Kapitalisme kom tot ‘n val.

Standaard

Dalk is die dae van ons huidige verbruikersamelewing getel?

Wanneer ek my woonstel-posbus leegmaak van die advertensiepamflette, besef ek telkens hoe baie vermorsing daar in dié wêreld is: ondernemings probeer konstant om ‘n “vraag” te skep na ‘n onnodige “aanbod” wat hulle jou vir-slegs-hierdie-naweek-teen spesiale-uitverkoping-afslag-tarief kan bied .

Watter leefmiddele het ons werklik nodig?

Watter beroepe is onontbeerlik?

Hoeveel geld gaan in die rondte vanaf die skoenmaker na die fabriekeienaars na die handelsnaammense na die skoenwinkeleienaar na die pamfletdruk-ouens na die posafleweraar sodat ek die soveelste stuk gemorspos in die drom kan gooi?

Wanneer ek deur ‘n groot winkelsentrum stap, sien ek orals stuff te koop wat bloot oorbodig is.

Hoeveel worsrolvingers moet verder vat aan ‘n kitch ornamentjie vanaf een witolifanttafel na ‘n volgende kerkbazaar na die daaropvolgende laerskoolkermis voordat dit ook op ‘n vullishoop beland?

Kan ons ons tyd as mense nie beter benut nie?

Kan ons nie ophou om polisse te oudit van mense wat statisties nie saak maak nie?

Kan ons nie doen wat belangrik is nie?

Miskien is dit maar net ek wat tans weer moet notules skryf van vergaderings wat aanbevelings moet maak aan ‘n volgende beplanningskomitee wat moet rapportteer aan die daaropvolgende uitvoerende komitee sodat besluite bekragtig kan word deur die raad en wysigings aangebring kan word aan ‘n swaar, logge, organisasie se klonkende ratkasmasjien met geykte prosesse, prosedures en wette.

Maar is ‘n revolusie nie op hande nie?

Hoe hoog moet die voedsel- en petrolpryse styg voor ons ophou verbruik?

Dalk moet die ekonomie tot in sy moer omgestook word!

Vanwaar skep ons ‘n bestel wat akteurs en sportspelers verheerlik?  ‘n Wêreld waar almal ‘n supersize koffie afslurp voor ‘n flikkerende facebookskerm in hul gedeelde kantoorcubicles?

The end is nigh.

Binnekort gaan die millenniërs sê:  Genoeg is genoeg; langer sal ons nie voortploeter nie!  Ons wil iets bydra tot die wêreld.  Ons moet.  Dis  ons reg.

En dan gaan die voorhangsel van die kapitalistisme skeur.

19 responses »

  1. aha! die perfekte skakel, thx 🙂

    dit sê presies wat ek wil sê en, des te meer, hy doen presies wat ‘n mens moet doen!

    just shows you there’s nothing new in this world 😛

  2. Jou revolusionêr, jy. Che Muller? Soos ek dit sien sal kapitalisme altyd lei tot ‘n situasie waar die vraag bepaal word deur die mense met die koopkrag. En as daai mense fluffy boeie, Heat Magazine en pienk flaminke wil koop, dan sal ons ons planeet se hulpbronne daarvoor moet inspan. En moet ook nie die maatskappye blameer nie, want in ‘n kapitalistiese stelsel is dit ‘n maatskappy te taak om die aandeelhouers ‘n wins te gee – en duidelik maak hy ‘n wins deur die mense met koopkrag van hul geld te ontneem. Hel, ek is nogal iemand wat bietjie nadink oor hierdie dinge, en glo in klimaatsverandering, maar ek wil self baie graag ‘n Ferrari F430 hê. En dan dink ek aan die lirieke van Roger Waters in sy album Amused to Death:
    http://www.lyricsdepot.com/roger-waters/amused-to-death.html

