eish, wanneer virtual vriende en werklikes collide

Standard

Ek het self nog nie lekker my eie pokèmon specialities agtergekom nie, maar iets wat ek al van lankal besef, is dat ‘n mens se sterkpunte dikwels ook jou swakpunte is.

So het ek dalk die pokèmon ability om kreatief en lateraal te dink, maar is ek nogals vrotsig met liniêre denke of eenvoudige (alledaagse) onthou-goed; ek gryp eerder na assossiasies as feite.

In elk geval, dit bied ek as verskoning aan – ook vrotsig, ek weet – vir die ongemaklike posisie waarin ek my telkens (deesdae al hoe meer) bevind wanneer ek dinge vergeet wat mense meestal as vanselfsprekend aanvaar, of bloot outomaties onthou.  Terwyl ander doelgerig voortstu, leef ek konstant in ‘n dwaal.  Met obvious konneksies wat ek glad net nie maak nie.

Soos die logiese verband tussen ‘n virtuele Johan en ‘n werklike Johan wat my altwee op die naam groet.

Die virtuele Johan ken ek van sy blogskeppinge en meningsrubrieke.  Hy is ‘n mede-geselsgenoot vir wie ek al virtueel genooi het vir koffie saam met Bertus! (want oopkop-denke is ‘n skaars noodsaaklikheid in onze studentedorp – dis dus goed om sulke mense in lewende lywe te ken).

Maar die werklike Johan groet ek toe anderdag met ‘n kopknik-en-wuif beweging, onwetend presies wat sy naam is (dalk ‘n Jaco of Etienne?).  Sy gesig, waar hy bly en verdere assosiasies – dié “onthou” ek, maar wié hy is, besef ek bloot nie.  Ook “hoor” ek nie dat hy na “mnr.muller” roep van oorkant die pad nie, en sy skielike verwysings na my blog, vang my heel onkant – want tog sekerlik ken ons nie mekaar (hy vir wie ek vyf of ses jaar terug moes ontmoet het) so goed nie…

Altemit.

Vreemd moes dit dus vir hom wees toe ek hom – naby aan ‘n skielike einde tot ons gesprek – vra om die virtuele Johan (wat ek toevallig lateraal onthou in dieselfde koshuis bly as hy) saam te nooi vir ‘n koppie tee eendag…

Eish!

Maar wereens, in my defense, sy blog-avatar het ‘n sonbril op – hoe moes ek weet?

So, ek wil ‘n beroep doen op al julle boggers: is dit nie tyd – ter wille van mense soos ek – dat ons alle anonimiteit in web-omgewings laat vaar nie?  Kan almal nie net hulle virtuele sy met hul werklike jy integreer nie?

Andersins, as ek weer ‘n blog-maatjie in lewende lywe ontmoet, vra ek solank by voorbaat om verskoning as ek jou per ongeluk dualiseer in my gemoed.

Sorry, Johan.  Goed om jou te ken ;)  Bring jouself enige tyd saam vir ‘n koppie tee!

4 responses »

  1. Haha, dis ‘n snaakse storie, maar ook ‘n interessante punt wat jy aanraak.

    Hierdie, kug, dilemma is egter nie beperk tot blogs nie. Skrywers wat onder skuilname skryf doen dit byvoorbeeld volgens my om diegene rondom hulle te beskerm, en om hulself tot ‘n mate te verontskuldig. Die skrywer wat iets kwytraak is nie noodwendig Tannie Marie van Rawsonville se seun nie, maar sy skrywerspersona.

    Bloggers, skrywers en ander wat skuilname gebruik, poog net om hulself te definieer, om hulself as ‘t ware te vervreem van die persoon wat hul ouers, samelewing of omstandighede geskep het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s