Jaarblad #4 – where is Wally?

Standaard

Om welke rede ook al, is die Jaarblad 2007-skoolpublikasie wat ek einde laasjaar uitgelê het, geproeflees en vanjaar laat druk, maar toe dit klaar gedruk is, in die skoolkluis toegesluit en onder sensuur geplaas.

Ná heelwat versoeke van my kant af om die rede(s) hiervoor uit te vind (ek is nie meer by die skool nie, maar werk nou elders), het ek nog steeds geen lysie van klagtes vanaf die skoolbestuur ontvang nie (ek het die publikasie einde laasjaar ingegee, uitgedruk op harde kopié, en gesave in ‘n redigeerbare elektroniese formaat).

Ek het selfs aangebied om in te ry Kaapstad toe en enige/alle tekortkominge  reg te stel sodat die Jaarblad 2007 ten minste elektronies versprei kan word.

Maar nou ja, geen foute is/word aan aan my gekommunikeer nie, so ek weet regtig nie watter gruwelike flater(s) ek begaan het nie.  Ek kan net spekuleer.  Help my dus asseblief om die foute te vind: save die jpg-files en maak dit groter oop as jy nie mooi kan sien nie, en laat weet dan in die comments as jy iets opmerk wat jy voel onvanpas vir ‘n jaarblad is.  Of laat weet as hierdie klompie bladsye vir jou heel aanvaarbaar is.

Sou jy sensuur hierop toepas (die bladsye wat volg beeld die leerareas Gasvryheidstudie, Toerisme en Kuns uit, en is die eerste bladsye van die Kultuur-afdeling)?

     

Ai ai ai, dalk hou ons grappige Gasvryheidstudie-juffrou die gemashde ertjies-bakkies te verleidelik vas?

Advertisements

3 responses »

  1. Terug pieng: Jaarblad #5 - kultuur, koshuise en ‘n gay soen « mnr.muller

  2. Ek het op skool Geskiedenis, Besigheids, bedryf en Wisk geletterheid geneem maar weet nou nog steeds nie watter rigting ek kan gaan studeer nie. Ek Wil graag vir n prokereur gaan swot maar is nie seker van die vakke nie help my asb

  3. Hi Mr Muller

    Ek vind dit moeilik om vir my seun in n rigting te laat swot want hy weet nog nie in watter rigting hy moet ingaan nie.

    Hy het fisies gelos om die rede dat hy baie sukkel,maar kom wiskunde darem deur ook maar net net,verder het hy Afrikaans, Engels,Bedryfsekononmie,Toerisme en Geografie.

    Wat se rigting is daar om in belang te stel.Nou deesdae moet n mens maar iets gaan leer wat n goeie rigting wat n goeie werk sal wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s