    We watched the tragedy unfold
    We did as we were told
    We bought and sold
    It was the greatest show on earth
    But then it was over
    We ohhed and aahed
    We drove our racing cars
    We ate our last few jars of caviar
    And somewhere out there in the stars
    A keen-eyed look-out
    Spied a flickering light
    Our last hurrah
    And when they found our shadows
    Grouped around the TV sets
    They ran down every lead
    They repeated every test
    They checked out all the data on their lists
    And then the alien anthropologists
    Admitted they were still perplexed
    But on eliminating every other reason
    For our sad demise
    They logged the only explanation left
    This species has amused itself to death
    No tears to cry no feelings left
    This species has amused itself to death

    Maar wat is die alternatief? As kapitalisme altyd lei tot hierdie situasie, dan moet ons iets anders as kapitalisme hê. Ons het gesien kommunisme werk nie. Ek’s ook nie vir depotisme of feudalisme nie. So… Om eerlik te wees lyk dit of die Nederlandse en Skandinawiese model van sosialisties-getemperde kapitalisme nogal goed werk. Hoë belastings op hoë inkomste en onnodige hulpbron-vermorsende goeters. Maar ek mis die lewenskwaliteit van huishulp en groot huis-hê.

    Daar was onlangs baie gepraat oor hoe bio-brandstof die voedselkrisis veroorsaak/vererger het. Dis kapitalisme – as dit ekonomies is om arm mense te liquify tot brandstof (à la Matrix), dan hoekom nie? Het alle menselewens intrinsieke waarde? Kapitalisme erken nie daai waarde nie.

  3. En, van “it’s a miracle”

    By the grace of God Almighty
    And the pressures of the marketplace
    The human race has civilized itself
    It’s a miracle
    We’ve got warehouses of butter
    We’ve got oceans of wine
    We’ve got famine when we need it
    Got designer crime
    We’ve got Mercedes
    We’ve got Porsche
    Ferrari and Rolls Royce
    We’ve got choice

  4. hm, dis nou toevallig, Francois – ek het johannes se comment approve na jou tweede post alreeds gestuur is, maar nietemin vind julle, lyk dit my, aansluiting by mekaar?

    hm… ek wonder dus of jy met hom saamstem? 😉

  5. Ons almal hou daarvan om stuff te besit. En hoe meer hoe beter. Soos Francois sê, wat is die alternatief? Enige stelsel moet maar in beheer gehou word, anders gaan net die boonste groep daaruit baat. En dan kan enige stelsel ook goed werk as dit goed beheer word. ‘n Diktatorskap is die beste politieke stelsel wat daar is, solank jy ‘n absoluut onselfsugtige diktator het. So op die ou end is die stelsel met die meeste checks and balances die beste een, want dit beskerm hopelik die meeste mense ten die boonste groep se gulsigheid. Daarom het mens ware demokrasie nodig om kapitalisme in toom te hou. Mense wat in kapitalisme glo sal ook vir jou sê dat ‘n vrye mark homself beheer. Daar is wel siklusse van goed en sleg, maar op die lange duur kanselleer hulle mekaar redelik uit. Ongelukkig het ons nie werklik ‘n vrye mark nie, en korrupsie sorg dat demokrasie nie werklik kapitalisme onder beheer hou nie.

  6. André: Glo jy regtig in toeval? Ek bedoel, dis sekerlik deel van God se plan (wat hy tot in die fynste vooraf beplan het) dat ek die regte lirieke vind en op die regte tyd hier post. Ek voel nou so geïnspireer dat ek sommer nóg van Roger Waters se profetiese woorde gaan kwoteer – vanuit sy snit “What God wants, part I” op dieselfde album:

    “Don’t look so surprised
    It’s only dogma
    The alien prophet cried
    The beetle and the springbok
    Took the Bible from its hook
    The monkey in the corner
    Wrote the lesson in his book

    What God wants God gets God help us all
    God wants peace
    God wants war
    God wants famine
    God wants chain stores
    What God wants God gets
    God wants sedition
    God wants sex
    God wants freedom
    God wants Semtex”

    Nou profeties soos wat Roger is, wonder ek of ons nie hier ‘n botsing met 1 Tessalonisense : 1-2 het nie. Dáár staan geskrewe dat die wederkoms soos ‘n dief in die nag sal kom. Maar toe besef ek dat diewe dikwels met Semtex gewapen is – kyk maar na al die OTM bomme in die noorde van ons land (http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2356341,00.html).

