Verbeelding en werklikheid vervleg soms as jy sopas uit ‘n droom wakker word, verboureerd tussen die onthou en die verbrou.
(Of as jou gedagtestroom wegvloei van vervelige waters, dan swaai jy skielik aan die kerk se kandelare in jou kop.)
(Of as jy geboei word deur ‘n boek of ‘n fliek; die intrige so intens dat jy dit integreer met jou geheue. )
(‘n Ou foto met staaltjies; later sweer jy jy was daar.)
Enkele oomblikke, waarvan almal allermins gebeur het.
* * *
In ‘n koffiewinkel sit ons: kleindogtertjie, dogter, ouma, vriendin en ek. Eet kaaskoek en steel die stoom se asem. Teug met ons oë op die see. Maar nie vir lank nie.
Die blondekop dogtertjie wil telefoontjie speel, en fluister ‘n woord in haar ma se oor, en die boodskap volg die pad tot my, aspris verdraai. Sy lag. Weer en weer en weer.
Volgende game.
Vrae. Oor seemeeue, Robbeneiland, allerande dinge.
En soos ek vertel van enkele hees drake wat nog op Robbeneiland ronddwaal, en hoe ‘n mens seemeeue aan mekaar kan vasbind om soontoe te vlieg, en hoe die mense heeltyd sandkastele daarso bou en skulpe plattrap – so roep sy my tot stilte.
Nuwe game! Imaginary vs memory.
En soos wat sy dit sê, dink ek sjoe, dis nogals skerp vir ‘n sesjarige. Hier dink sy sommer balderdash in ‘n oogwink uit.
En toe speel ons ‘n spel wat ek vermoed, sy haar hele lewe lank sal moet volhou.
Ek ken nie daai game nie. Vertel bietjie meer oor wat presies die dogtertjie se idee van “imaginary vs memory” was/is.
Twee skakels vir jou:
Die eerste, ‘n cartoon
http://xkcd.com/430/
Die tweede, ‘n bietjie wetenskaplike interessantheid
http://www.sciencedaily.com/releases/2007/11/071107074350.htm
Imaginary vs memory
Is om te onthou dat jy jou nie verbeel het nie 😉