaarblad #3 - okay, okay, ek is nie heeltemal onskuldig nie « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s