    En dít kan ‘n mens in konteks plaas met die lirieke van “What God wants, part II”:
    “Do you believe in a better day
    Do you have faith in a golden way
    If you do then we must come together this day
    Come together as one united television audience
    Brought together by the sound of my voice
    United: united financially united socially
    United spiritually and all possible ways
    Through the power of money
    And the power of your prayers

    What God wants God gets God help us all
    God wants dollars
    God wants cents
    God wants pounds shillings and pence
    God wants guilders
    God wants Kroner
    God wants Swiss francs
    God wants French francs
    (Oui il veut des francs français!)
    God wants escudos
    God wants pesetas
    Don’t send lira
    God don’t want small potatoes”

    Maar Johannes, om eerlik te wees dink ek dit sal nogal spectacular wees as God die wêreld op 21 Oktober 2011 laat eindig. Want ek verjaar op 22 Oktober, en dink net: my vriende tel af, en net voor hulle kan cheer om my 32 jaar op hierdie planeet te vier eindig tyd! Vir my is die antwoord op alles dus nie 42 nie, maar 32. Take that, Douglas Adams! Maar die implikasie is dus dat ek nooit my kontrak hier in Nederland sal kan klaarmaak nie, want ek is aangestel tot April 2012. Talk about being a student for life!

    Ek wonder net: hoekom het God nie die boodskap aan die ander Christelike kerke gestuur nie? Selfs Shofar lyk of hulle in die donker is wat God se einde-van-die-wêreld planne aanbetref. Of hou hulle ons in die doker? Daar is die ou met die baard en die posters wat op die hoek van die BA fakulteit die einde van die wêreld verkondig aan die “diverse pagans” op kampus, maar ek het altyd gedog hy’s heeltemaal mal. Johannes – is dit dalk jy?

  7. Nee Francois daai ou oppi kampus was beslis nie ek nie, dalk ‘n anner johannes….?

    Jou opmerking oor die wederkoms wat soos ‘n dief in die nag sal kom was van toepassing op die “kerkstruktuur” wat deur God as voertuig gebruik is tydens die kerk-era wat vanaf 22 Mei 33 AD (Pinksterdag) tot 21 Mei 1988 geduur het. Vanaf 22 Mei 1988 het God die kerkstruktuur aan die Satan oorgegee sodat die ander deel van 2 Thess 2 in vervulling gegaan het…

    (2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

    (2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

    Die kerkstruktuur waarvan meeste christene wêreldwyd deelvorm sou direk voor die wederkoms (maw die koms van die Bruidegom) aan die slaap raak…! Terwyl die verstandige maagde oil in hulle lampe het, sou die dwase maagde se oil opraak… (maw die kerkstruktuur sou sonder die Heilige Gees wees, hulle sou oil uit hardloop)

    (Mat 25:6) En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

    Soos in die geval met Noag, Abraham en Jona het God telkemale die nuus van Sy oordeel aan die ware gelowiges bekend maak…

    (1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

    (1Th 5:5) Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

    (1Th 5:6) Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

    Diegene wat waak is diegene wat die Bybel lees en wat oil in hulle lampe het …

    En jy weet netso goed soos ek dat bykans 95% christene wat hulself tans nog onder die gesag van een of ander kerkstruktuur bevind nie die Bybel lees (en dus nie waak) nie…! Hulle plaas hulle vertroue in die teachings van hulle kerke se pastore, dominees, rabbis, vaders, predikante (hulle is niemand anders die skrifgeleerdes en wetsgeleerdes…soos in die dae van Jesus).

