Sleep jou skool hof toe en sue hulle!

Standaard

Ek weet ons is nie in Amerika nie, maar ek’t gewonder of ons ons skole/kolleges/universiteite, of dalk spesifieke onderwysers/dosente, mag dagvaar vir swak onderrig?  Is goeie onderrigleer nie ‘n eksplisiete diens wat in die skoolfondsbetaal-kontrak onderneem word nie?  Is dit nie iets waarop kinders/studente geregtig is nie?

Ek onthou ‘n paar briljante onderwysers en dosente by wie ek al klas gehad het, maar ek weet van heelwat meer pedagoge wat allermins ‘n passie vir onderwys of die onderrigproses laat deurskemer het.  Veral naskools is daar instansies wat kwansuis in ‘n wetenskaplike milieu onderrig, maar duidelik geen kennis dra van die mees resente artikels oor goeie onderrigleerpraktyk nie.

Universiteite word mos soos besighede/sakeondernemings bestuur deesdae.  Teaching and Learning bly die core activity, maar daar is groter klem op financial sustainability en gehalteversekering van die geykte prosesse.

Pick ‘n’ Pay het die beleid dat as daar ‘n produk op hul rakke is waarvan die sell-by-date al verval het, dan sal hulle die produk van die rak afhaal en vir die een wat dit opgemerk het, ‘n soortegelyke (maar vars!) produk vanuit hulle stoorkamers gee – verniet.  Die kliënt is per slot van sake geregtig op vars produkte en die winkel is liable indien hy vrot produce per ongeluk verkoop.

Hoekom geld dieselfde nie vir die onderwyspraktyk nie?

As die wetenskap al van voor 1980 duidelik gewys het wat goeie onderrigleer is (leer(der)gesentreerde onderrig, gegrond op konstruktivistiese leerteorieë) en hoe om effektief die didaktiek in verskillende klaskamersituasies toe te pas – hoe kan skole wie se primêre doel dit is om leerders te onderrig, bloot geen notisie (ge)neem (het) daarvan nie?

Hoe kan dit wees dat kolleges voortploeter in lesingformaat-lesse?  Hoe kan dit wees dat studente klaskamertake ontvang wat totally outdated is?

Hiermee probeer ek nie uitkomsgebaseerde onderwys kritiseer nie; inteendeel, die nuwe skoolkurrikulum vind juis aansluiting by die laaste 50 jaar se navorsing.  Ek lewer kritiek oor al daai nikswerd onderwysers en dosente wat elke greintjie passie uit ‘n vak gepers het en jou verveel het met hul monotoon voortlees van werk uit die handboek.

Ek eis my en my ouers se geld terug!  Want daai produk was well beyond its sell-by date!

Ek gaan ‘n bietjie uitwerk hoeveel uur van my lewe met saalperiodes vermors is…

Advertisements

3 responses »

  1. Hoera! Ek’s met jou. Ek het nou nie veel kwale met die gehalte van my eie onderrig nie (wel hier-en-daar), maar ek is ten gunste daarvan dat opvoeders en onderriginstansies aanspreeklik gehou word vir gehalte onderrig – die diens wat hulle lewer waarvoor jy (of jou ouers) baie geld betaal. Dis net soos my werkskontrak stipuleer dat ek met “due diligence” my pligte moet nakom, of anders die gevaar loop om die trekpas te kry.

    Dis natuurlik ‘n ander storie as die student nie sy kant bring nie, maar dis seker ‘n onderwerp vir ‘n ander bespreking.

    Eintlik, as jy mooi daaroor dink, is daar alreeds prosesse in plek om onderriggehalte te “meet” en evalueer. Ek onthou nog hoe ons klasse elke nou-en-dan besoek was deur ‘n onderwysinspekteur. Ek wonder net tot watter mate hierdie “waghond”-liggaam(e) gehalte wel (kan) verseker en wat die omvang van hul invloed is (m.a.w. dalk net op laerskole?).

  2. Ek sal jou getuie no 1 wees, of nee, dalk wil ek deel van die jurie wees… Ek sukkel al hiermee sedert 1977.

    In my eie onderrig- en navorsingspraktyk het ek as opvoedkundige opgemerk dat taalonderwysers se professionele ontwikkeling dikwels ’n soektog na alternatiewe is – dalk om uiteindelik aan die jeug te gee wat ’n mens self as leerder nodig gehad het: aktiewe deelname aan die konstruksie en skepping van kennis, die materiële manifestasie van wat binne-in die self is, kommunikasie met ander daaroor en die kreatiewe manifestasie van die self. Ervaring en vroeë omgewing kan die taalonderwyser programmeer en disposisioneer om passief te ontvang en stil te bly, al is daar dalk iets inherents wat wil soek, verken, ontdek, skep en kommunikeer. Sodanige taalonderwysers weet dat hulle nooit hul leerders of studente wil blootstel aan die leë pedagogiek waaraan hulle self blootgestel is nie. Die soeke na alternatiewe modelle en eksperimentering met eie klaskamerpraktyk is egter nie ’n maklike proses nie, omdat ’n mens voortdurend teenoor die meerderheid van modernisme se beginsels van korrektheid eksperimenteer en optree en nie noodwendig leiding en ondersteuning ontvang om grense konstruktief te verskuif nie.

  3. Kreatiewe denke! Dis wat ek wil uitskree! Baie onnies is te lui, sien op na daardie bietjie ekstra moeite of het nie die bietjie kreatiwiteit om die les so aan te pas dat dit lekker vir albei is nie. Ek het wonderlike onnies op Laer-en Hoerskool gehad. Ek kan nie se dat my tyd gemors was nie, behalwe my Laerskool st5 Wisk onnie, adjunkhoof en baie keer so bietjie gekoring…en Wiskunde nie so mooi verduidelik het nie. Maar moet se ek het saam met onnies skoolgehou wat baie oulike mense is, maar van hulle wat so bietjie lyf weggesteek het in hul vakgebied en die absolute minimum gedoen het. Dan het ek geweet van die mees fantastiese hulpmiddels wat beskikbaar was in hul vakgebied, maar nooit gebruik nie. Hartseer, maar waar! Hulle beskik nie bietjie oor die “waagmoed” of wil nie “nuwe” dinge probeer nie, te veel in ‘n groef van dinge doen soos hulle al die jare gewoond was om te doen…of…die kreatiewe denke het ontbreek! Doen bietjie ‘n kursus van dr Kobus Neethling…of lees sy boeke! – as jy nog nie het nie. Baie goeie boeke om te lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s