    Die christene bevind hulself vandag in presies dieselfde situasie as die jode in die dae van die Messias, hulle het gedink hulle is die untouchable uitverkore volk…. totdat die Messias hulle as die addergeslag uitgehaal het! Die christene is vandag maar (soos die jode) ook besig met lippe diens terwyl hulle harte ver van God af is, hulle wil graag met die naam van God identifiseer maar wil in werklikheid niks van die Bybel weet nie…!

    Dis erg maar waar…!!!

    Wat die val van die “goue kalf” aanbetref wonder ek of dit toevallig was dat Moses die goue kalf fyn gemaal het en dit vir die israeliete gegee het om te drink ….?

    (Exo 32:20) En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.

    Kan dit dalk ‘n heenwysing wees van die val van die kapitalistiese “goue kalf” …. net voor of dalk net na die wederkoms…? Wie weet?

    Een ding weet ek, 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 gaan nie ‘n baie aangename tyd hier op moeder aarde wees nie…! Die Skrif is aan die muur, die seëls is gebreek…

    (Dan 12:4) En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.

    (Dan 12:5) En ek, Daniël, het gesien, en kyk daar het twee ander gestaan, die een duskant op die wal van die rivier en die ander oorkant op die wal van die rivier.

    (Dan 12:6) En een het aan die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, gesê: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?

    (Dan 12:7) Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word.

    (Dan 12:8) En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?

    (Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.

    (Dan 12:10) Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    2011-groete

  8. Nice, ‘n gesprek oor ekonomie wat ontaard het in ‘n ge(s)pre(e)k oor godsdiens. Dis seker nie verbasend nie, siende dat God en geld al vir lank saam stap.

    Johannes: Is jy for real? Is jy seker jy’s nie daai ou op kampus (of dalk familie) nie? Die lewe is kort genoeg soos dit is. Hoekom wil jy dit nog korter maak? Hou op stres oor die einde van tyd en begin ‘n slag lewe – dis immers waarvoor jy bestaan. Daar kom ‘n tyd wat jy vir jouself moet vra: “gaan ek in ‘n gat kruip en wag dat alles rondom my vergaan, of gaan ek probeer om die wêreld ‘n beter plek te maak?” Jy moet ook dalk ‘n bietjie dink of jy werklik iemand wil wees wat mense wil (probeer) bekeer op grond van vrees, en of jy dit liewer wil doen op grond van liefde. Hoe het Jesus dit gedoen?
    Terloops: Die verstandige maagde moet seker Arabiere wees, want hulle olie sal tog sekerlik nooit opraak nie (ten minste nie voor 2011 nie)? ;>

    Francois M: Ek dink ons gaan lekker party op jou 32ste (en 33ste, en ) verjaardag. ‘n Hoogs-gerespekteerde predikant het eens op ‘n tyd vir my probeer wysmaak dat ek nie my 27ste verjaardag gaan sien nie (a.g.v. die einde van die wêreld). Ek het my egter nie besonders veel daaraan gesteur nie, en hier sit ek vandag, nog vol skop in my, met my 28ste net ‘n paar weke weg. Ek wonder hoe dom hy nou voel? Of dalk probeer hy nogsteeds mense oortuig dat sy berekeninge net met ‘n paar (miljoen) jaar uit was. Gmpf.

    Pienk Zuit: Ek stem saam met jou stelling oor vrye mark. Dis iets wat ons broodnodig het vir ekonomiese vooruitgang.

    Mnr. Muller: ‘n Mens moet dalk ook ‘n bietjie besin oor die werklike verskil tussen Kapitalisme en Sosialisme. Ek het nog heelwat naslaanwerk om te doen hieroor, maar sover ek dit verstaan is albei gebasseer op dieselfde ekonomiese natuurwette, en dat dit bloot die besit van handelsbronne (ingesluit geld) is wat anders lyk. In Kapitalisme kan enigiemand handelsbronne besit (en dus rykdom opbou), terwyl in Sosialisme besit die staat alles (rykdom word gedeel tussen almal). Soos Pienk Zuit uilig, is beide se sukses of mislukking nogal sterk afhanklik van die ondersteunende regeringsvorme. Ek twyfel of Kapitalisme tot ‘n val sal kom, want dit sal gewone mense ontneem van hul eiendomsreg (hul onafhanklikheid, hul rykdom, of potensiaal vir rykdom), maar dat dit dalk eerder ‘n effense gedaanteverwisseling sal ondergaan. Mense sal bloot besluit om hul prioriteite te verander as dinge regtig sleg begin gaan. Onthou, om stuff te koop is nie noodwendig ‘n probleem nie, want dit lei tot werkskepping en verligting van armoede. Die hoof kwessie is *watter* stuff jy koop (en hoeveel nut jy daaruit put voor jy dit weggooi).

  9. Ja, genugtig, ons het nogal ‘n warm aartappel hier oopgekrap. Hierdie Daniël (dis my eerste naam) voel dat Johannes dalk teleurgesteld gaan wees op 22 Oktober 2011.

    Johannes: ek’s doodernstig as ek sê dat jy dalk hulp nodig het. Jou uitsprake laat my dink dat jy tot ‘n baie ongebalanseerde sekte behoort. My (ouer) niggie het op ‘n stadium geglo dat die stad Welkom deur die aarde ingesluk gaan word — hier rondom 1991 dink ek. En regoor die wêreld was daar al verskeie “doomsday cults”. Ek al daai mense het baie vas geglo in hul dogmas, maar dit het dit nie waar gemaak nie. Jy sê dat jy die Bybel lees; hou in gedagte dat die pastore en dominees ook daagliks die(selfde) Bybel lees, en dalk ‘n beter agtergrond het om dit te kan interpreteer. Deur een of twee verse aan te haal kan ‘n mens letterlik enigiets “bewys”. Dus, ter wille van jou sielkundige gesondheid, gaan praat asseblief met ‘n dominee oor hierdie saak – dalk sal jy meer perspektief kan kry deur gedagtes uit te ruil.

    Francois C: Ja, die Arabiese maagde het waarskynlik genoeg olie om hul lampies tot 2011 te laat brand. Lyk inderdaad of Arabiese maagde nogal in aanvraag is, veral aangesien elke moslem man wat vir sy geloof sterf 7 van hulle wil hê. Wat kry moslem vrouens as hulle vir hul geloof sterf?

  10. Hello mnr muller,

    “Genugtig” is al wat ek kan sê oor die godsdienstige kleurtjie wat die post oor kapitalisme verkry het. Sjoe, sedert ek wegbly van Shofar het ek lanklaas ‘n cut-en-paste-uit-die-Bybel speech gekry.

    Ek wou eintlik comment op die “millenniërs/Gen Y” aspek. Ons almal is so connected op ons “faceblogs” met die banieradvertensies wat al langs die raampies flits. So bereik die bose korporasies ons sommer baie makliker as die pamfletmense.

    Dink jy werklik die teenreaksie sal uit ons generasie kom? Daarvoor is kapitalisme te ingeburger en is daar allerlei ander dingetjies wat lekker op kapitalisme teer of dit ondersteun: meritokrasie, demokrasie (kamma), materialisme, individualisme.

    Ek is bevrees as die voorhangsel gaan skeur, gaan die dak en mure van die tempel van die Westerse wêreld daarmee saam ineenstort.

  11. Terug pieng: Kapitalisme kom tot ‘n val (II) « mnr.muller

Lewer kommentaar op lisatjie Kanselleer antwoord